Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Vulkane

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Aardrykskunde Graad 7"

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

SOSIALE WETENSKAPPE

Graad 7

NATUURGEVARE

Module 4

VULKANE

1. Vulkane

1.1 Die voorkoms en oorsake van vulkane.

Die gesmelte rots onder die aarde word magna genoem. Wanneer dit op die aardoppervlakte uitvloei, word dit lawa genoem. Oor die presiese oorsake van vulkaniese uitbarstings dink die geleerde mense egter nog nie eenders nie. Niemand kan in die hart van die aarde gaan kyk wat aangaan nie.

Ons weet wel dat die aardkors so swaar op die magma van die mantel rus, dat hierdie vloeibare rots byna soos ‘n pitseer se pit deur ‘n swak plek in die aardkors na boontoe gedruk word. Hierdie gesteentes het ‘n temperatuur van tussen 800ºC en 1 500º C.

As jy ‘n gaskoeldrankblikkie vat en jy skud dit, sal die koeldrank uitspuit as jy dit oopmaak. ‘n Vulkaan werk presies dieselfde – gesmelte rots bars deur die swak plekke in die aardkors en die lawa, rotsblokke en as word die lug ingeskiet.

Die lawa stol en vorm nuwe rotse wat ons stollingsgesteentes noem.

Party vulkane se lawa is baie loperig en vloei ver oor die oppervlakte voordat dit stol. Dun plate stollingsgesteentes word so gevorm. Ander vulkane bou weer ‘n koepel op omdat die lawa taaier is en dus nie ver kan vloei nie.

Soorte vulkane

Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)
Figure 2
Figure 2 (Picture 2.png)
Figure 3
Figure 3 (Picture 3.png)

Met ‘n geweldige uitbarsting kan die koepel se kop heeltemal weggeskiet word en ‘n oop gat ontstaan wat ‘n kaldera genoem word.

Vandag is daar maar ± 450 aktiewe vulkane op die aarde. Hulle hou gelukkig nie altyd aan met uitbars nie en word dan rustende of passiewe vulkane genoem.

Waar kom die meeste vulkane voor?

Daar is sowat 500 vulkane in die wêreld en hulle kom net op sekere plekke voor. Hierdie plekke lê op die rand van die groot plate van die aardkors. As hierdie plate beweeg, ontstaan vulkaniese uitbarstings en aardbewings.

Figure 4
Figure 4 (graphics1.png)

Die verspreiding van die vernaamste vulkaan- en aardbewinggebiede van die aarde

Watter vulkane het die meeste verwoesting aangerig ?

Die vulkaan wat die ergste verwoesting nog aangerig het, is Krakatoa in Indonesië. Dit het in 1883 uitgebars en meer as 36 000 mense het gesterf. Die knal is 5 000 km ver gehoor en die lugbesoedeling het vir jare nog koperkleurige sonsondergange op die aarde veroorsaak.

Nog ‘n bekende voorbeeld van ‘n verwoestende vulkaan is die uitbarsting van berg Vesuvius, wat in 79 n.C. die stad Pompeji in die Baai van Napels heeltemal onder vulkaniese rotse en as begrawe het.

2. Die uitwerking (gevolge) van vulkane op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite

In die swart hemel van die nag vonkel duisende liggies. Op ‘n afstand lyk dit na ‘n ontsaglike vuurwerkvertoning soos die vulkaan in gloeiende rotse en strome van vuur ontplof. Rotse en as word die lug in geskiet en veroorsaak lugbesoedeling.

Oor die rand van die krater kruip die rivier van rooi, rokende lawa – warm bloed van die lewende aarde, soos iemand dit al treffend beskryf het.

Kilometers ver vloei dit miskien deur vrugbare valleie, verteer dit elke grashalm en selfs bome op sy pad. Maar ook huise verkrummel en stede word onder die voortstuwende gloed begrawe. Mense wat dit oorleef, vlug van die hange af ; warm as reën op hulle neer. Lewensverliese kom ook voor omdat mense versmoor as gevolg van die verstikkende swaelgasse en asreën wat ontstaan.

