Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Aardrykskunde Graad 7 » Hoekom mense migreer

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Hoekom mense migreer

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

Graad 7

BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING

Module 7

HOEKOM MENSE MIGREER

1. Hoekom migreer mense?

Vir eeue al beweeg mense van hul woonplekke af na plekke waar hulle dink beter lewensomstandighede op hul wag, behalwe in gevalle waar dit gedwonge verskuiwings is, en mense geen keuse het nie.

Permanente verhuisings word grootliks deur die volgende beïnvloed:

klimaat: (aangename temperatuur – tussen 10°C en 30°C – en gemaklike lugvogtigheid);

ekonomie: (mense gaan waar geld te maak is, al is die klimaat onaangenaam);

politieke besluite: (’n land se regering kan deur sy besluite ’n verskuiwing teweegbring).

Maar daar is ‘n verdere keuse: in die stad of op die platteland?

Die meeste van julle woon in stede of groot dorpe! Dit is ‘n feit, want meer as die helfte van ons land is VERSTEDELIK. Dit beteken dat meer as 50% van ons land se mense in groot dorpe of stede woon.

[Sulke syfers word met sensusopnames vasgestel.]

Aktiwiteit 1:

Om vrae oor bevolkingsdigtheid en verstedeliking te bespreek

[LU 1.2]

Bevolkingsverspreidingskaarte bevestig dat die mensdom op sekere plekke gekonsentreer is. Dit is natuurlik ook waar van ons land. Eers sedert 50 jaar gelede kon ons sê dat die meeste mense in ons land in en om stede en baie groot dorpe saamgetrek is. In Suid-Afrika duur die migrasie van die platteland na die stad steeds voort.

Statistiek oor hoe vinnig verstedeliking in die verlede in Europa plaasgevind het:

1. Brittanje:

1800 – 25% van die bevolking verstedelik

1900 – 75% van die bevolking verstedelik

2000 – meer as 95%

2. Die stad Milaan in Italië:

Tussen 1951 en 1956 het die inwonertal van dié stad met 1,5 miljoen toegeneem! Nie minder nie as 70% van hierdie nuwe intrekkers was uit die platteland van Suid-Italië afkomstig. Kan jy dink waarom? Noem ‘n soortgelyke voorbeeld in Suid-Afrika.

Het jy enige idee wat die bevolking van jou dorp of stad is? Die groeplede kan raai en daaroor argumenteer en dit neerskryf. Daarna kan julle die regte inligting opspoor en jul eerste antwoorde daarmee vergelyk.

Sou jy sê dat die bevolkingsdigtheid van jou woonplek besig is om toe te neem of af te neem? Gaan meer mense weg, of trek meer mense daarheen as vroeër? Waaraan kan mens dit sien? Waarom gebeur dit? Of bly dit konstant?

Gesels met jou ouers of ander inwoners hieroor. Vra ‘n amptenaar van die stadsraad of munisipaliteit, of ‘n streeksbeplanner om hieroor te kom gesels. (Uitnodigingsbrief skakel met taal).

1.1 Hoekom verkies mense ‘n stedelike leefwyse?

Julle weet reeds dat verstedeliking ‘n wêreldwye verskynsel is. Soos die wêreldbevolking toeneem, groei die behoefte aan woonplek. Daardie woonplek word oorwegend in stede en groot dorpe geskep, want dit is waar die meeste mense wil bly. Stede en groot dorpe word dus groter en groter, terwyl kleiner dorpies meestal kwyn.

Bestudeer die grafiek en kyk waar ons land inpas. Hier word net ‘n paar lande genoem sodat julle kan vergelyk. Daar is state, eilandstate soos Singapoer en Bermuda, wat 100% verstedelik is. Monaco, die klein staatjie aan die Middellandse See, is ook 100% verstedelik. In werklikheid is dié staat ‘n stad!

Aktiwiteit 2:

Om in klein groepies vrae oor migrasie te beantwoord

[LU 1.5]

Afdeling A (Hierdie deel doen jy en jou bankmaat of julle klein groepie saam.)

  • In Suid-Afrikaanse verband, dink aan redes hoekom mense:

a) in die land MIGREER:

b) uit die land EMIGREER:

c) na die land IMMIGREER:

Table 1
Verstedeliking In persentasie uitgedruk
  102030405060708090
Australië          
           
Argentinië           
           
Frankryk           
           
Suid-Afrika           
           
Namibië           
           
Zimbabwe           
           
Ethiopië          
Afdeling B (In hierdie deel word al die groepe se antwoorde op die skryfbord gelys – die aanvaarde antwoorde van die eerste groep, en daarna alle nuwe redes van die ander groepe.)

  • Hou dan ‘n kort klasbespreking en besluit saam op die (drie tot vyf) vernaamste redes vir binnelandse migrasie (beweging in die land self) in Suid-Afrika. Skryf dit hieronder neer.

Aktiwiteit 3:

Om te bepaal waar mense wil woon – in die stad of op die platteland

[LU 3.3]

  • Op die volgende bladsy word 15 frases alfabeties aangedui – sommige dui op die keuse om nie op die platteland te woon nie, terwyl die ander dui op die aantreklikheid van die stad. Die trek na die stad behels dus gelyktydig die ontvolking van die platteland en verstedeliking.

Opdrag:

Plaas ‘n O in die blokkie by die frases wat op die ontvolking van die platteland dui, en ‘n V in die blokkies langs die frases wat op die aantreklikheid van die stad wys.

Table 2
     
(a) Fabrieke bied baie werkgeleenthede  
(b) Gebrek aan hospitale  
(c) Genoeg goeie skole en kort afstande daarheen  
(d) Gewoonlik hoër salarisse en lone  
(e) Groot verskeidenheid vermaak en ontspanning beskikbaar  
(f) Groot verskeidenheid werkgeleenthede beskikbaar  
(g) Kan makliker van werk verander  
(h) Kinders meestal ver van skole af  
(i) Meganisasie lei tot minder werkgeleenthede  
(j) Moeilik om sonder openbare vervoer oor die weg te kom  
(k) Ruim verskeidenheid openbare vervoer  
(l) Te lae lone in sommige gevalle  
(m) Te stil vir mense wat baie van geselskap hou  
(n) Voldoende gesondheidsdienste en hospitale  
(o) Werkgeleentheid op klein dorpies baie beperk  
     

2. Die oorsake en gevolge van die grootskaalse binnelandse migrasie in S.A.

Bestudeer die vier koerantberigte wat hoofsaaklik oor die oorsake en gevolge van die migrasie tussen die Oos- en die Wes-Kaap handel. Van die grootste uitdagings vir die provinsiale en plaaslike regerings word in die beriggies genoem.

WKOD IN GELDKNYP OOR KINDERS VAN ELDERS SY SKOLE OORSTROOM

Jorisna Bonthuys

KAAPSTAD - Die toestroming van duisende leerlinge van elders in die land na die Wes-Kaap dra by tot oorvol skole en die provinsiale onderwysdepartement se geldelike verknorsing.

Minstens 33 000 van die sowat 900 000 leerlinge in die Wes-Kaap kom van ander provinsies. Talle is van die Oos-Kaap.

Benewens die WKOD se jaarlikse begroting van R4,2 miljard is nog R800 miljoen nou nodig. Hoewel 58 skole sedert 1995 gebou is, is tot 2 500 klaskamers (of 81 skole) nodig om in die leerlinge se behoeftes te voorsien.

Die provinsiale Minister van Onderwys het gesê dit is onmoontlik dat bykomende geld gevind kan word. Volgens die minister is die huidige begroting reeds onvoldoende. Hoewel die onderwysowerhede vir die koms van dié leerlinge voorsiening probeer maak het, het die groot toename alle verwagtings oortref.

Volgens die hoofde van veertien hoërskole in die Khayelitsha-omgewing, het tot 3 000 meer leerlinge hulle daar aangemeld, terwyl sowat 2 000 kinders nog nie by skole ingeskryf is nie.

Kenners meen die Gautengse Onderwysdepartement ondervind waarskynlik dieselfde probleem. “Verstedeliking is ‘n wêreldwye verskynsel. Leerlinge gaan waar hulle dink hulle die beste onderwys sal kry. Dis oral dieselfde van Riversdal, Saldanha en Delft tot Stellenbosch. As mense selfs net hoor daar is werksgeleenthede, migreer hulle soontoe,” word gesê.

By die Primêre Skool Bloekombos, die enigste skool in die snelgroeiende Kraaifontein, is tot 150 leerlinge in ‘n klaskamer geprop en bied drie onderwysers gelyktydig verskillende vakke aan.

Uit: Die Burger, 21 Februarie 2001

WES-KAAP STAAN REG VIR 48 000 INTREKKERS

Theuns van der Westhuizen

KAAPSTAD - Die Wes-Kaapse regering en munisipaliteite sal minstens 12 000 wooneenhede, 12 laerskole, 6 hoërskole en 2 of 3 nuwe klinieke per jaar moet bou om te voorsien in die behoeftes van mense wat elke jaar uit ander provinsies hierheen trek.

En die situasie sal nie in die afsienbare toekoms verander nie. Dus sal dit beter wees om pro-aktief op te tree, het die minister van omgewingsake en ontwikkelings-beplanning gesê.

Hy het verwys na bevindings van ‘n ondersoek wat in 2001 na migrasiepatrone vir die Wes-Kaapse regering gedoen is, en wat die premier ook in sy openingsrede in die provinsiale parlement genoem het.

Die ondersoek het getoon dat sowat 48 000 mense per jaar uit ander provinsies – hoofsaaklik Oos- en Noord-Kaap na die Wes-Kaap verhuis.

Uit: Die Burger, 27 Februarie 2003

REGERING MAAK NOODPLAN BEKEND NÁ KAAPSE VLOEDE

Anesca Smith

KAAPSTAD - Met byna 15 000 Kapenaars wat sedert Donderdag dakloos gelaat is weens vloedreën, gaan die provinsiale regering vandag met ‘n driedaagse noodleningsprogram in die Kaapse metropool begin.

Dié aankondiging is gister deur die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en behuising, mnr. Marius Fransman, gedoen. Minstens 2 796 plakkershutte het sedert verlede Donderdag tot Maandag oorspoel in 28 informele woongebiede. Sowat 155 mm reën het in dié tyd geval.

Fransman en die premier, mnr. Ebrahim Rasool, die nasionale minister van behuising, me. Lindiwe Sisulu, en die burgermeester van die uniestad, mev. Nomaindia Mfeketo, besoek vandag een van die gebiede, Wallacedene naby Kraaifontein.

Kos en klere sal aan inwoners oorhandig word. Om 13:00 gaan hulle ook ‘n vergadering in die Oliver Tambo-saal in Khayelitsha toespreek om na inwoners se behuisingsgriewe te luister.

Fransman het ook ‘n beroep gedoen op die publiek om warm klere, komberse en kosskenkings aan nieregerings- en welsynsorganisasies soos die Rooi Kruis beskikbaar te stel wat weer aan vloedslagoffers gegee sal word.

Sowat 320 000 mense in die Wes-Kaap wag tans op behuising, het Fransman gesê. Na raming migreer 48 000 mense jaarliks na die provinsie uit hoofsaaklik die Oos-Kaap.

Volgens Fransman is daar honderde mense wat in laaggeleë, “hoë-risiko” gebiede bly wat uiteindelik verskuif moet word. “Ons moet seker maak huise word nié hier gebou nie,” het hy gesê.

Uit: Die Burger, 11 Augustus 2004

MIGRASIE UIT OOS-KAAP NA MOEDERTSAD WORD KRISIS

Carien du Plessis

MTHATHA - Migrasie uit die Oos-Kaap na Kaapstad neem krisisafmetings aan, het die stadsbestuur van die Kaapse stadsraad, dr. Wallace Mgoqi, gesê.

Meer as 20 000 gesinne of gesinshoofde per jaar verlaat die provinsie om werk in die Wes-Kaap te soek, maar daar is nie huise nie en die stadsraad kan omtrent net 11 000 huise per jaar bou. Daar is reeds ‘n agterstand van 42 000 huise in Kaapstad.

Die migrante verlaat die provinsie nie permanent nie.

Mgoqi het gesê baie mense keer in die eerste ses maande van die jaar terug na hul families.

Mnr. Gcobani Maswana, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling, het gesê die migrante keer ook terug as hulle nie werk kry nie of as hulle simptome van vigs begin toon.

Die migrante wat terugkeer, doen dan aansoek om ongeskiktheidstoelaes en steun swaar op die reeds oorlaaide welsynstelsel. Die departement is reeds besig om 78 000 van hierdie aansoeke te hersien, want baie daarvan is vals.

Mgoqi het gesê die Kaapse stadsraad het besef dat ‘n wedersydse probleem bestaan. Verlede week het die stadsraad ‘n ooreenkoms met die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit en die Universiteit van Transkei onderteken om dié migrasie te help beperk.

