MIV/Vigs is ‘n skrikwekkende realiteit, soos deur die volgende koerantberig uit Die Burger van 1 Desember 2004 weergegee word.
Vigs neem steeds toe in SA
Syfers “vermom” die werklike omvang van MIV/vigs in die land
Antoinette Pienaar
PRETORIA. – Die mees verwoestende fase van Suider-Afrika se vigspandemie is dalk reeds met ons, maar word deur statistieke “vermom”.
In die Verenigde Nasies se jongste vigsverslag word gemaan dat die oënskynlike stabilisering van die voorkoms van MIV/Vigs in sommige lande in dié streek nie noodwendig beteken die pandemie het spoed verloor nie.
Dit sluit Suid-Afrika in waar die departement van gesondheid vroeër vanjaar die effens kleiner styging van MIV/vigs onder swanger vroue (van 25% in 2001 tot 26,5% in 2002 en 27,9% in 2003) bestempel het as die eerste tekens van stabilisering.
Luidens die verslag kan stabilisering die ergste fase van die pandemie versteek wanneer vigs net soveel lewens eis as die getal mense wat die virus opdoen.
Suid-Afrika het steeds die grootste getal mense met MIV/vigs ter wêreld – tussen 4,5 miljoen en 6,2 miljoen en klim waarskynlik steeds. In een van die landelike dele van KwaZulu-Natal het vigsverwante sterftes in die jare negentig só gestyg dat dit teen 2000 48% van alle sterftes onder volwassenes teenwoordig het.
“Die sterftes in dié streek gaan beslis toeneem in die volgende paar jaar omdat die voorkoms van MIV/vigs daar in die laat jare negentig skerp gestyg het. Vigs-sterftes weerspieël die getal nuwe gevalle van MIV/vigs van tien jaar tevore”. Luidens die verslag is daar wêreldwyd tussen 35,9 miljoen en 44,3 miljoen mense met MIV/vigs.
Sowat 4,9 miljoen mense sal na verwagting vanjaar MIV-positief word en 3,1 miljoen aan vigsverwante siektes sterf. Suider-Afrika word verreweg die swaarste getref, met sowat 25,4 miljoen MIV-positiewe mense vanjaar vergeleke met 24,4 miljoen in 2002. Byna twee derdes van alle mense met MIV/vigs woon in hierdie streek. Hoewel die wêreld vanjaar meer as $6,1 miljard (sowat R36,5 miljard) aan die pandemie bestee het tenoor $2,1 miljard in 2001, het minder as 1% van alle mense tussen 15 en 49 jaar toegang tot MIV-toetsing en berading in die 73 lande wat die swaarste getref word.
Tussen 5 miljoen en 6 miljoen mense het dadelik behandeling met antri-retrovirale medisyne nodig. Minder as 10% wat dit moet kry, het toegang daartoe.
Die Burger, 1 Desember 2004
| UITWERKING VAN MIV/VIGS | |
| Suid-Afrika se posisie op die Vigs-ranglys | |
| Getal mense met vigs in Suid-Afrika | |
| SA provinsie met hoogste vigs-syfers | |
| Persentasie groei in vigs-gevalle in SA van 2002 tot 2004 | |
| Persentasie groei in wêreld fondse vir vigs vanaf 2002 tot 2004 | |
| Persentasie vigs-gevalle wat nie toegang het tot die nodige antiretrovirale medisyne nie | |
Hulp vir VIGS
Vigslyer se radio “lewensbelangrik”
Maali-Malixolegwatyu
KAAPSTAD. – ‘n Geslote deur, ‘n venster wat wawyd oopstaan en ‘n radio wat kliphard speel . . .
Dit is wat ‘n besoeker êrens tussen honderde plakkershutte in New Rest, Guguletu begroet.
Die geheim om in te kom, is om na ‘n kamervenster aan die agterkant van die huis te gaan en die rede van jou besoek te verduidelik.
Me. Noberia Koko (37), wat hier woon, is alleen, blind – en bedlêend.
Ná geselsies wat uitgeruil word met die oog op ‘n onderhoud, vra Koko haar gaste om haar jonger suster te gaan haal, voordat hulle in die huis toegelaat kan word.
Ná ‘n halfuur daag me. Ruth Koko op en gaan sy oudergewoonte na die oop venster, van waar die huis se sleutels aan haar oorhandig word.
In die huis word die Xhosa-radiostasie, Umhlobo Wenene (“Jou ware vriend”), onmiddellik sagter gedraai.
Op ‘n vraag aan Koko hoekom sy die radio so hard aan het, sê sy dit is “lewensbelangrik”.
“Ek is op antiretrovirale middels en luister na die tyd.”
“Wanneer jy op dié pille is, moet jy dit gereeld neem – presies op die voorgeskrewe tye.”
Sy vertel ook hartseer in die kamertjie met drie beddens, hoe haar enigste dogter, Nomonde (22), wat na haar omgesien het, haar onlangs verlaat het vir “werk in George.”
“Sy is op 10 November hier weg saam met ‘n priester en het gesê dat sy werk gekry het.”
“Ek glo dit nie. Ek vermoed sy het ‘n verhouding met hom.”
Volgens haar “voel-voel” sy nou na die grootte en oppervlak van die pille wat sy daagliks moet drink.
Koko vertel sy het in 1999 begin siek word, en het aanvanklik ‘n stryd teen tuberkulose gevoer.
“’n Jaar later, ná ‘n bloedtoets, het die dokter aan my gesê dat ek MIV-positief is.”
Volgens haar was dit die begin van ‘n “lang pad en worsteling” met sangomas, familielede en medici.
“Mense het aan my gesê my blindheid is vanweë iets “boos” wat aan my gedoen is, terwyl die dokters gesê het dit hou verband met my MIV-status,” vertel Koko.
Ná wat die teenvigsmiddels “aan haar gedoen het” glo sy dat dit die beste opsie is – en dat mense nie moet skroom om dit te gebruik nie.
Die Burger, 1 Desember 2004
In hierdie berig uit Die Burger van 1 Desember 2004 lees ons van medikasie wat beskikbaar is aan MIV-pasiënte. Ons het ook in die berig op bladsy 26 gelees dat minder as 10% van die mense wat hiervan afhanklik is, toegang het daartoe.
1. Antiretrovirale middels ondersteun slegs MIV-geïnfekteerde se gesondheid en is nie genesend nie.
2. Alle mense in Suid-Afrika het gelyke toegang tot antiretrovirale middels.
(Indien jy nie met laasgenoemde stelling saamstem nie, bespreek moontlike stappe wat tot ‘n meer regverdige verspreiding kan lei.)
Waar is antiretrovirale middels beskikbaar en teen watter prys?
Van watter spesiale produkte dra jy kennis wat daarop gemik is om die lyding van MIV-geïnfekteerde aan te spreek?
Assessering
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
|
| LU 3 |
| VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|