En op ‘n ander plek op aarde, op die verlate kaalte van die oop see, worstel ‘n vulkaan op uit die water om binne ‘n kort tydjie vir hom ‘n plekkie in die son te verseker. ‘n Splinternuwe eiland is gebore. Tsunami’s ontstaan en kan laagliggende baaie en eilande oorstroom en verwoes.

Onder die dobberende kors van ons woelige planeet is ‘n ander woelige wêreld van gesmelte gesteentes. Dié kan uitbars om hier bo te verwoes, maar soms verrassend, ook om dinge te skep. ‘n Proses wat deur die eeue aan die gang is.

[Huisgenoot se Jongspan, 4 Junie 1987 ]

Ons het reeds gesien dat vulkane ook positiewe gevolge kan hê. As die lawa stol, vorm stollingsgesteentes waarin edelstene soos diamante gevorm word. Dit kan finansiële welvaart vir ‘n land beteken.

As hierdie lawarots of stollingsgesteentes oor miljoene jare verweer, vorm dit vrugbare grond wat goed is vir die aanplant van gewasse. Voedsel word dus aan die wêreld voorsien.

Warmwaterbronne kom volop naby vulkane voor. Die warmwaterbronne is natuurlik groot toeriste-aantreklikhede. In kouer lande word dit selfs gebruik om warm water aan geboue te verskaf en ook vir die verhitting van geboue.

Aktiwiteit 1:

Om die gevolge van vulkane op mense en die omgewing te bespreek

[LU 2.1, 2.2]

1. Lees die voorafgaande tydskrifartikel sorgvuldig deur. Bespreek nou in groepe die gevolge wat vulkane het op:

a) Die mens

b) Die omgewing

  1. Versamel prentjies, foto’s en uitknipsels van vulkane. Bring dit na jou klaskamer en hou besprekings daaroor. Vul jou aantekeninge daarmee aan.

3. Hoekom sommige mense ’n hoër risiko as ander is

Rampe ken geen perke nie, maar as jy na figuur 8 kyk, sal jy sien dat vulkane meer dikwels in sekere areas voorkom as in ander.

Mense maak dus ‘n bewustelike keuse om naby ‘n vulkaan te bly. Soms is daar selfs baie digbevolkte gebiede baie naby ‘n vulkaniese area. Ekonomiese oorwegings soos werkvoorsiening en finansiële welvaart tel baie keer meer as veiligheid teen die potensiële gevaar van ‘n vulkaan wat moontlik kan uitbars.

Net soos by aardbewings kan ontwikkelde gebiede die impak van ‘n vulkaan baie beter hanteer. Waarskuwings kan betyds uitgesaai word en ontruiming kan vooraf plaasvind. Nasorgdienste is bykans onmiddellik beskikbaar en menselewens kan betyds gered word.

Dit is egter waar digbevolkte gebiede in die ontwikkelende lande naby ‘n vulkaan gekonsentreer is dat daar groot probleme ontstaan. Kommunikasiestelsels is baie swak en vroegtydige waarskuwings kan nie by die mense uitkom nie. Gesondheidsorg is baie swak en nooddienste kom bykans nie voor nie. Brande wat uitbreek, verwoes lewens en eiendom. Nasorgdienste is swak en baie mense sterf omdat hulle nie betyds gehelp word nie.

4. Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarvermindering

Wetenskaplikes bestudeer ook gedurig die aktiewe vulkane van die wêreld en probeer voorspellings maak. Soms is hulle suksesvol, maar baie keer nie. Ons kan nie sien wat in die dieptes van die aardkors aangaan nie en daarom is die daarstelling van nasorg- en noodmaatreëls so belangrik in vulkaniese gebiede.

Aktiwiteit 2:

Om te besin oor noodmaatreëls in vulkaniese gevaargebiede

[LU 2.3]

1. Hoekom besluit mense om te woon in gebiede waar daar vulkaniese uitbarstings voorkom ? Dink goed hieroor na en gee dan jou opinie.

2. Verbeel jou jy bly in ‘n area waar daar vulkaniese uitbarsting voorkom. Stel ‘n lys met noodmaatreëls op wat in werking gestel moet word voor, tydens en na ‘n uitbarsting.

3. Versamel koerantberigte oor enige onlangse vulkaniese uitbarsting. Hou klasbesprekings daaroor en noem die gevolge wat dit gehad het.

4. Watter hulp is deur die eerstewêreldlande aan hierdie mense gebied? Kon meer gedoen word?

Interessante feit

Die ontsaglike krag wat in ons aarde se ingewande voorkom, laat ‘n mens eintlik bang word en laat jou aan die dood en verwoesting wat dit saai, dink.

Kom ons sluit egter positief af. Dalk kan ons nog eendag dié kragte inspan vir ‘n geriefliker lewe op aarde. Ons kan dalk maniere vind om hierdie krag te tem en elektrisiteit daarmee op te wek. Dink aan die impak wat so ‘n nuwe energiebron op ons bestaan kan hê!

‘n Webblad soos die volgende bevat nogal interessante inligting oor vulkane:

http://volcano.und.nodak.edu/

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 ondersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko’s en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing].

Memorandum

Aktiwiteit 1:

1. a) Die mens

  • Lawa verteer en /of laat huise en stede verkrummel.
  • Mense word deur die lawa verswelg.
  • Ander word deur die verstikkende swaelgasse en asreën verswelg en versmoor.
  • Mense verdrink as gevolg van tsoenami’s wat oor laagliggende gebiede ingespoel word.

b) Die natuur

  • Die natuurlike omgewing word geheel en al verwoes of verander deur ‘n vulkaan.
  • Rotse en as wat die lug ingeslinger word, veroorsaak lugbesoedeling.
  • Lawa vloei oor vrugbare valleie en verteer alle plantegroei.
  • Vuurwarm modderstrome verswelg stede en mense.
  • Tsoenami’s ontstaan in die see en kan laagliggende gebiede en eilande oorstroom.
  • Nuwe eilande ontstaan as gevolg van vulkaanuitbarstings onder die see.
  • Die natuurlike omgewing word omskep in iets nuuts. Stollingsgesteentes ontstaan, wat oor miljoene jare baie vrugbare grond vorm vir voedselproduksie.
  • Edelgesteentes word in stollingsgesteentes gevorm, soos diamante. Dit kan groot finansiële implikasies vir ‘n land inhou.
  • Warmwaterbronne is volop naby vulkane en lok toeriste. Die warm water word ook vir verhitting van geboue aangewend.

2. Leerders bring foto’s, prentjies en uitknipsels van vulkane na die klaskamer. Hou ‘n klasbespreking en vul aantekeninge aan.

Aktiwiteit 2:

1. Mense neem ‘n bewuste besluit om naby ‘n vulkaan te bly.

Ekonomiese oorwegings soos werkvoorsiening en finansiële welvaart tel baie keer meer as die potensiële gevaar van ‘n nabygeleë vulkaan.

2. a) Voor ‘n vulkaniese uitbarsting

  • Vulkane word deur seismograwe gemonitor en waarskuwings word uitgereik.
  • Areas moet ontruim word, indien voortekens voorkom.
  • Mense woonagtig in sulke areas moet altyd sorg dat hul noodvoorrade byderhand het.

b) Tydens ‘n vulkaniese uitbarsting

  • Mense moet so vinnig as moontlik uit die area wegkom.
  • Luister gedurig na nuusberigte sodat die verloop van die uitbarsting gevolg kan word.
  • Dra gasmaskers as beskerming teen swaelgasse.

c) Na ‘n vulkaniese uitbarsting

  • Opruiming van die area moet geskied en hulpverskaffing moet verleen word deur eerstewêreldlande.

3. Versamel koerantberigte oor enige onlangse vulkaniese uitbarsting en hou ‘n klasbespreking.

4. Eerstewêreldlande verleen finansiële hulp na so ‘n ramp.

Hulle stuur ook so spoedig moontlik noodspanne om te help met opruiming, mediese dienste en voedselvoorsiening.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks