Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Die hoofbiome

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseSS display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 4-6)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Aardrykskunde Graad 6"

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Die hoofbiome

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

Graad 6

KLIMAAT EN PLANTEGROEISTREKE VAN DIE WÊRELD

Module 9

DIE HOOFBIOME

1. Die Hoofbiome (Plantegroeistreke)

  • Die plantegroei van die wêreld is in vyf groot biome verdeel:
  1. Die Woudbioom
  • Tropiese woude.
  • Gematigde woude.
  • Bladwisselende woude.
  • Naaldwoude.
  • Mediterreense woude (Sclerophyll-bosse)
  • Savannebioom
  • Grasveldbioom
  • Woestynbioom
  • Toendra en ysveldbioom

Onthou!

Op talle plekke op aarde is die oorspronklike omgewing reeds gewysig of vernietig deur die mens.

2. Oppervlakverdeling van verskillende biome

Aktiwiteit 1:

Om ‘n sirkelgrafiek te teken en die biome se omvang daarop voor te stel

[LU 1.5]

Gebruik die tabel as verwysing.

Table 1
Hoofbiome van die wêreld
Bioom Oppervlakte(miljoene km 2 ) Persentasie
Woude 52,3 40,1
Savanne 21,8 16,7
Grasvelde 8,8 6,8
Woestyne 33,8 25,9
Toendra 13,7 10,5

Teken ‘n sirkelgrafiek en dui daarop aan watter deel (segment) van die hele sirkel (360o) elke bioom beslaan. Gebruik die persentasie van elke bioom om dit te bepaal. Gebruik ‘n gradeboog om elke bioom as ‘n sektor van die sirkel in te teken.

My sirkelgrafiek van die verskillende biome van die wêreld

Figure 1
Figure 1 (Picture 4.png)

Bereken die segment in grade soos volg:

Table 2
Woude : 40,110040,1100 size 12{ { {"40",1} over {"100"} } } {} × 36013601 size 12{ { {"360"} over {1} } } {} = 144,36o
Savanne :  
Grasvelde :  
Woestyne :  
Toendra en ysvlaktes :  
  • Watter bioom bedek die grootste oppervlakte?
  • Watter bioom bedek die kleinste oppervlakte?

DIE WOUDBIOOM

  • ‘n Woud is ‘n groot stuk grond wat natuurlik met bome bedek is. In sekere woude sluit die hoë boomkruine dig teen mekaar aan en verhoed dat die sonstrale tot op die grond kan deurdring. Op ander plekke is die bome wyer uitmekaar en sonlig word gedeeltelik deurgelaat.
  • Die belangrikste van die soorte woude is die tropiese reënwoud. Hierdie woude word naby die ewenaar (in die trope) gevind waar dit die hele jaar warm is, met ‘n baie hoë reënval. Die meeste van die soorte bome in die tropiese reënwoude is breëblaar-, immergroen bome. Ons vind ook baie soorte palms en varings hier. Daar woon relatief min mense in tropiese reënwoude, omdat die plantegroei so dig is dat dit moeilik is om in die woude te beweeg.
  • In die bladwisselende woude met boomsoorte soos eik, okkerneut, wilg en populier, verloor die bome hul blare gedurende die winterseisoen, terwyl gematigdeimmergroen woude in gebiede met reën dwarsdeur die jaar byvoorbeeld baie dennebome het wat as gevolg van die feit dat hul dennebolle dra, boldraende (keëldraende) bome genoem word. In hierdie tipe woude vind ons baie verskillende soorte insekte, reptiele, spinnekoppe en voëls. Die bladwisselende en gematigde woude kom voor in gebiede wat van die digsbevolkte in die wêreld is (Noord-Amerika, Europa en Asië). Deur die eeue was mense nog altyd afhanklik van woude vir skuiling, kos, hout vir huise, wapens en energie.

Aktiwiteit 2:

Om die uitwerking van digte bevolking op natuurlike woude te bespreek

[LU 1.1]

Bespreek in julle groepe die uitwerking wat die digte bevolking op die natuurlike woude kan hê en hoe die natuur beskerm kan word. Skryf ‘n kort verslag na aanleiding van jou groep se bevinding.

Naaldwoude kom hoofsaaklik tussen 50°N en 70°N voor en is aangepas om die lang, koue winters en kort somers te oorleef.

  • Die bome se afwaartse blare sorg dat sneeu afgly.
  • Takke is buigsaam sodat swaar sneeu nie die takke breek nie.
  • Die dik bas beskerm die stam teen die lae temperature.
  • Die naaldagtige blare het dik buitewande met ‘n waslaag om transpirasie teen te werk.

Ongelukkig het ongekontroleerde mynboumetodes soos oopgroefmynbou, die boor van olie en die vestiging van infrastrukture soos paaie en dorp/stede die natuurlike bioom in ‘n groot mate versteur.

In gebiede met ‘n winterreënval waar die reën ontwikkel uit siklone wat van oor die oseaan kom, tref ons Mediterreensewoude aan. Hierdie gebiede het lang, droë somers. Die plantegroei bestaan uit klein, knoesterige bome met leeragtige blare. Struike bedek die meeste van die landskap. Die plante is op verskeie maniere aangepas by die somerdroogtetoestande.

  • Sommige het taai, leeragtige of wasagtige blare om beskerming teen die somerson te verleen en verdamping te beperk (protea).
  • Sommiges het haartjies op hul blare om sonlig te weerkaats (silwerboom).
  • ‘n Dik baslaag rondom die stam beperk verdamping.

Aktiwiteit 3:

Om d.m.v. ‘n collage woudbiome uit te beeld

[LU 1.5]

Kies enige van die bogenoemde woudbiome en maak ‘n collage om dit uit te beeld.

DIE SAVANNE-BIOOM (tropiese grasvelde)

  • Dit is ‘n oorgangsgebied tussen die nat tropiese reënwoude en die droë woestyn- en halfwoestyngebiede. Dit kom oor baie groot dele van Afrika en Suid-Amerika voor, maar word ook in Australië, Sentraal-Amerika en Suidoos-Asië gevind.
  • Die savanne-grasvelde ontvang ‘n jaarlikse reënval van tussen 750 – 1 500 mm per jaar in die somermaande en daarom is verdamping hier baie hoog. Die reënval is ook nie so betroubaar soos dié van tropiese woude nie en droogtes kom gereeld voor. Die winters is droog en wolkloos met sonnige dae en koue nagte.
  • Die landskap het ‘n parkagtige voorkoms. Dit word gekenmerk deur bome en taai grassoorte wat baie hoog word. Meer bome word in die natter dele en langs rivierlope gekry. In die droër dele is die lang gras oorheersend. In die winter verdor die gras en bome se blare val af. Dit word weer ‘n paradys in die lente na die eerste reëns. Bekende boomsoorte van Afrika is die kremetart, mopanie, kiaat, akasia en die kameeldoring met sy sambreelvorm. In Australië is die bloekomboom weer die oorheersende tipe.
  • Vure wat dikwels in die savannestreke woed, verhoed dat bome die oorhand kry. Die hitte vernietig nie die graswortels nie, maar wel die swakker bome. Hulle word uitgewis en maak die veld “oop” en gee die grassoorte ‘n kans om te herleef na die eerste reëns.
  • Groot troppe wei-diere soos sebras, wildsbokke, kameelperde, wildebeeste, ens. kom hier voor.

Aktiwiteit 4:

Om ‘n plakkaat van ‘n savanne-landskap te maak

[LU 1.5]

Die klas verdeel in twee groepe.

  • Groep 1: Versamel foto’s, prente en uitknipsels van die landskap en die verskillende diere wat in die savannes voorkom en maak ‘n groot plakkaat vir die klaskamer.

Groep 2: Versamel inligting oor die verskillende bekende natuurreservate wat in die savannes aangetref word en maak ook hiervan ‘n plakkaat.

GRASVELDBIOOM (gematigde grasveld)

  • Die gematigde grasveld kom in ‘n streek voor wat in ‘n mate ‘n oorgang tussen die warm en koue dele van die aarde vorm. Dit kom gewoonlik in die binneland van vastelande voor en word ‘n kontinentale klimaat genoem. Dit is dus ‘n koel, gematigde klimaat met winters wat koel tot koud is, en warm somers. Die neerslag wissel van 300 – 500 mm per jaar.
  • Die gematigde grasvelde word oor groot dele van die aarde gevind en staan in verskillende areas onder ander name bekend:

Noord- Amerika – die Prêries

Asië en Europa – die Steppe

Suid-Amerika – die Pampas

Australië – die Downlands

Suid-Afrika – die Veld

  • In RSA word die Transvaalse Hoëveld hierdeur gekenmerk.
  • Die bome is gevoelig vir ryp, daarom is hulle meestal tot die rivierlope beperk. Uitheemse boomsoorte soos bloekoms en denne wat later deur die mens aangeplant is, groei goed hier. In Suid-Afrika is die meerjarige rooigras die belangrikste plantegroeitipe.
  • Groot dele van die bioom is deur die tussenkoms van die mens verander. Groot gedeeltes is omgeploeg om koring en mielies aan te plant of word vir weiveld gebruik. Oorbeweiding lei tot agteruitgang van die grond en erosie tree in. Ook van die oorspronklike dierelewe het amper niks oorgebly nie. In Suid-Afrika is groot dele deur mynbou-aktiwiteite en die gevolglike stedelike ontwikkeling vernietig.

WOESTYNBIOOM

  • Halfwoestyn en veral woestyne van die wêreld is gebiede waar daar ‘n groot tekort aan water is omdat die reënval besonder laag is. Die jaargemiddelde neerslag is gewoonlik minder as 250 mm en in sommige jare word daar selfs geen reënval geregistreer nie. Die somerdagtemperature is hoog, maar as gevolg van die lae vogtigheid in die lug is dit draagliker as in die tropiese reënwoude. Die nagte is koud as gevolg van die vinnige afkoeling.
  • Tipiese klimaateienskappe van halfwoestyn en woestynomgewings:
  1. (i) Jaarlikse reënval is laag (minder as 250 mm per jaar).
  2. (ii) Neerslag is onbetroubaar (wissel van jaar tot jaar).
  3. (iii) Vogtigheid is laag.
  4. (iv) Verdamping hoog.
  5. (v) Hoë temperatuurskommelings daagliks.
  • Die ware woestyne kom op die vyf vastelande voor:

Namib Suidelike Afrika/Namibië

Sahara Noord-Afrika

Thar Pakistan/Indië

Rhoeb-al-Chali Saoedi Arabië

Taklimakan China

Alacama Suid-Amerika (Chili/Peru)

Mojave Noord-Amerika

  • Hier is die plantegroei óf baie skaars óf heeltemal afwesig.
  • Die meeste van die plante wat wel hier aangetref word, is jaarplante wat hulle hele lewensloop van ontkieming, groei, blom, saadvorming en verwelking binne ‘n paar maande voltooi. Dink aan Namakwaland as dit gereën het!
  • Die halfwoestyndele se plantegroei is van so ‘n aard dat dit vir weiding gebruik kan word. Die plante is goed aangepas by die droë toestande en word xerofiete genoem. Hulle het byvoorbeeld haartjies of was op hulle blare om verdamping teë te werk. Party het weer die vermoë om water in hul weefsel op te gaar, soos vygies, en word sukkulente (vetplante) genoem.
  • Halfwoestyne kom oor groot dele van die wêreld voor en beslaan saam met woestyne ongeveer ⅓ van die aardoppervlak. Halfwoestyne vorm die randgebiede van die egte woestyne. In Suidelike-Afrika is die Karoo en Kalahari voorbeelde hiervan.

Aktiwiteit 5:

Om navorsing oor verwoestyning te doen en ‘n verslag daaroor te skryf

[LU 1.4, 2.3]

  • Die mens veroorsaak dat woestyngebiede al hoe groter word. Dit word verwoestyning (of woestynvorming) genoem. Gaan doen navorsing hieroor. Skryf dan ‘n verslag van ongeveer een bladsy daaroor. Maak ook voorstelle oor hoe die probleem aangespreek kan word.

TOENDRABIOOM EN YSVELDE

  • Die Toendrabioom kom noord van 65o N voor, in ‘n breë sone rondom die Noordelike Yssee in Alaska, Kanada, Groenland en Ysland, tot aan die Beringsee in die ooste van Asië. In die Suidelike Halfrond is dit net ‘n klein kolletjie op Vuurland aan die suidpunt van Suid-Amerika wat dit verteenwoordig.
  • Die Toendra verduur uiters koue klimaatstoestande. Gedurende die lang, donker wintermaande daal die temperatuur tot ver onder vriespunt. Sneeustorms en yskoue winde waai aaneen. Dan groei niks nie. Die plante het ‘n lang rusperiode, want die grond is gevries.
  • Gedurende die somer kan die temperatuur tot ± 10oC styg, maar die somer is maar net 3 – 4 maande lank. Net die boonste grondlagie ontdooi en die gesmelte water kan nie wegsyfer nie. Baie areas word oorstroom en ‘n moerasagtige oppervlakte is die gevolg. Die reënval in die streke is maar ongeveer 250 mm per jaar en die verdampingsyfer is baie laag. Water kry dus nie kans om behoorlik af te loop nie.
  • Die toendraplantegroei moet dus aangepas wees by baie lae temperature en ‘n oormaat water. Plante groei baie vinnig. Hulle word skielik in die somer wakker en groei dan oornag. Mosse, kosmosse, varings, klein bossies, gras en selfs blomme verskyn. Die dierelewe is goed aangepas by die natuur. Rendiere, wolwe en bere is die bekendste voorbeelde.
  • Die area is baie yl bevolk. Die Eskimo’s van Groenland is ‘n voorbeeld van die nomadiese groepe wat hier woon.
  • Die Yswoestyne is die onherbergsame gebiede wat Antarktika (sesde kontinent), groot dele van Groenland, die Noordelike Ysseegebiede en bergtoppe wat altyd met sneeu bedek is, insluit. Hierdie yswoestyne is nie deel van die Toendrabioom nie.
  • Hierdie gebiede is so koud dat byna geen plantegroei voorkom nie. Landdiere is ook byna afwesig, maar seediere soos ysbere, walvisse, robbe en see-olifante is volop. Verskillende voëlsoorte het hul broeikolonies in dié areas.

Aktiwiteit 6:

Om navorsing oor Antarktika te doen en dan die klimaat-toestande van yswoestyne te beskryf

[LU 1.5]

Beskryf die klimaattoestande van die yswoestyne nadat jy navorsing oor Antarktika gedoen het.

Assessering

Table 3
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
  • relevante inligting vir spesifieke doeleindes uit bronne kies en dit opteken;
  • breedte- en lengteligging gebruik om relevante plekke op kaarte te vind;
  • inligting gebruik om oplossings vir probleme voor te stel;
1.5 verslag doen oor ondersoeke deur bespreking, debat, gestruktureerde skryfwerk, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme.

Table 4
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • kan verduidelik waarom meer mense op sommige plekke woon as ander;
  • kan identifiseer hoe toegang tot verskillende soorte hulpbronne ontwikkeling op verskillende plekke beïnvloed;
  • sommige maniere waarop die samelewing die omgewing verander het, beskryf.

Memorandum

Sirkelgrafiek:

  • Woude
  • Gras

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks