Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 7
1. Droogtes
1.1 Die voorkoms en ontstaan van droogtes
1.1.1 Wat is droogtes?
‘n Droogte is ‘n aanhoudende en langdurige tydperk waartydens daar geen neerslag voorkom nie. Dit hang dus saam met ‘n gebrek aan water, maar dit lei nie altyd tot ‘n ramp nie. Dit is die verhouding tussen die gemeenskap en sy omgewing wat bepaal of ‘n droogte in ‘n ramp sal ontaard of nie. Eenmalige droogtes kom selde skielik voor. Dit bekruip ‘n gemeenskap gewoonlik oor ‘n tydperk van jare.
1.1.2 Waar kom droogtes voor?
Bestudeer figuur 1 op bl. 2. Dit is ‘n wêreldkaart wat aandui waar die meeste droogtes voorkom. Jy sal opmerk dat sekere lande meer deur droogtes getref word as ander, maar dat die Afrika-kontinent, Indië, China, Suid-Amerika en Australië die swaarste gebuk gaan onder ernstige droogtes.
![]() |
![]() |
a) Maak ‘n skatting watter persentasie van Suid-Afrika ‘n neerslag van minder as 500 mm per jaar kry.
b) Waar in Suid-Afrika is die waarskynlikheid die grootste dat droogtes sal voorkom? Hoekom?
c) Waar in Suid-Afrika is dit die minste waarskynlik dat droogtes sal voorkom? Hoekom?
d) Noem die maniere waarop ‘n boer in die Noord-Kaap voorsorg kan tref vir toekomstige droogtes.
1.1.3 Wat veroorsaak droogtes?
Water is noodsaaklik vir lewe op aarde. ‘n Droogte ontstaan as gevolg van ‘n tekort aan water. Baie mense dink dat ‘n droogte net ontstaan omdat dit nie reën nie. ‘n Afname in neerslag veroorsaak wel droogtes, maar dit is nie die enigste oorsaak nie.
Bestudeer tabel 1 wat aantoon hoe ander faktore rampspoedige toestande wat met droogtes verband hou, kan veroorsaak.
Tabel 1:
![]() |
Klimaatsverandering het dus wel te doen met droogtes, maar swak omgewingsbestuur het ‘n groter invloed op die rampspoedige invloed van ‘n droogte.
1.2 Die uitwerking (gevolge) van droogtes op die lewens van mense en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite
Gedurende ‘n tydperk van ongeveer 10 jaar word ongeveer 60 miljoen mense wêreldwyd deur droogtes geaffekteer en hierdie syfer is steeds besig om te styg. In die 1990’s is 35 miljoen mense in Afrika alleen deur droogtes geraak. Wat sal die situasie wees in die jare wat voorlê?
Bestudeer die volgende lys van gevolge van droogtes:
geen wisselbou
misoeste
hongersnood: minder voedsel geproduseer
lewensverlies
putte droog op as gevolg van verlaagde watertafel
lewende hawe word op groot skaal geslag: vleispryse daal
hidro-elektriese aanlegte kan ophou werk: kragpryse styg
ongeskoolde arbeiders verdien min inkomste: armoede
waterbeperkings word ingestel
nywerhede word deur ‘n gebrek aan water benadeel
plantegroei vrek en verdwyn
stofkomme ontstaan op kaal grond en lugbesoedeling vererger
werkers verloor hul poste en het geen inkomste om van te lewe nie: werkloosheid veroorsaak misdaad
groeiende bevolking plaas meer druk op die omgewing en ‘n rampspoedige mallemeule ontwikkel
watervlakke van riviere en damme daal en sommige droog heeltemal op: visse vrek
veroorsaak ‘n daling in die bruto binnelandse produk (BBP) van ‘n land
verwoestyning van randgebiede
mense word gedwing om uit droogte-geteisterde areas te migreer: baie ongeskoold
Persentasie woestyn- en halfwoestyngebiede van Afrika:
1.3 Hoekom sommige mense ‘n hoër risiko as ander is
Dit is belangrik om te onthou dat dit die verhouding tussen die mens en sy omgewing is wat bepaal of die droogte in ‘n ramp gaan ontaard.
As ons weer na figuur 1 (wêreldkaart van waar droogtes die meeste voorkom) kyk, sal ons sien dat droogtes meesal voorkom in die armer, ontwikkelende lande van die wêreld. Waarom?
Rampdroogtes kom ook in ontwikkelde gebiede voor, soos tans in die Wes-Kaap in Suid-Afrika. Ons kan egter sê dat vermoënde mense minder deur droogtes geraak word. Hulle kan oorleef omdat hulle ander bates het wat hulle deur die moeilike tye kan dra. Die groot, ryk boere en/of maatskappye is egter soms self besig om die omgewing te vernietig met hulle enorme ontwikkelings.
1.4 Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarvermindering
As jy die koerant lees of na die nuus luister of kyk, sal jy sonder twyfel van ‘n droogtetoestand iewers in Suid-Afrika kennis neem. Kyk weer na figuur 2 wat die droë streke van Suid-Afrika aantoon. Dis dus nie verbasend dat Suid-Afrika baie droogtes sal beleef nie.
Is daar moontlike oplossings vir die droogte-probleem? Sulke stappe is nie altyd uitvoerbaar nie, maar sluit in:
a) die oorsake
c) die moontlike oplossings vir rampspoedige droogtes
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 ondersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko’s en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing]. |
Aktiwiteit 1:
1. Die area lê ver wes van die reënryke ooskus waar warm, vogtige lug die land instroom. Soos die warm, vogtige lug weswaarts beweeg, reën dit in die oostelike berglandskap, sodat die meeste van die vog dus nooit die westekant van die land bereik nie.
2. Die weskus lê ook langs die Atlantiese Oseaan met sy koue Bengula-seestroom waar opwaartse lugbeweging en kondensasie nie moontlik is nie (slegs warm lug beweeg opwaarts). Reën kan dus nie maklik gevorm word nie.
3. Verdamping uit die grond, damme en gewasse is ook groot in die droë westelike areas.
c) Die oostelike dele van Suid-Afrika
Die ooskus lê langs die Indiese Oseaan waar die warm Mosambiek-seestroom vloei. Die lug bo-op die water word dus ook verhit, styg op, kondenseer en vorm wolke wat die land ingewaai word en reën bring. Oos van die Drakensberge sal dit dus meer reën as gevolg van die topografiese aard van die land. Aan die westekant van die Drakensberge sal die reën weswaarts afneem soos die lug droër word. Die vogtige lug word tydens die somer oor die berge gestoot as gevolg van die verhoogde kondensasievlak (lug wat meer water bevat, is ligter). Reën aan die westekant van die berge kom dus in die somer voor.
d) 1. Bou van damme om water op te gaar.
2 Ontsouting van water.
3. Grawe boorgate en rig windpompe op.
4. Lê water aan met pypleidings.
5. Die versigtige bestuur van die grond en verstandige, toepaslike boerderymetodes.
6. Beheer van gronderosie. Minder vee per hektaar sal oorbeweiding beperk en gronderosie voorkom.
7. Aanplant van bome en ander gewasse.
8. Saai van droogtebestande saad.
Aktiwiteit 2:
Die algehele effek van hierdie menslike aktiwiteite is dat ‘n produktiewe land in ‘n droë, onvrugbare gebied kan verander. Hierdie toestande word dikwels deur droogtes vererger.
Aktiwiteit 3:
Leerders doen eie navorsing oor ‘n spesifieke droogte wat Suid-Afrika getref het. Dink hier maar aan die droogte wat die Suidwes-Kaap in 2004/ 2005 getref het.
c) Moontlike oplossings