Inside Collection (Course): Kuns en Kultuur Graad 6
DANS/BEWEGING
Om aan te sluit by die ander dissiplines word daar gefokus op bewegingskwaliteite met die klem op Afrika-bewegings, -ritmes en -danse.
Opwarmings- en vaardigheidsbou
Opwarming
Verken kwaliteit van beweging
In die dinamika van energie is ons gemoeid met die kwaliteit van beweging. Die kwaliteit van beweging sluit die volgende in:
Kies ‘n primêre kleur vir elk van die bewegingskwaliteite en skep jou eie kombinasie deur enige DRIE bewegingskwaliteite herhaaldelik te gebruik, soos ‘n trilbeweging, swaai en suspensie.
Kies ‘n maat om mee saam te werk, memoriseer mekaar se bewegings en voer die bewegings gesamentlik uit.
Refleksie (Skryf in jou dagboek of joernaal)
Watter bewegingskwaliteit kan vergelyk word met die Afrika-instrument wat jy in die musiekklas gemaak het?
Hoe kan kleur in beweging uitgebeeld word ?
Verken beskrywende woorde deur beweging. Eksperimenteer met die volgende woorde deur skulpturele vorms te maak om die woord te verbeeld. Eksperimenteer en probeer verskeie vorms op verskillende vlakke.
| Beskrywende Woorde | ||||||||||||||
| rus | skaduwee | dun | donker | swaar | stilte | groot | ||||||||
| plat | hard | sterk | lig | sag | fyn | hoekig | rond | grof | ||||||
Gebruik gepaste woordeskat om mekaar se danse te beskryf en te waardeer.
Kies ‘n eenvoudige tradisionele Afrika- of kultuurdans wat in die gemeenskap gedans word. Vra ‘n kundige (iemand uit die gemeenskap of ‘n klasmaat) wat ‘n dans ken om dit aan jou te leer. Oefen en voer die dans uit.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 3 |
| DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| ALGEMEENt.o.v. 3.1 – 3.6 hieronder, die volgende toon: |
|
|
|
| DANS (3.1, 3.2) |
|
|