A. Eienskappe van ontwikkelende lande
1. Lae lewensverwagting – word gemeet aan die gemiddelde ouderdom wat die mens na verwagting sal bereik.
Voltooi en bestudeer die meegaande tabel:
| N/S | Land | Lewensverwagting in jare |
| .....N...... | Kanada | 78,8 |
| .......... | Brittanje | 77,8 |
| .......... | VSA | 77 |
| ......... | Brasilië | 67,7 |
| ....S..... | Suid-Afrika | 52,1 |
| ......... | Angola | 45,2 |
| ......... | Zimbabwe | 42,9 |
| ......... | Mosambiek | 39 |
Bespreek jou bevindings in groepverband en skryf ‘n kort paragraaf daaroor met spesifieke verwysing na die moontlike redes vir die patroon soos aangedui .
As gevolg van die groot besteding aan gesondheidsdienste in ontwikkelde lande is daar minder babas wat by geboorte sterf en minder kinders wat vroeg sterf. Mense word ook baie ouer as gevolg van goeie en voorkomende mediese sorg.
2. Lae standaard van onderwys
Onderwys en opleiding bepaal die vlak waarop die bevolking van ‘n land funksioneer en produseer. As ons in gedagte hou dat daar ongeveer 80 miljoen kinders in die arm Suide is wat geen skool bywoon nie, kan ons verstaan waarom arm lande ‘n toekoms van werkloosheid in die gesig staar. Sonder die nodige opleiding kan hulle nie gereed gemaak word vir die wêreld van werk om sodoende hul eie leefwêreld te probeer verbeter nie.
Hoe dink jy beïnvloed ‘n lae geletterdheidspersentasie die ekonomie van ‘n land?
3. Swak gesondheidsorg
Die persentasie van ‘n land se begroting wat aan sy gesondheidsdienste bestee word, bepaal hoofsaaklik die standaard van gesondheidsorg in die land. Kyk ons na die gemiddelde persentasie van 4% by ontwikkelende lande teen die 96% by ontwikkelde lande in die grafiek op bl. 12 kan ons verstaan waarom die hospitale in so baie arm lande in so ‘n swak toestand is. Die hoeveelheid dokter en fasiliteite is heeltemal ontoereikend vir die getal inwoners van die land.
Interessante statistiek
| Kwota pasiënte per mediese dokter | |
| Ontwikkelde Europese land (N) | 1:250 |
| Ontwikkelende Afrika land (S) | 1:20 000 |
4. Werkloosheid
Oorbevolking en lae geletterheid is van die hoofoorsake van werkloosheid. Almal wil werk om geld te verdien om ‘n bestaan te kan maak. As iemand werkloos is, kan hy/sy nie selfonderhoudend wees nie en geen bydrae lewer tot die ekonomie van die land nie.
5. Swak voeding en toegang tot veilige water
Die grafiek op bl. 12 dui aan dat slegs 43% van die wêreld se voedselproduksie in lande gevind word wat 80% van die wêreld se bevolking huisves. Dit, saam met die lae lewensverwagting en gebrekkige opvoeding en opleiding, sowel as ontoereikende industrieë gee vir ons ‘n resep vir wanvoeding (wanneer iemand nie genoeg gesonde kos inneem nie). Ongeveer 30% van die arm Suide se kinders het nie genoeg voedsel om daagliks te eet nie.
In ontwikkelende lande is baie mense afhanklik van ‘n spruit of rivier vir hul daaglikse vars water. Hierdie bronne is nie altyd veilig en skoon nie en dit lei tot die uitbreek van siektes soos cholera waaraan baie mense jaarliks sterf.
Waterfeite
6. Oorbevolking
Die bevolking in ontwikkelende lande groei baie vinniger as in ontwikkelde lande.
Hou in gedagte dat die bevolking nie alleen toeneem nie – daar is terselfdertyd ‘n ewe groot toename in die behoefte aan voedsel, opvoedingsgeleentheid, behuising, energie en werkgeleentheid. Allerhande sosiale, politieke, ekonomiese en ekologiese probleme raak ook ewe vinnig groter.
Kom ons neem as voorbeeld ‘n land waar die bevolking vinniger toeneem as sy vermoë om voedsel vir sy inwoners te produseer. As die land ‘n sterk ekonomie het en daar is geld om voedsel aan te koop, is alles goed en wel, maar wat dan as dit nie so is nie?
Iewers moet hulp vandaan kom om voedsel aan te koop, en vir baie jare was dit van die sogenaamde “ryk state in die Noorde” wat uitgehelp het. Die vraag moet gevra word of die “ryk” lande vir ewig tot die “arm” lande se redding gaan kom?
In die VSA, Kanada en Europa word baie meer voedsel deur die boere geproduseer as wat die mense van daardie lande benodig. Die oortollige voedsel kan dan aangekoop en versprei word in lande met chroniese tekorte, of waar natuurrampe plaasgevind en groot lyding en ellende veroorsaak het. Ongelukkig is dit ook so dat produksiekoste sò toeneem dat dit baie duur raak om koring, mielies en rys aan te koop om uit te deel waar daar nood is.
7. Armoede
Armoede is honger. Armoede is ‘n gebrek aan skuiling. Armoede is om siek te wees en nie toegang te hê tot ‘n dokter nie. Armoede is om nie toegang te hê tot ‘n skool nie en ‘n onvermoë om te kan lees. Armoede is om werkloos te wees, in vrees te leef vir die toekoms – een dag op ‘n slag.
In die meeste ontwikkelende lande is daar ‘n geweldige groot gaping tussen ryk en arm.
b. Hoe kan ontwikkelde lande die ontwikkelende lande help?
c. Hoe kan ek en jy ‘n verskil maak?
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
|
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
| LU 3 |
| VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
Aktiwiteit 1: