Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Aardrykskunde Graad 7 » Tropiese siklone

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Tropiese siklone

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE

Graad 7

NATUURGEVARE

Module 2

TROPIESE SIKLONE

1. Tropiese Siklone

  • Die voorkoms en ontstaan van tropiese siklone
Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)

Geen weerverskynsel is meer skrikwekkend en vernietigend as ‘n tropiese storm nie. In Amerika word dit orkane genoem, in Asië tifone, in Suid-Afrika tropiese siklone en in Australië Willie-willies.

Kenmerke van tropiese siklone

Hulle ontwikkel oor die warm, tropiese oseane naby die ewenaar. Die warm, tropiese seewater verhit die lug wat daarop rus tot temperature van ±27°C. Die hoë verdamping maak die lug ook baie vogtig. Die hoofkenmerk van die tropiese oostewinde is dus dat hulle warm en vogtig is. Dit veroorsaak dat die lug oor die oseane vinnig opstyg en ‘n intense laagdruk ontstaan. Die konveksiestrome begin in ‘n spiraal draai en die spoed daarvan neem toe. Verdere styging, kondensasie en die vorming van cumulus en cumulonimbuswolke ontstaan. Die wenteling van die aarde om sy eie as laat die wolkmassas sirkel om ‘n reusagtige, wentelende storm te vorm.

In die middel van hierdie sikloonsentrum is daar ‘n oog van kalm, wolklose weer wat sowat 35 – 50 km breed kan wees. Lugdruklesings hier is onder 1 000 hPa. Direk om die oog woed stormwinde van 120 – 280 km/h. Stormweer kan tot 200 km vanaf die oog voorkom en kan vir ‘n paar uur of selfs dae lank duur. Hulle beweeg stadig vorentoe (15 – 20 km/h) en begin afneem in geweld sodra dit landoppervlak of koeler water bereik. Geweldige verwoesting, stortreën en vloedgolwe kom egter vir etlike dae aan kusgebiede van lande voor.

Siklone het voorheen as gevolg van hulle wispelturigheid vrouename gekry om hulle uit te ken. Deesdae kan ‘n mansnaam ook gebruik word, soos die hewige tropiese sikloon “Hugo” wat in 1989 die ooskus van Amerika getref het.

Dit word op ‘n weerkaart aangedui deur ronde isobare wat naby mekaar geleë is om die oog. Die oog word ook met die simbool “

Figure 2
Figure 2 (Picture 3.png)
“ voorgestel.

Figure 3
Figure 3 (Picture 4.png)

Sinoptiese weerkaart

1.2 Die uitwerking (gevolge) van tropiese siklone op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite

Dit gebeur nie dikwels dat Suid-Afrika die volle geweld van ‘n tropiese sikloon ervaar nie. Wanneer dit wel voorkom, saai dit net soveel verwoesting as in ander wêrelddele.

Die grootste sikloon wat die kus van Suid-Afrika nog getref het, was die tropiese sikloon Demoina. Op 25 Januarie 1984 het Demoina naby Maputo na die binneland geswaai. Die volgende twee dae het dit hewige storms, sterk winde en baie reën oor Suid-Afrika veroorsaak. Soveel soos 540 mm is in 24 uur aangeteken. Riviere in Noord-Natal het oorstroom. Dorpies naby riviere is heeltemal vernietig, brûe het weggespoel en gewasse langs die riviere is verwoes. Skade aan suikerplantasies is beraam op R150 000 000. Minstens 200 mense het gesterf. Reddingspogings is belemmer omdat meeste brûe en paaie weggespoel het. Stormsterkwinde het dit gevaarlik gemaak om helikopters te gebruik. Daar is selfs lyke en krokodille see-in gespoel. Siektes wat deur die water versprei is en hongersnood het die sterftesyfers verder laat styg.

Aktiwiteit 1:

Om oor die uitwerking van tropiese siklone navorsing te doen

[LU 2.1]

Maak ‘n lys van alle gevolge van tropiese siklone nadat jy meegaande inligting oor Demoina gelees het. Gaan soek ook in koerante en ander bronne na artikels oor tropiese siklone en vul jou lys aan.

Hoekom veroorsaak tropiese siklone meer vloedskade, maar rig betreklik min stormwindskade aan gebiede aan? Wat word met die “oog” van ‘n tropiese sikloon bedoel?

1.3 Hoekom sommige mense ‘n hoër risiko as ander is

In die ontwikkelde dele van die wêreld rig tropiese siklone ook baie skade aan, maar dit is gewoonlik nie so rampspoedig nie. Kommunikasiestelsels is goed ontwikkeld en ‘n baie hoë persentasie van die bevolking word bewus gemaak van die naderende gevaar. Hulle kan dus betyds voorsorg tref of die area verlaat. Ook is die konstruksie van hul huise en ander geboue van so ‘n aard dat dit meestal die storms kan weerstaan.

In die ontwikkelende areas van die wêreld kan ‘n tropiese sikloon egter geweldige skade veroorsaak. Eerstens is die areas gewoonlik baie dig bevolk en geweldige lewensverliese kan ondervind word omdat meeste van die mense ook in die minder goeie of gevaarliker areas woonagtig is. Tweedens is hul huise ook van ‘n swak konstruksie en word erg beskadig en selfs vernietig tydens so ‘n storm. Derdens het die areas ook nie ‘n goeie infrastruktuur wat die uitwerking van so ‘n ramp kan beperk of verminder nie. Gesondheidsorg en nooddienste kan nie vinnig genoeg by die mense uitkom nie. 'n Groot gedeelte van die sterftes wat voorkom, geskied eerder na die storm as daartydens.

Aktiwiteit 2:

Om die gevolge van siklone op menselewens te bekyk

[LU 2.1, 2.3]

1.4 Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarvermindering

Hoewel wetenskaplikes oor ‘n groot hoeveelheid kennis omtrent tropiese siklone beskik, kan daar eintlik baie min gedoen word om die skade te voorkom wat daardeur aangerig word.

Tog is daar dinge wat gedoen kan word om die skade ietwat te verminder:

Vroeë waarskuwingstelsels van satelliete, radar en data van weerstasies word gebruik om die nadering van ‘n tropiese sikloon te voorspel.

Wolkbesaaiing, ‘n proses wat die energie van die sikloon versprei en die windsnelheid verlaag, is redelik suksesvol.

Beperking van die skade wat dit aanrig. Dit is sekerlik die beste manier om ‘n storm te hanteer. Tipiese voorsorgmaatreëls sluit die volgende in

  • Hortjies, vensters en deure word toegespyker.
  • Alle los voorwerpe word weggepak of aan swaar meubels en bome vasgebind sodat dit nie kan wegwaai nie. Rondvlieënde voorwerpe rig gewoonlik baie skade aan en kan mense se dood veroorsaak.
  • Sandsakke word opgestapel in gebiede waar oorstromings verwag word om die grootste impak van die oorstroming te stuit.
  • Ontruiming van mense en hulle besittings uit die area.

Aktiwiteit 3:

Om planne te beraam om mense in ‘n rampgebied te help

[LU 2.3]

1. Jy is die leier van ‘n noodleningspan wat deur die Rooikruis na ‘n tropiese sikloon-rampgebied gestuur word. Beraam ‘n plan om die mense wat geraak is te help. Watter maatreëls sal jy eerste tref? Hoeveel tyd sal jou reddingsoperasie in beslag neem?

2. Watter voorsorgmaatreëls kan getref word om die uitwerking van tropiese siklone tot die minimum te beperk? Bestudeer die Amerikaanse Weerburo se sikloon-waarskuwingsplakkaat hiernaas om jou te help met jou antwoorde.

Figure 4
Figure 4 (Picture 15.png)

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 ondersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko’s en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing].

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks