1. Oorstromings/vloede
1.1 Die voorkoms en ontstaan van oorstromings
1.1.1 Wat is ‘n oorstroming?
Dit ontstaan wanneer daar ‘n oormaat water is. Grond wat nie normaalweg deur water bedek is nie, word tydens ‘n oorstroming deur water bedek.
Dit gebeur soms dat ‘n jarelange droogte skielik deur swaar, aanhoudende reën beëindig word. Sulke rampe lok dan vrae uit soos: Is die klimaat besig om te verander?
1.1.2 Waar kom oorstromings voor?
Bestudeer figuur 3 (’n wêreldkaart van waar die meeste ernstige oorstromings al voorgekom het) op bl. 10.
Jy sal opmerk dat die meeste oorstromings in Indië, China, Noord- en Suid-Amerika voorkom. Tog kan oorstromings in feitlik enige omgewing voorkom waar water is. Selfs in woestyne kan ernstige oorstromings voorkom. Onthou dat daar verskillende oorsake vir vloede is en hierdie oorsake bepaal WAAR die oorstromings gaan voorkom.
![]() |
1.1.3 Wat veroorsaak oorstromings?
Water wat dele van die aarde oorstroom, kan verskillende oorsake hê, soos die volgende:
1.2 Die uitwerking (gevolge) van oorstromings op die lewens van mense en hulle sosio-ekonomiese aktiwiteite
Menslike bedrywighede kan nie oorstromings veroorsaak nie, maar mense kan op indirekte wyse die omvang en skade daarvan vererger, soos hieronder verduidelik word.
Natuurlike plantegroei en hulle wortels word dus vernietig en dit kan nie meer die bogrond vashou as daar swaar reën val nie. Die reënwater word ook nie maksimaal deur die grond absorbeer nie. Reënwater loop dus vinniger af en neem die bogrond saam. Riviere en damme slik as gevolg hiervan toe.
‘n Voorbeeld van so ‘n oorstroming in Suid-Afrika.
Op 30 September 1987 het ‘n geweldige tropiese storm oor Natal gewoed. Minstens 180 mense is dood. Plakkershuise het in hulle duisende in die reën verkrummel. Ander se dakke is afgeruk en huise is ernstig beskadig. Seweduisend gesinne is in een dag koud, honger en dakloos gelaat. Die meeste brûe en paaie is weggespoel en reddingswerkers kon nie per vragmotor hulp aanbied nie. Daar was geen elektrisiteit beskikbaar nie, asook geen riool- en kraanwater nie. Alle pypstelsels is deur die vloedwater vernietig. Besighede het tot stilstand gekom en geweldige finansiële verliese is op ekonomiese gebied gely. Boere het ook hul oeste en diere verloor. Alle ryk bogrond het weggespoel en dit sal jare neem om weer te herstel. Plaasdamwalle het gebreek en alle heinings is meegevoer. Herstelwerk het natuurlik geweldige finansiële implikasies gehad.
Lyke van mense en diere het oral rondgelê en ‘n gesondheidsrisiko het ontstaan. Water is ook hierdeur besoedel en nog ‘n gesondheidsgevaar het sy kop uitgesteek – cholera.
‘n Soortgelyke situasie het voorgekom tydens die vloed by Laingsburg op 25 Januarie 1981.
1.3 Hoekom sommige mense ‘n hoër risiko as ander is
Baie dele in die ontwikkelende lande van die wêreld se natuurlike omgewings is oorbenut en misbruik. Omdat arm mense net vir eie gebruik produseer en geen bemesting toepas nie, verarm die grond. Verkeerde besproeiingsmetodes vererger die situasie en die ryker bogrond word maklik deur vinnig vloeiende water weggevoer. Oeste verskraal en hongersnood staar die mense in die gesig. Geen wisselweiding word ook toegepas nie en die vee vertrap die natuurlike plantegroei .Vir hierdie mense lê hul rykdom in die hoeveelheid vee wat hul besit en nie in die kwaliteit van die vee nie. Daar is dus te veel vee op ‘n gegewe stukkie grond en die landskap word vernietig. Indien daar nou ‘n oorstroming sou plaasvind, is daar geen natuurlike plantegroei om die water te stuit nie en alles word weggespoel.
Wanneer voortbestaan op die platteland moeilik word, begin die mense na die stede migreer om werk te soek. Aangesien hulle arm is, gaan woon hulle in plakkerskampe. Hierdie plakkerskampe of informele nedersettings word gewoonlik aangetref op minder geskikte en selfs gevaarlike terrein. Sodra swaar reën val, is hierdie mense se huise, besittings en lewens in groot gevaar. Dink hier maar net aan die nat Kaapse Vlakte met sy derduisende woonhuise.
1.4 Voorkomende maatreëls: die bestuur van potensiële gevaar en gevaarvermindering
Wat kan omtrent oorstromings gedoen word?
Meestal is die antwoord op hierdie vraag: baie min. Mense kan egter voorsorg tref om te probeer om die risiko van oorstromings in die toekoms te verminder. Hier volg n paar moontlikhede:
Baie van die bogenoemde voorsorgmaatreëls kos baie geld om toe te pas en is nie altyd uitvoerbaar nie. Ontwikkelende lande het nie die geld hiervoor nie en oplossings is dikwels onwaarskynlik. Dus bly die invloed van oorstromings daar ‘n wesentlike probleem.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 ondersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko’s en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing]. |