DIE TROUE
Baie van die waardes en interpretasies van verskillende kulture word voorgestel in die huwelikseremonie. Die gebeure by ‘n troue word bepaal deur geloof en kultuur.
Oefening 2: Navorsing
- Vors ‘n huwelikseremonie van ‘n spesifieke kultuur na.
- Hierdie navorsingsprojek moet die volgende insluit:
- geloof van die kultuur wat nagevors word
- tradisies
- musiek, liedere
- dans
- kostuums (trourokke, ens.)
- simboliese elemente
- kos
- die seremonie (gee van ringe, breek van glase, ens.)
- voorbeelde van trougeskenke (indien enige)
- omgewings (kerke, tempels, moskees, ens.)
- die ritueel
- aspekte van die kultuur
- die verskillende rolle van die mense betrokke (mans, vrouens, kinders, oumense, ens.)
- bied jou projek vir die klas aan – in groepe, in pare of individueel
Verskillende huwelikseremonies om na te vors:
- Indies
- Joods
- Afrika
- Christelik
- Japannees
- Grieks
Oefening 3: Dramatisering
- Kies twee huweliksrituele uit die aanbiedings wat jy graag sal wil dramatiseer.
- Verdeel die klas in twee groepe – elke groep moet ‘n verskillende ritueel dramatiseer.
- Elke leerder in die klas moet betrokke wees by die dramatisering en ‘n rol verpersoonlik:
- bruid en bruidegom
- die gevolg (blommemeisies, strooijonkers, strooimeisies, ens.)
- familielede
- gaste
- persoon wat die seremonie lei (priester, rabbi, imam, ens.)
- musikante
- sangers
- fotograaf
- Elke ritueel moet die volgende insluit:
- kostuums
- rekwisiete
- musiek en sang
- dans
- seremonie
- gebeure voor en na die seremonie
- optog
- Repeteer die dramatisering van die huweliksritueel.
- Voer die rituele op.