Volgens die ooreenkoms, wat die eerste in sy soort tussen die twee provinsies is, gaan die drie instansies inligting uitruil, veral oor ekonomiese ontwikkeling, om dienste aan inwoners te verbeter. Planne word reeds beraam om belastingvoordele te gee aan nywerhede in die Mthatha-gebied wat werk aan plaaslike inwoners verskaf.

Mgoqi het gesê die planne sal oor ‘n maand begin vorm aanneem.

Hy het gesê ‘n geweldige potensiaal bestaan vir ontwikkeling, veral in die toerisme-sektor.

(vervolg op bl. 23)

Meer moet gedoen word om die kapasiteit van hierdie plattelandse munisipaliteit te vergroot wat behuising, dienste en werk betref. Alle staatsdepartemente moet inspring om te help.

Maswana het gesê die hoofrede waarom mense migreer, is armoede.

Die Oos-Kaapse regering het geld opsy gesit vir openbare werkskeppingsprogramme waardeur mense vaardighede kan aanleer.

Verder het die provinsiale regering ook ‘n groei-en-ontwikkelingsprogram, waardeur hulle mense wil leer om self te ploeg en kos te plant om selfonderhoudend te wees.

Sowat 1,8 miljoen mense woon in die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit en die Wes-Kaap sal nie al hierdie mense kan absorbeer as daadwerklike stappe nie gedoen word om migrasie te verminder nie. “Baie min mense besef die erns van die situasie. Dit is ‘n tydbom,” het Mgoqi gesê.

Die meeste migrante na Kaapstad kom van die Oos-Kaap.

Mgoqi het gesê baie kom van die buurlande en migreer dan heelpad tot in Kaapstad.

Uit: Die Burger, 11 Augustus 2004

2.1 Die Wes-Kaap se inwonertal groei baie vinnig, veral in en om Kaapstad

Aktiwiteit 4:

Om die probleme rondom migrasie te bespreek

[LU 1.6]

a) In berig nommer vier word die hoofrede vir die migrasie genoem. Skryf daardie sin in groot letters hieronder oor.

b) Drie van die vernaamste probleme waarmee die owerhede te kampe het, word in beriggies een tot drie beklemtoon. Beskryf elk van die probleme in ‘n sin of twee.

c) In Berig 4 lees ons van die ooreenkoms tussen die munisipale owerheid van die Stad Kaapstad en die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap. Hierdie twee owerhede het die probleem verstaan en die oplossing daarvan saam-saam aangepak. Sê in jou eie woorde wat hulle (1) as die probleem geïdentifiseer het en (2) hoe hulle dit wil oplos. (3) Gee jou eie mening oor hierdie benadering tot die probleem. Is dit ‘n goeie of ‘n swak plan? Hoekom?

d) Wat is die grondoorsaak vir grootskaalse permanente verhuising van mense van die Oos- na die Wes-Kaap?

2.2 Nou wat van die Oos-Kaap? Het die verlies aan ‘n groot deel van die bevolking dan nie ‘n invloed op die Oos-Kaap nie?

Baie aandag is al gegee aan die gevolge van die toestroming van nuwe intrekkers na die Wes-Kaap. So pas het julle ‘n taak gedoen oor die oorsake vir, en die oplossing van die probleem. En die hantering van die uitdaging, het julle gesien, lê nie net in die Wes-Kaap nie! Wat is die sleutelwoord vir die oplossing? (s.....................................)

Nou gaan ons ‘n bietjie kyk na die invloed wat die vertrek van so baie mense het op die gebied wat deur hulle verlaat is.

Aktiwiteit 5:

Om ‘n lys te maak van die invloede op die gemeenskaps-lewe

[LU 3.2]

Dinkskrum

  • Maak ‘n lys van die invloede op die verskillende afdelings van die gemeenskapslewe hieronder aangedui. Skryf dan net die vernaamste twee invloede op elke afdeling neer.
  1. a) Skole:

b) Kerke:

c) Kleinhandel:

d) Werkverskaffing:

e)Munisipale dienslewering:

2.3 Migrasie op so ‘n groot skaal soos wat die Oos-Kaap dit ondervind, kan ‘n langtermyn invloed op die bevolkingstruktuur van ‘n gebied hê.

Aktiwiteit 6:

Om die langtermyn-invloed van migrasie op die bevolkingstrukture te illustreer

[LU 3.3]

  • Gestel slegs jong mense tussen die ouderdom van 20 en 35 neem die groot stap om die Oos-Kaap permanent te verlaat, hoe sal die bevolkingstruktuur verander?

Die Oos-Kaap het tans ‘n jong bevolking. Teken ‘n bevolkings-piramide wat dit aantoon.

Oor 50 tot 100 jaar gaan die situasie heeltemal anders wees. Teken die piramide wat die bevolking sal weerspieël

Assessering

Table 3
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en interpreteer [werk met bronne];
1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwoord];
1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme en grafika, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra].
 
LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identifiseer, met ‘n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identifiseer die vraagstuk];
3.2 die faktore identifiseer wat tot bevolkingsgroei en –verandering bydra [faktore wat die vraagstuk affekteer];
3.3 prosesse identifiseer wat bevolkingsgroei en –verandering op verskillende plekke affekteer [faktore wat die vraagstuk affekteer];
3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en –verandering in ‘n spesifieke konteks te reageer [maak keuses].

Memorandum

Aktiwiteit 1:

  1. (a) die Karoo en die Noordweste (‘n deel van Namakwaland)
  2. (b) Gauteng

Aktiwiteit 2:

a) die rondbeweeg van mense

b) mense wat die land verlaat

c) mense wat die land binnekom

Afdeling B

  • Mense soek na ‘n beter lewe. (*)
  • Werkers word verplaas om op ‘n ander plek te gaan werk.
  • Werkers doen aansoek om ‘n ander pos en moet dan verhuis.
  • Mense tree af en gaan vestig hulle dan op ‘n ander plek.
  • Mense keer terug na hul gebied wat onder die vorige politieke bedeling van hulle weggeneem is.
  • (*) Hierdie is dalk die mees opvallende verskynsel in Suid-Afrika, en kry later in die module meer aandag.

Aktiwiteit 3:

Waar wil die mense woon?

Table 4
(a) fabrieke bied baie werkgeleenthede V
(b) gebrek aan hospitale O
(c) genoeg goeie skole en kort afstande daarheen V
(d) gewoonlik hoër salarisse en lone V
(e) groot verskeidenheid vermaak en ontspanning beskikbaar V
(f) groot verskeidenheid werkgeleenthede beskikbaar V
(g) kan makliker van werk verander V
(h) kinders meestal ver van skole af O
(i) meganisasie lei tot minder werkgeleenthede O
(j) moeilik om sonder openbare vervoer oor die weg te kom O
(k) ruim verskeidenheid openbare vervoer V
(l) te lae lone in sommige gevalle O
(m) te stil vir mense wat baie van geselskap hou O
(n) voldoende gesondheidsdienste en hospitale V
(o) werkgeleentheid op klein dorpies baie beperk O
     

Aktiwiteit 4:

a) MENSE SOEK NA ‘n BETER LEWE

of

MENSE WIL WEGKOM VAN HUL ARMOEDE

b) (1) Op die oomblik is daar hopeloos te veel leerders vir die skole.

Die WKOD kan nie voorbly met die bou van skole nie.

  1. (1) Die migrasiepatrone gaan nie gou verander nie.

(3) Mense bou huise op plekke wat nie daarvoor geskik is nie.

In die winter is die lewenstoestande van mense in plakkerskampe (informele behuising) haglik.

c) (1) Armoede/swak lewensomstandighede weens ‘n gebrek aan werkgeleenthede is die hoofoorsaak.

(2) Die verbetering van die lewensomstandighede van die mense van die Oos-Kaap is hul hoofdoel. Dit sal bereik word onder meer met werkskepping en maniere om mense selfonderhoudend te maak.

(3) Die meeste leerders sal dalk insien dat dit ‘n goeie plan is. Wat hulle ook moet/sal besef, is dat die planne volhoubaar moet wees.

d) ARMOEDE

Aktiwiteit 5:

a) Skole loop dalk leeg, of as skole oorbenut was, raak omstandighede beter.

b) Lidmate gaan weg en kerke sukkel om hul verpligtinge na te kom.

c) Kopers raak minder en minder, winkeliers kry gevolglik swaar.

d) Omdat daar minder werksoekers is, sal die oorblywende mense dalk minder sukkel om

‘n werkie te kry, maar die toestand kan ook ontstaan dat die werkers later te min raak.

e) Sal eintlik verbeter, want dienslewering is maar swak, en minder druk sal daarop geplaas word.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks