Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Kuns en Kultuur Graad 6 » Om 'n bepaalde ritueel na te vors

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseAC display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Arts & Culture (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseAC" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Om 'n bepaalde ritueel na te vors

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 6

UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE

Module 7

OM ‘N BEPAALDE RITUEEL NA TE VORS

Dans

  • Dans is een van die oudste vorms van uitdrukking en kommunikasie. Dans is gebruik vir ‘n verskeidenheid van redes, vanaf die vroegste tye deur middel van rituele, soos oorlogsdanse, geestelike danse en om die lewe te verheerlik, soos troues, geboortes en kronings. Belangrike gebeure in die geskiedenis word deur dans uitgebeeld. Die waardes, gelowe en tradisies van kulture word weerspieël in danse en van generasie tot generasie oorgedra. Dans is gedurig besig om te ontwikkel en verander met nuwe invloede van die gemeenskap en individuele kunstenaars.
  • In hierdie module word jy gelei om ‘n verskeidenheid vorms van kommunikasie en uitdrukking in dans te analiseer en te gebruik in jou eie danse en jy sal in staat wees om dansrituele na te vors, uit te toets en te verduidelik.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n bepaalde ritueel na te vorsen die bewegings met musiekbegeleiding te demonstreer

[LU 4.1]

  • ‘n Ritueel is die voorgeskrewe of vasgestelde vorm van ‘n godsdienstige of ander seremonie en sluit in algemene of saamgestelde voorgeskrewe vorms wat verduidelik kan word as stereotipe aktiwiteite en enige formele aktiwiteit, instelling of prosedure wat deurentyd gevolg word in godsdienstige, sosiale of ander rituele.

Voorbeeld: Reëndanse, oorlogsdanse, troues, begrafnisse,bediening van die nagmaal, doopplegtighede, ens.

  • Oefening

Vors ‘n huweliksritueel na en demonstreer die bewegings betrokke by die geselekteerde ritueel. Gepaste musiek kan gekies word om jou dans te begelei.

Aktiwiteit 2:

Om vir rituele dansoefeninge op te warm

[LU 4.1]

  • Voordat jy kan begin om jou dans te skep, moet jou liggaam goed opgewarm word om beserings te voorkom en jou voor te berei op die aktiwiteite wat gaan volg.
  • Die opwarming kan met musiek gedoen word. Kies musiek waarmee jy gemaklik voel en wat nie te vinnig is nie.
    • Staan met jou voete heupwydte van mekaar af, arms langs jou sye.
    • Asem in deur jou neus, lig jou arms bo jou kop.
    • Asem uit deur jou mond, laat sak jou arms en buig jou knieë terselfdertyd.
  • Herhaal vier keer.
  • Beweeg van kant tot kant op een plek.
  • Lig albei arms op en uit na die kante op maat van die musiek terwyl jy nog steeds van kant tot kant beweeg op een plek (herhaal agt keer).
  • Hou beweging – laat sak jou arms – draai skouers om die beurt (herhaal agt keer).
    • ou beweging – draai skouers in die ander rigting (herhaal agt keer).
  • Buig en maak knieë reguit – stoot boude uit – knieë en voete wys vorentoe (herhaal agt keer).

  • Buig knieë – knieë en voete wys vorentoe – boude uit – sit hande op knieë – trek rug op (soos ‘n kat) en ontspan) (herhaal agt keer).
  • Bly in vorige posisie – lig tone alternatiewelik – hou hakke op die vloer (herhaal agt keer).
  • Lig hakke om die beurt (herhaal agt keer).
  • Maak bene wyer oop – sit jou hande op jou heupe – voete en knieë wys na buite – strek van kant tot kant – hou voete stewig op die vloer (herhaal agt keer).
  • Strek (“lunge”) na regs en hou strek vir vier tellings.
  • Strek na links en hou strek vir vier tellings.
  • Kom terug in pliè - posisie (knieë gebuig, knieë en voete wys na buite) – hande op heupe – buig en maak knieë reguit (herhaal agt keer).
  • Hou bene oop en knieë gebuig en lig jou voete om die beurt terwyl jy op een plek bly (herhaal agt keer).
  • Bring voete na mekaar toe en loop op die plek (agt tellings).
  • Loop op een plek met voete bymekaar en dan oop vir agt tellings.
  • Loop op een plek – lig arms op en af (herhaal agt keer).
  • Loop op een plek – herhaal asemhalingsoefening.
  • Die opwarming moet nie minder as drie minute en nie langer as vyf minute duur nie.
  • Jy moet regdeur hierdie oefening normaal asemhaal.

Aktiwiteit 3:

Om wedersydse vertroue met ‘n dansmaat te bewerkstellig

[LU 4.1]

  • Om jou in staat te stel om jou dans suksesvol uit te voer moet jy vertroue bewerkstellig tussen jouself en jou maat.

Jou maat moet dieselfde lengte as jy wees.

 Kyk na jou maat – hou albei hande vas – sit julle voete so na as moontlik aan mekaar en trek terug met jou gewig.

 Hou hierdie posisie vir ‘n ruk.

 Staan langs jou maat en kyk na voor – hou een hand vas – sit julle voete so naby aan mekaar as moontlik en trek van mekaar af weg.

 Verander hande terwyl julle na agter draai.

 Staan met jou rug na jou maat – val agtertoe en laat jou maat toe om jou te vang – neem beurte.

 Kombineer hierdie oefeninge en vorm ‘n sekwens.

 Ondersoek eenvoudige armbewegings.

 Ondersoek draaibewegings.

  • Nota: Hierdie oefening moet gedoen word sonder om jou stem te gebruik omdat jy moet konsentreer op balans en tydsberekening.

Aktiwiteit 4:

Om ‘n HUWELIKSDANS te verduidelik en te demonstreer

[LU 4.1]

  • Die vorige vertrouensoefening dien as voorbereiding vir die Huweliksdans. Hierdie dans word in pare gedoen.

Gebruik die inligting oor ‘n huweliksritueel wat jy nagevors het, en doen die volgende:

 Demonstreer jou huweliksritueel aan die res van die klas.

 Kies een dans van al die danse wat in die klas gedoen is.

 Beweeg in lyne en sirkels soos in ‘n optog.

 Werk met oop- en toebewegings, swaaibewegings en draaibewegings om samehorigheid voor te stel.

 Werk aan motiewe gebaseer op buig, lig, reik, sak, hurk, oop, toe, draai, kniel, gesamentlike beweging, lei en volg.

 Deel idees en bou aan ‘n seremoniële huweliksdans gebaseer op stadige, bewegingspatrone, duidelike liggaamsvorms en vergrote en oordrewe gebare.

 Kies ritualistiese musiekstukke met definitiewe ritmes van verskeie kulture.

 Bespreek die verskille in geestelike uitdrukking.

 Ondersoek die emosies betrokke in ‘n huwelikseremonie.

 Ondersoek kostuums en rekwisiete betrokke by ‘n huwelikseremonie.

Aktiwiteit 5:

Om na dansoefeninge op die regte manier af te koel en te strek

[LU 4.1]

  • Dit is belangrik om die spiere wat gebruik is gedurende die oefeninge te strek, anders sal jy “stywe” spiere vir die volgende drie dae ervaar.

Kies musiek met ‘n stadige tempo.

 Lê op jou rug op die vloer – arms bo jou kop uitgestrek – bene reguit.

 Strek jou liggaam deur met jou hande te reik en jou tone te punt (behou strek vir agt tellings en ontspan).

 Bring arms af na sye.

 Buig jou knieë, maar hou jou voete op die vloer.

 Bring een been na jou bolyf – trek die been met albei hande na jou bolyf toe – jou knie is nog steeds gebuig (behou vir agt tellings).

 Maak die been reguit en trek die reguit been na jou kop toe (moenie die strek forseer nie). Behou vir agt tellings.

 Ruil bene om.

 Bring albei bene gebuig na jou bolyf en trek jou bene in met albei hande – lig jou kop en skouers effens. (behou vir agt tellings).

 Laat sak jou bene na links – hou jou bolyf en skouers op die vloer – arms uitgestrek na die kante.

 Ruil om na regterkant.

 Bring bene weer na middel – sit regop – knieë gebuig – hande op knieë – maak jou rug reguit – trek jou bolyf deur jou bene met jou hande op jou knieë.

 Kom stadig orent deur jou boude van die vloer af te lig.

 Krul stadig op – hou bene gebuig – kop kom laaste op.

 Skud alle beweeglike liggaamsdele.

  • Alle strekke moet vir agt tellings gehou word.
  • Die afkoel en strek moet nie korter as drie minute ennie langer as vyf minute wees nie.
  • Alle strekke moet stadig uitgevoer word om beserings te voorkom.

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIEDie leerder is in staat om te analiseer en om ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK (4.4)
  • musiek wat die simboliek van rituele kan navors, skep en aanbied.
 
DRAMA (4.2 - 4.3)
  • ‘n kulturele ritueel (religieuse seremonie of sosiale viering) dramatiseer en die gebruik van drama-elemente (bv. patroon, repetisie, sekwens) demonstreer; en
  • die belangrikheid van hierdie ritueel aan die deelnemers kan verduidelik.
 
DANS (4.1)
  • ‘n sang-en-dansritueel kan navors, probeer en verduidelik (bv. slangdans, rietjiedans, stokdans) deur te verwys na die doel en struktuur – patrone, herhaling en sekwens; en
VISUELE KUNS (4.5 - 4.6)
  • die gebruik van verskeie artefakte in kulturele rituele kan demonstreer en beskryf; en
  • muurskilderye in eie gemeenskap as ‘n vorm van kommunikasie kan navors met die klem op die beoogde boodskap, teikengroep, tegnieke, gepaste materiale, tekens en simbole.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks