MUSIEK
In hierdie module gaan ons Suid-Afrikaanse liedere uit verskillende kulture en in verskillende tale sing en begelei. Hierdie liedere kan almal in verband gebring word met ons tema: nasiebou.
“Today it forms part of our national anthem; and along with Die Stem, it embellishes various strands of our past in a unison of inclusiveness, of the oneness of South Africa’s people.”
Maluphakanyisw’ uphondo lwayo,
Yizwa imithandazoyethu,
Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo
Morena boloka setjhaba sa heso,
O fedise dintwa la matshwenyeho,
O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso,
Setjhaba sa South Afrika – South Afrika.
Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes,
Waar die kranse antwoord gee,
Sounds the call to come together,
And united we shall stand,
Let us live and strive for freedom,
In South Africa our land.
1.2 “Die stad lê aan die voet van die tafel, tussen die duiwel se stert en die leeu se kop.”
A. Voltooi die volgende n.a.v. hierdie aanhaling:
“Die stad lê aan die voet van , tussen
en “
B. Luister na gedeeltes van My broertjie my bra’ en New Year en beantwoord die vrae. Die opvoeder sal agtergrondinligting aan jou verskaf.
Doen navorsing oor Distrik Ses t.o.v. die geskiedenis en die tasbare aspekte van die kultuur wat daar beoefen is, soos bv. tradisionele Kaapse cuisine (resepte vir bobotie en geelrys, samoesas, rotis, koeksisters).
KLASBESPREKING
KAAPSE KLOPSE SE MUSIEK EN KULTUUR:
GHOEMA IS WOEMA
Die Alibama
Daar kom die Alibama,
Die Alibama die kom oor die see(2X)
Nôi, Nôi die rietkooi, nôi, die rietkooi is gemaak,
Die rietkooi is vir my gemaak om daar op te slaap(2x)
Die Alibama, Die Alibama
Die Alibama kom oor die see (2X)
Janewarie....
Janewarie, Feberwarie Maart
*April, May, June, July (2X)
August, September, October, November, December (2x)
Janewarie, Feberwarie Maart
April, May, June, July (2X)
(*April tot Desember – Engelse uitspraak)
Aai-aai Ja-goe (2)
Aai- aai –aai dis ‘n Nuwejaar
Aai-aai Ja-goe (2)
Wow wow wow wow wie die wie die wie die
wee die Nuwejaar is hier (2)
Onner Tafelberg, die was lekker daar
Distrik Ses was kwaai op ‘n Nuwejaar.
Elke Oujaarsaand sit die mense daar
Op banke daar bo in Hanoverstraat.
En dit was joltyd
Dit was tog so lekker joltyd
Dit was tog so lekker
Dit was lekker daar bo in Hanoverstraat
C. Beantwoord die volgende vrae:
deur Abdullah Isaacs
Tapsiela met haar groot bek kan baie raas
Sy maak skandaal in die ou wasplaas;
Sy sê Gasbieya is skeel,
Nou wil Gasbieya vir haar verbeel
En verder
Oe Tapsiela, Gafiela en Jamiela,
Pasop! Pasop!
Hier kom motjie Dingie met haar lang snuif lip;
Haar gevreet lyk so plat soos ‘n ou wasklip.
(xiii) Skryf jou eie moppie waarin die spot gedryf word met ‘n beroemde persoon, politikus, ens.
1.3
A Die volgende berig het op 7 Maart 1995 in ‘n plaaslike koerant verskyn:
KAAPSTAD. Anneline Malebo, lid van die popgroep Joy wat vir die trefferliedjie "Paradise Road" bekend was, word Saterdag in Guguletu begrawe.
Die roudiens sal in 'n groot tent op die oop veld voor haar familiewoning, huis nr. 8 in NY46, gehou word. Sy sal daarna in die Guguletu-begraafplaas ter ruste gelê word.
Dis nog onbekend hoe laat die begrafnis sal begin.
Verduidelik die verband tussen hierdie berig en die neiging om na die lied Paradise Road te verwys as Suid-Afrika se nie-amptelike Vigs-lied? (South Africa's unofficial Aids anthem.)
PARADISE ROAD
Come with me down Paradise Road
This way please, I’ll carry along
This you won’t believe
Come with me to Paradise Place
Just outside and open your eyes
This you won’t believe
There are better days before us
And the burning bridge behind us
By us spoken;
The sky is burning
There’s a woman waiting weeping
And a young man nearly beaten
All for love
Paradise is almost closing down.
B. Luister na ‘n tweede opname van hierdie lied soos gesing deur Jannie Moolman en die Zulu sanggroep Colenso Abafana van Ladysmith. Beantwoord die volgende vrae:
1.4 Hier volg die woorde van die eerste gedeelte van The Click Song. Voeg die uitspraak en die Afrikaans by, en noem die kunstenaar wat die lied bekend gemaak het.
| THE CLICK SONG | ||||
| Xhosa (voeg uitspraak onderaan by) | Afrikaans | |||
| I gqi ra | ||||
| Len dle la | ||||
| Ngu Gqon gqo thwa ne | ||||
Kunstenaar:
1.5
A. Verdeel in vier groepe. Elke groep gebruik een van die aangeleerde liedere om die volgende te demonstreer:
B. Omskryf kortliks wat elk van die volgende terme beteken:
TEMPO:
RITME:
MAATSLAG:
DINAMIEK:
Volg die opvoeder se instruksies en skep julle eie begeleidings vir die liedere wat julle in Aktiwiteit 1 aangeleer het.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 3 |
| DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite te toon. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| ALGEMEENt.o.v. 3.1 – 3.8 hieronder, die volgende toon: |
|
|
| VISUELE KUNS (3.8) |
|
| MUSIEK (3.6 – 3.7) |
|
|