Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 7
Van die belangrikste invloede op bevolkingsverandering vandag is VIGS. Nog nooit in die geskiedenis was daar ‘n menslike ramp met dieselfde afmetings nie! Die lewensverwagting van hele bevolkings daal, kinders word in hul duisendtalle wees gelaat, armoede neem toe, produksie in bykans alle sektore van die ekonomie neem af, en dies meer.
Afrika is die vasteland wat die ergste getref is, en Suid-Afrika is die ramp ook nie gespaar nie! In die geheel gesien, nader ons ‘n tyd waar bevolkings krimp, eerder as wat daar groei is!
1. Bevolking
Om vas te stel watter invloed MIV/VIGS op die bevolking het, moet ons eers na die beskrywing van ‘n bevolking kyk.
![]() |
‘n Jong bevolking
Vanweë die geboortesyfer wat baie hoër is as die sterftesyfer, is daar ‘n vinnige groei in die bevolking.
‘n Volwasse bevolking
Hier oortref die geboortesyfer beswaarlik die sterftesyfer en daarom is daar ‘n baie stadige groei in die bevolking.
‘n Ou bevolking
Omdat die geboorte- en sterftesyfer naasteby ooreenkom, is by hierdie soort bevolkingsamestelling geen groei nie.
n Krimpende bevolking
Wanneer die bevolkingsamestelling so lyk, oortref die sterftesyfer die geboortesyfer en sal hierdie bevolking uitsterf.
| ouer mense: 60+ | volwassenes: 30 - 59 | jeug: tot 29 |
.2. Die ideale toestand wat Suid-Afrika nastreef
’n Baie groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking is arm en nie behoorlik geletterd nie. ‘n Daadwerklike poging moet dus in Suid-Afrika aangewend word om armoede te verlig en geletterdheid op ‘n aanvaarbare vlak te kry. Nog ‘n ideaal is dat gesondheidsdienste verbeter en die bevolkingstoename onder beheer gebring moet word, want ons land het beperkte hulpbronne, soos byvoorbeeld ‘n tekort aan water.
Soos julle uit die grafieke hieronder kan aflei, het die lewensverwagting weens verbeterde sanitasie en mediese sorg gestyg en het die bevolkingstoename aansienlik gedaal in die 20 jaar tussen 1980 en 2000. Die dalende geboortesyfer kan gedeeltelik aan verstedeliking toegeskryf word. In Suid-Afrika het die bevolking dus van ‘n jong bevolking (met ‘n te groot toename) begin verander en is dit op die pad na ‘n meer aanvaarbare volwasse bevolking waar die toename binne perke is.
![]() |
Suid-Afrika: Groei tussen 1980 en 2000
Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG): Lewensverwagting in jare
![]() |
. . . . . . . . . en toe breek die MIV/VIGS-epidemie uit. Mense wat van ‘n pandemie praat, is eintlik korrek, want die siekte kom oor die hele land en vasteland, en die res van die wêreld voor!
Vigs, wat beteken dit?
3. Statistiek
Die voorkoms van MIV/VIGS in Suid-Afrika is ontstellend.
![]() |
‘n Vorige projeksie van MIV-positiewe Suid-Afrikaners in ouderdomsgroep 15 tot 59 jaar.
| 2001 | 2010 | |||
| MetVIGS | Sonder VIGS | MetVIGS | Sonder VIGS | |
| Botswana | 39,3 | 70,5 | 29,0 | 73,2 |
| Ethiopië | 45,2 | 56,1 | 42,1 | 60,1 |
| Kenia | 48,0 | 64,9 | 44,3 | 68,4 |
| Suid-Afrika | 49,0 | 65,7 | 35,5 | 68,3 |
| Swaziland | 40,4 | 57,7 | 29,7 | 61,5 |
| Zimbabwe | 37,8 | 69,9 | 32,5 | 72,8 |
| Zambië | 37,2 | 58,7 | 38,9 | 72,8 |
Die lewensverwagting in ‘n paar Afrika-state.
![]() |
VIGS-wesies (onder 15 jaar)
HOE GROOT IS DIE MIV/VIGS RAMP WERKLIK?
Gesondheidsverslaggewer, Kaapstad
Die rol van armoede
Die lighartige redenasie van wie eerste was, die hoender of die eier, kan by die verspreiding van VIGS gebruik word, want armoede lei tot die verspreiding van die siekte, terwyl die siekte die reeds groot Suid-Afrikaanse armoedeprobleem vererger!
Die siek broodwinner kan nie geld vir die werkgewer verdien nie, kan natuurlik ook nie geld tot die gesin se behoeftes bydra nie, en plaas ‘n groeiende las op die staat se gesondheidsbegroting.
Daarby bring die haglike lewensomstandighede van baie arm Suid-Afrikaners swak opvoeding en onkunde mee, en dit lei baie keer tot onverantwoordelike gedrag. Werkloosheid veroorsaak ‘n rondswerf agter werkgeleentheid aan, en ook dit dra tot die verspreiding van die siekte by.
Nog twee aspekte van armoede is dat die pasiënt se kans op beter lewensomstandighede deur net gesond te eet omtrent onmoontlik is, en boonop maak die omstandighede in die oorbevolkte huisies en plakkershutte die pasiënt se kans op verbetering van sy toestand bykans onmoontlik!
Wie word aangetas?
Dit is meestal mense in die ouderdomsgroep 15 tot 39 wat die meeste MIV-positief word. Hulle is ook die ouers van jong kinders – baie van die kinders word MIV-positief gebore! Maar hierdie ouderdomsgroep is ook een van die mees ekonomies-aktiewe groepe in die gemeenskap!
Hoewel die ouderdomsgroep 15 tot 39 die meeste die virus kry, beteken dit nie dat geen ander ouderdomsgroep gespaar word nie, en nog minder dat slegs armes gevaar loop om die virus te kry!
Die bestuur van maatskaplike dienste
Een aspek van die bestuur van die land, spesifiek die bestuur van maatskaplike dienste, het te doen met die versorging, of verwaarlosing! van miljoene VIGS-wesies. Volgens sommige voorspellers gaan daar teen 2010 nie minder nie as 2,5 miljoen weeskinders onder die ouderdom van 15 jaar wees! Wat gaan van hierdie kinders word? Wie gaan vir hulle sorg? Hoe gaan hulle in ‘n reeds arm gemeenskap oorleef?
Geïnfekteer en geaffekteer
Dalk is die bekamping van, en die bestuur van die gevolge van MIV/VIGS, in die woord “geaffekteer” opgesluit! Een groep mense is geïnfekteer of loop gevaar om geïnfekteer te word en sal dus die siekte opdoen. Die res is geaffekteer – ook dié wat dink hulle sal nooit geïnfekteer word nie!
Die persoon wat toegee dat hy/sy geaffekteer is, sal deel word van die soeke na ‘n oplossing.
En die oplossing?
Mense moet hul gedrag verander. Alle mense! Iemand wat nie die virus het nie, het eenmaal gesê: “Die oplossing vir die probleem begin by myself.” Wat sou hy tog daarmee bedoel het?
Uit: Die Burger, 20 Mei 2002
Om die verskillende opdragte te kan uitvoer, moet leerders die inligting gebruik wat in die eerste vyf of ses bladsye verskaf word.
Lekker lees en werk aan hierdie navorsings- en dinktaak, maar dit gaan nie altyd maklik wees nie! Kyk na opskrifte as julle inligting soek.
![]() |
![]() |
![]() |
Voorsien jou paragraaf van ‘n treffende opskrif.
Om te oorleef, moet jy aanpas.
Aanpassing is oorlewing.
Hy wat nie aanpas nie, sal nie oorleef nie!
Omdat hulle nie kon aanpas nie, kon hulle nie oorleef nie!
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en interpreteer [werk met bronne]; |
| 1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwoord]; |
| 1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme en grafika, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra]. |
| LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identifiseer, met ‘n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identifiseer die vraagstuk]; |
Aktiwiteit 1:
Aktiwiteit 5:
Die doel is om te kyk of die leerders die begrippe in die konteks van die Suid-Afrikaanse situasie kan vertolk. Woorde kan in enige volgorde gebruik word.
Die geskoolde werkmag “verdwyn” en fabrieke sal probleme met hul produksie ondervind.
Koopkrag van gemeenskappe neem af omdat geld aan die mediese versorging van siek gesinslede bestee word.
Soldate en polisielede wat MIV-positief is en siek word, veroorsaak dat die veiligheid van die land bedreig word en misdaad verder sal toeneem.
Die versorging van miljoene weeskinders sal ‘n groot las op oorblywende gesinslede en die staat wees.
Aktiwiteit 6:
Moontlikhede:
hy moet sy houding teenoor die siekte verander
hy moet alles in sy vermoë doen om die probleme op te los
Aktiwiteit 7:
of
Nuwe soorte weeshuise sal beplan en gebou moet word.
Aktiwiteit 8:
Mense moet bewus gemaak word van MIV/VIGS. Dit is ‘n werklikheid vir almal, en nie iets wat net ander mense affekteer nie.