Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Aardrykskunde Graad 7 » Droogtes

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Droogtes

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

Graad 7

NATUURGEVARE

Module 5

DROOGTES

1. Droogtes

1.1 Die voorkoms en ontstaan van droogtes

1.1.1 Wat is droogtes?

‘n Droogte is ‘n aanhoudende en langdurige tydperk waartydens daar geen neerslag voorkom nie. Dit hang dus saam met ‘n gebrek aan water, maar dit lei nie altyd tot ‘n ramp nie. Dit is die verhouding tussen die gemeenskap en sy omgewing wat bepaal of ‘n droogte in ‘n ramp sal ontaard of nie. Eenmalige droogtes kom selde skielik voor. Dit bekruip ‘n gemeenskap gewoonlik oor ‘n tydperk van jare.

1.1.2 Waar kom droogtes voor?

Bestudeer figuur 1 op bl. 2. Dit is ‘n wêreldkaart wat aandui waar die meeste droogtes voorkom. Jy sal opmerk dat sekere lande meer deur droogtes getref word as ander, maar dat die Afrika-kontinent, Indië, China, Suid-Amerika en Australië die swaarste gebuk gaan onder ernstige droogtes.

Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)

Aktiwiteit 1:

Om die droë streke van Suid-Afrika te bestudeer

[LU 2.1]

  • Bestudeer figuur 2 oor die droë streke van Suid-Afrika en beantwoord dan die vrae wat volg.
Figure 2
Figure 2 (Picture 3.jpg)

a) Maak ‘n skatting watter persentasie van Suid-Afrika ‘n neerslag van minder as 500 mm per jaar kry.

b) Waar in Suid-Afrika is die waarskynlikheid die grootste dat droogtes sal voorkom? Hoekom?

c) Waar in Suid-Afrika is dit die minste waarskynlik dat droogtes sal voorkom? Hoekom?

d) Noem die maniere waarop ‘n boer in die Noord-Kaap voorsorg kan tref vir toekomstige droogtes.

1.1.3 Wat veroorsaak droogtes?

Water is noodsaaklik vir lewe op aarde. ‘n Droogte ontstaan as gevolg van ‘n tekort aan water. Baie mense dink dat ‘n droogte net ontstaan omdat dit nie reën nie. ‘n Afname in neerslag veroorsaak wel droogtes, maar dit is nie die enigste oorsaak nie.

Bestudeer tabel 1 wat aantoon hoe ander faktore rampspoedige toestande wat met droogtes verband hou, kan veroorsaak.

Tabel 1:

Figure 3
Figure 3 (Picture 4.png)

Klimaatsverandering het dus wel te doen met droogtes, maar swak omgewingsbestuur het ‘n groter invloed op die rampspoedige invloed van ‘n droogte.

1.2 Die uitwerking (gevolge) van droogtes op die lewens van mense en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite

Gedurende ‘n tydperk van ongeveer 10 jaar word ongeveer 60 miljoen mense wêreldwyd deur droogtes geaffekteer en hierdie syfer is steeds besig om te styg. In die 1990’s is 35 miljoen mense in Afrika alleen deur droogtes geraak. Wat sal die situasie wees in die jare wat voorlê?

Bestudeer die volgende lys van gevolge van droogtes:

geen wisselbou

misoeste

hongersnood: minder voedsel geproduseer

lewensverlies

putte droog op as gevolg van verlaagde watertafel

lewende hawe word op groot skaal geslag: vleispryse daal

hidro-elektriese aanlegte kan ophou werk: kragpryse styg

ongeskoolde arbeiders verdien min inkomste: armoede

waterbeperkings word ingestel

nywerhede word deur ‘n gebrek aan water benadeel

plantegroei vrek en verdwyn

stofkomme ontstaan op kaal grond en lugbesoedeling vererger

werkers verloor hul poste en het geen inkomste om van te lewe nie: werkloosheid veroorsaak misdaad

groeiende bevolking plaas meer druk op die omgewing en ‘n rampspoedige mallemeule ontwikkel

watervlakke van riviere en damme daal en sommige droog heeltemal op: visse vrek

veroorsaak ‘n daling in die bruto binnelandse produk (BBP) van ‘n land

verwoestyning van randgebiede

mense word gedwing om uit droogte-geteisterde areas te migreer: baie ongeskoold

Aktiwiteit 2:

Om die uitwerking van droogtes op gebiede en mense te bekyk

[LU 2.3]

  • Gebruik die inligting van hierdie afdeling om die volgende vrae te beantwoord:

Persentasie woestyn- en halfwoestyngebiede van Afrika:

  1. Watter kontinente word die meeste deur droogtes geraak?
  2. Hoe sal mense, woonagtig in droogte-geteisterde gebiede, die meeste geraak word? Probeer bostaande lys aanvul met jou eie idees en kennis.
  3. Verduidelik die volgende stelling: Droogtes kan veroorsaak en selfs vererger word deur aktiwiteite van mense.

1.3 Hoekom sommige mense ‘n hoër risiko as ander is

Dit is belangrik om te onthou dat dit die verhouding tussen die mens en sy omgewing is wat bepaal of die droogte in ‘n ramp gaan ontaard.

As ons weer na figuur 1 (wêreldkaart van waar droogtes die meeste voorkom) kyk, sal ons sien dat droogtes meesal voorkom in die armer, ontwikkelende lande van die wêreld. Waarom?

  • As gevolg van hul agtergeblewenheid glo hulle dat mag nog steeds in getalle lê en dat ouers baie kinders moet hê wat eendag na die ouers kan omsien. Dit veroorsaak baie geboortes en ‘n groeiende bevolking.
  • Voedsel word slegs vir eie huishoudelike gebruik gekweek. Geen bemesting word toegedien nie. Oor jare verarm die grond en die oesopbrengste verlaag. Minder voedsel word geproduseer.
  • Grond word oor ‘n lang tydperk wangebruik en geen kunsmis word bygevoeg nie.
  • Besproeiing, indien beskikbaar, word verkeerdelik aangewend en vererger erosie.
  • Die besit van ‘n veekudde is vir die mense van groot belang, want dit verteenwoordig groot rykdom. Te veel vee word op ‘n stuk grond gelaat en oorbeweiding veroorsaak vernietiging van plantegroei, sodat erosie intree.
  • Erosie verwyder die vrugbare bo-grond, die grond verarm en die produksie verlaag verder.
  • Arm mense het ook nie elektriese krag tot hul beskikking nie en moet van brandhout gebruik maak vir hitte. Baie bome word dus vernietig vir brandhout. Dit benadeel weer die grond se waterhouvermoë en water verdamp vinniger.

Rampdroogtes kom ook in ontwikkelde gebiede voor, soos tans in die Wes-Kaap in Suid-Afrika. Ons kan egter sê dat vermoënde mense minder deur droogtes geraak word. Hulle kan oorleef omdat hulle ander bates het wat hulle deur die moeilike tye kan dra. Die groot, ryk boere en/of maatskappye is egter soms self besig om die omgewing te vernietig met hulle enorme ontwikkelings.

1.4 Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarvermindering

As jy die koerant lees of na die nuus luister of kyk, sal jy sonder twyfel van ‘n droogtetoestand iewers in Suid-Afrika kennis neem. Kyk weer na figuur 2 wat die droë streke van Suid-Afrika aantoon. Dis dus nie verbasend dat Suid-Afrika baie droogtes sal beleef nie.

Is daar moontlike oplossings vir die droogte-probleem? Sulke stappe is nie altyd uitvoerbaar nie, maar sluit in:

  • bou van damme om water op te gaar
  • sink boorgate en rig windpompe op
  • ontsouting van seewater
  • watervoorsiening deur middel van pypleidings
  • die smelt van ysberge
  • wolkbesaaiing en reënmakery
  • bevolkingsbestuur
  • versigtige bestuur van grond en waterbronne
  • beheer van gronderosie
  • aanplant van bome
  • droogte-bestande saad om grond te probeer herwin

Aktiwiteit 3:

Om ‘n gevallestudie oor ‘n ernstige droogte wat die land getref het, te doen

[LU 2.3]

  • Doen ‘n gevallestudie van ‘n baie ernstige droogte wat Suid-Afrika getref het. Vergelyk dit met die inligting wat jy tot dusver opgedoen het en skryf dan ‘n opstel oor:

a) die oorsake

  1. a) die gevolge

c) die moontlike oplossings vir rampspoedige droogtes

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 ondersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko’s en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing].

Memorandum

Aktiwiteit 1:

  1. a) Ongeveer 60%
  2. b) Noordwes-Kaap en die Karoo

1. Die area lê ver wes van die reënryke ooskus waar warm, vogtige lug die land instroom. Soos die warm, vogtige lug weswaarts beweeg, reën dit in die oostelike berglandskap, sodat die meeste van die vog dus nooit die westekant van die land bereik nie.

2. Die weskus lê ook langs die Atlantiese Oseaan met sy koue Bengula-seestroom waar opwaartse lugbeweging en kondensasie nie moontlik is nie (slegs warm lug beweeg opwaarts). Reën kan dus nie maklik gevorm word nie.

3. Verdamping uit die grond, damme en gewasse is ook groot in die droë westelike areas.

c) Die oostelike dele van Suid-Afrika

Die ooskus lê langs die Indiese Oseaan waar die warm Mosambiek-seestroom vloei. Die lug bo-op die water word dus ook verhit, styg op, kondenseer en vorm wolke wat die land ingewaai word en reën bring. Oos van die Drakensberge sal dit dus meer reën as gevolg van die topografiese aard van die land. Aan die westekant van die Drakensberge sal die reën weswaarts afneem soos die lug droër word. Die vogtige lug word tydens die somer oor die berge gestoot as gevolg van die verhoogde kondensasievlak (lug wat meer water bevat, is ligter). Reën aan die westekant van die berge kom dus in die somer voor.

d) 1. Bou van damme om water op te gaar.

2 Ontsouting van water.

3. Grawe boorgate en rig windpompe op.

4. Lê water aan met pypleidings.

5. Die versigtige bestuur van die grond en verstandige, toepaslike boerderymetodes.

6. Beheer van gronderosie. Minder vee per hektaar sal oorbeweiding beperk en gronderosie voorkom.

7. Aanplant van bome en ander gewasse.

8. Saai van droogtebestande saad.

  • Die mensdom se gedrag moet in totaliteit verander en almal moet meer betrokke raak by omgewingsbewaring.

Aktiwiteit 2:

  1. Afrika, Suid-Amerika, Indië, China en Australië.
  2. Vul bestaande lys aan met eie idees.
  3. Aktiwiteite deur mense soos:
  • oorbeweiding van grond;
  • oorbewerking van grond;
  • verwydering van bome en totale ontbossing van areas;
  • bevolkingsdruk op die gebied as gevolg van oorbevolking; swak besproeiing wat versouting en / of verkalking van die grond veroorsaak, vererger die effek van droogtes. (Die sout in die grond word boontoe gestoot weens ‘n styging van die watertafel wat deur besproeiing veroorsaak word.)

Die algehele effek van hierdie menslike aktiwiteite is dat ‘n produktiewe land in ‘n droë, onvrugbare gebied kan verander. Hierdie toestande word dikwels deur droogtes vererger.

Aktiwiteit 3:

Leerders doen eie navorsing oor ‘n spesifieke droogte wat Suid-Afrika getref het. Dink hier maar aan die droogte wat die Suidwes-Kaap in 2004/ 2005 getref het.

  • Skryf ‘n opstel onder die volgende opskrifte:
  1. a) Oorsake
  2. b) Gevolge

c) Moontlike oplossings

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks