Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 6
Die klimaat en plantegroeistreke van die wêreld
Jy weet reeds dat die weerstoestande oor ‘n lang tydperk (20 – 35 jaar) ‘n spesifieke plek se klimaat vorm. Omdat weer nie absoluut voorspelbaar is nie, kan ons nie definitief sê dat dit Nuwejaarsdag in Kaapstad sal reën nie, maar ons weet wel dat Januarie normaalweg ‘n droër maand as Junie sal wees. Klimaatstoestande het oor ‘n lang tydperk getoon dat Kaapstad sy meeste reën in die winter kry.
Wanneer ons die eienskappe van plekke se klimaat bestudeer, is dit dus duidelik dat groot gebiede dieselfde gemiddelde toestande ondervind en dus ‘n tipe klimaatstreek vorm. Deur die eeue het die mens hom dikwels laat beïnvloed deur die klimaat as hy moes besluit op ‘n plek van vestiging. Groot dele van die wêreld is òf te koud òf te droog of warm vir mense om in te bly. Dan is daar ook die beskikbaarheid van hulpbronne wat die mens se keuse van ‘n blyplek beïnvloed. Daarom dat die ongeveer ses miljard mense op die aarde maar slegs 15% (3/20) van die aarde se oppervlak bewoon.
1. Faktore wat klimaat beïnvloed
Lengteligging van ‘n plek
Die warmste klimaat is die plekke naaste aan die ewenaar. Hoe verder jy van die ewenaar af beweeg, hoe kouer word dit. Om 12:00 skyn die son feitlik reg van bo by die ewenaar. Die sonstrale is meer gekonsentreerd en daarom styg die temperature hoër. Verder noord en suid val die sonstrale teen ‘n hoek en word dit deur die aarde se ronding oor ‘n groter area versprei. Daarom is die strale minder gekonsentreerd en dit is gevolglik koeler.
![]() |
![]() |
Ewenaar : sonstrale feitlik loodreg
![]() |
Pole : son laer op horison
By die ewenaar veroorsaak die hoë temperature hoë verdamping wat dan weer tot hoër neerslag lei.
![]() |
Hoogte bo seevlak
Die aarde absorbeer die sonstrale, skakel daarvan om in hitte en straal dit weer uit. Hoe nader jy dus aan die bron van radiasie (uitstraling) is, hoe warmer is dit, en hoe verder jy van die bron af wegbeweeg (bo-op ‘n hoë berg), hoe kouer is dit. Jy kan die beginsel van uitstraling toets deur jou hand eers naby die vuur (verwarmer) te hou en dit dan al verder weg te beweeg. Dit word al kouer hoe verder jy van die hittebron af beweeg.
Dit is meestal koud op hoë berge. Die hoogste bergspitse in die wêreld is altyd met sneeu bedek.
Gebruik jou atlas en vind uit...
Invloed van seestrome / oseane
Die temperatuur van die nabygeleë oseane beïnvloed die landtemperatuur. Winde waai die warm of koue lug wat oor die warm of koue oseaan is na die land toe en verhoog of verlaag so die temperatuur van die land. So is daar ook winde wat van die poolstreke noord- of suidwaarts vloei en koue lug oor die land inwaai.
Water beskik ook oor ‘n groter hitte-retensievermoë as land. Die water neem wel langer in die dag om verhit te word en so bereik die land baie hoër dagtemperature as die water. Dan het die see ‘n afkoelende effek op die land. In die nag koel die land weer baie vinniger af as die water en dan het die see ‘n verwarmende effek op die land.
Dit lei daartoe dat plekke langs die see, of ander groot watermassas soos mere, ‘n gematigde temperatuur het - die speling tussen die minimum en maksimum temperature is nie baie groot nie.
Warm water verdamp vinniger en beter as koue water. Daar vind dus meer verdamping bo ‘n warm seestroom plaas. Gevolglik is ‘n hoër neerslag te wagte in gebiede wat grens aan warm seestrome.
Reliëf
In graad vyf het julle reeds geleer hoe die platorand die reëndraende winde en wolke wegkeer uit die binneland. Berge het ook ‘n sonkant en ‘n skadukant, waar laasgenoemde laer gemiddelde temperature as eersgenoemde het.
2. Klimaat en plantegroei
Bestudeer die klimaatgegewens in die tabel en beantwoord die volgende vrae:
Klimaatgegewens van Belém en Singapoer
| Jan. | Feb. | Mrt. | Apr. | Mei | Jun. | Jul. | Aug. | Sept | Okt. | Nov. | Des. | |
| BelémTemperatuur ( o C) | 25,6 | 25 | 25,6 | 25,6 | 26,1 | 26,1 | 25,6 | 21,1 | 21,1 | 21,1 | 26,7 | 26,1 |
| Reënval(mm) | 318 | 359 | 359 | 320 | 259 | 170 | 149 | 115 | 89 | 86 | 66 | 155 |
| SingapoerTemperatuur (oC) | 26,7 | 26,7 | 27,2 | 27,8 | 27,2 | 27,2 | 27,2 | 27,2 | 27,2 | 27,2 | 27,2 | 26,7 |
| Reënval(mm) | 252 | 168 | 188 | 193 | 170 | 172 | 172 | 201 | 172 | 206 | 252 | 269 |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
|