Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 6
1. Die Hoofbiome (Plantegroeistreke)
Onthou!
Op talle plekke op aarde is die oorspronklike omgewing reeds gewysig of vernietig deur die mens.
2. Oppervlakverdeling van verskillende biome
Gebruik die tabel as verwysing.
| Hoofbiome van die wêreld | ||
| Bioom | Oppervlakte(miljoene km 2 ) | Persentasie |
| Woude | 52,3 | 40,1 |
| Savanne | 21,8 | 16,7 |
| Grasvelde | 8,8 | 6,8 |
| Woestyne | 33,8 | 25,9 |
| Toendra | 13,7 | 10,5 |
Teken ‘n sirkelgrafiek en dui daarop aan watter deel (segment) van die hele sirkel (360o) elke bioom beslaan. Gebruik die persentasie van elke bioom om dit te bepaal. Gebruik ‘n gradeboog om elke bioom as ‘n sektor van die sirkel in te teken.
![]() |
Bereken die segment in grade soos volg:
| Woude | : | |
| Savanne | : | |
| Grasvelde | : | |
| Woestyne | : | |
| Toendra en ysvlaktes | : |
DIE WOUDBIOOM
Bespreek in julle groepe die uitwerking wat die digte bevolking op die natuurlike woude kan hê en hoe die natuur beskerm kan word. Skryf ‘n kort verslag na aanleiding van jou groep se bevinding.
Naaldwoude kom hoofsaaklik tussen 50°N en 70°N voor en is aangepas om die lang, koue winters en kort somers te oorleef.
Ongelukkig het ongekontroleerde mynboumetodes soos oopgroefmynbou, die boor van olie en die vestiging van infrastrukture soos paaie en dorp/stede die natuurlike bioom in ‘n groot mate versteur.
In gebiede met ‘n winterreënval waar die reën ontwikkel uit siklone wat van oor die oseaan kom, tref ons Mediterreensewoude aan. Hierdie gebiede het lang, droë somers. Die plantegroei bestaan uit klein, knoesterige bome met leeragtige blare. Struike bedek die meeste van die landskap. Die plante is op verskeie maniere aangepas by die somerdroogtetoestande.
Kies enige van die bogenoemde woudbiome en maak ‘n collage om dit uit te beeld.
DIE SAVANNE-BIOOM (tropiese grasvelde)
Die klas verdeel in twee groepe.
Groep 2: Versamel inligting oor die verskillende bekende natuurreservate wat in die savannes aangetref word en maak ook hiervan ‘n plakkaat.
GRASVELDBIOOM (gematigde grasveld)
Noord- Amerika – die Prêries
Asië en Europa – die Steppe
Suid-Amerika – die Pampas
Australië – die Downlands
Suid-Afrika – die Veld
WOESTYNBIOOM
Namib Suidelike Afrika/Namibië
Sahara Noord-Afrika
Thar Pakistan/Indië
Rhoeb-al-Chali Saoedi Arabië
Taklimakan China
Alacama Suid-Amerika (Chili/Peru)
Mojave Noord-Amerika
TOENDRABIOOM EN YSVELDE
Beskryf die klimaattoestande van die yswoestyne nadat jy navorsing oor Antarktika gedoen het.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
|
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
Sirkelgrafiek: