Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Kuns en Kultuur Graad 7 » Om tonele te skep wat persoonlike en sosiale kwessies aanspreek

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseAC display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Arts & Culture (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseAC" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Om tonele te skep wat persoonlike en sosiale kwessies aanspreek

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 7

PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE

Module 3

Om tonele te skep wat persoonlike en sosiale kwessies aanspreek

DRAMA

Welkom by die eerste kwartaal van Drama. Kyk om jou en neem kennis van die plekke, voorwerpe en mense wat jy teëkom gedurende hierdie jaar. Maak notas in jou gedagtes. Dit sal jou help met jou drama-aktiwiteite.

Luister aandagtig na jou opvoeder want hy of sy sal jou inlig oor wat jy moet weet sodat jy die volgende aktiwiteite kan doen. Dis hope pret. Geniet dit!

Aktiwiteit 1:

Om tonele te skep wat persoonlike en sosiale kwessies aanspreek

[LU 3.4]

DIE SPEELGROND

Oefening 1: Waarneming

  • Gaan buite na die speelgrond en neem notas van alles wat jy teëkom en waarneem
  • Gaan weer terug na die klaskamer, skoolsaal of verhoog en neem deel aan ‘n kort bespreking oor wat jy waargeneem het op die speelgrond.

Oefening 2: Beplanning

  • Beplan ‘n stel in die oop ruimte waarbinne julle gaan werk.

Voorbeeld:

  • Is daar bome, bankies, sand, gras, swaaie, glyplanke, ens.?
  • Wat sal julle graag op die speelgrond wil hê?
  • Wie gaan op die speelgrond wees? (kinders, babas, volwassenes, honde).
  • Wanneer vind die aksie plaas? (oggend, oor middagete, aand).
  • Wat is die weersomstandighede? (reën, bewolk, sonskyn, koud, warm).
  • Wat is die stemming en hoe gaan dit verander a.g.v. die omstandighede?

Oefening 3: Situasie

  • Neem deel aan ‘n kort bespreking oor wat die situasie op die speelgrond gaan wees – m.a.w. wat gaan die intrige wees?
  • Vra die volgende vrae:
    • Hoekom gebeur dit?
    • Wat is die oorsprong van die probleem of situasie?
    • Hoe gaan die probleem of situasie opgelos word?
    • Is die probleem persoonlik of sosiaal van aard?

Oefening 4: Karakters

  • Kies ‘n karakter wat jy graag sal wil speel.
  • Voorbeelde: die mammas, pappas, onderwyser, kinders, babas, die hond, die boelie, die dief, die dwelmsmous, die beseerde, die dokter, die polisieman, ens.
  • Ondersoek die volgende aangaande jou karakter:
    • Hoe lyk ek?
    • Hoe oud is ek?
    • Wat het ek aan?
    • Wat doen ek?
    • Het my karakter enige rekwisiete nodig?
    • Hoe klink my stem?
    • Wat doen ek op die speelgrond?
    • Wat is my sosiale stand?
    • Wat is my aksies?
    • Wat is my karaktereienskappe? (sorgeloos, verantwoordelik, avontuurlustig, onverantwoordelik, skaam, ekstrovert)

Oefening 5: Dialoog

  • Werk aan die dialoog vir jou karakter binne die bepaalde situasie.

Oefening 6: Speelgrond

  • Skep ‘n kort improvisasie deur al die vorige oefeninge in ag te neem.
  • Indien jou klas te groot is, sal jou opvoeder julle in groepe verdeel en dan kan julle die improvisasies voor die ander groepe opvoer.

Oefening 7: Nabetragting

  • Voltooi die vraelys.

VRAELYS

1. Watter karakter is die beste uitgebeeld? Waarom?

2. Was die dialoog hoorbaar? Wie het nie duidelik gepraat nie? Hoekom dink jy was dit so?

3. Wat was die kwessie of probleem wat in die toneel voorgestel is?

4. Wat was die oplossing vir die probleem?

5. Was daar alternatiewe om die probleem op te los? Wat is dit?

6. Het die groep saamgewerk as ‘n span? Waarom? Waarom nie?

7. Hoekom het jy jou spesifieke karakter gekies?

8. Kon jy al die persoonlike of sosiale probleme van die ander groepe se tonele identifiseer? Wat was dit?

Aktiwiteit 2:

Om te luister en in harmonie te praat en te beweeg

[LU 3.5]

Mense wat werk of speel, geniet dit om saam te sing. Om saam te sing help hulle om ritme in hul bewegings te handhaaf.

Dit moet die eerste reël wees as poësie in groepe gelees word – julle moet saam praat!

Julle stemme moet nie net die ritme oordra nie, maar ook die betekenis van wat julle lees. Vrolike reëls het hoë, ligte stemme nodig – meisies se stemme werk goed hier; stampende reëls vereis lae, swaar stemme – seuns se stemme werk weer hier.

Oefening 8:

‘n Geskikte gedig vir hierdie aktiwiteit is Pietersielie Boeliebief deur Philip de Vos ( uit : Brommer in die sop , Tafelberg)

  • Hierdie gedig deur Phillip de Vos bied geleentheid om verskillende karakters uit te beeld en met verskillende stemme en bewegings te eksperimenteer.
  • Maak seker dat die beweging van die reëls duidelik en helder is.
  • Let op artikulasie by assonansie en alliterasie.
  • Maak seker dat die atmosfeer en stemming van die gedig gehandhaaf word.
  • Oefen die gedig totdat julle saamwerk as ‘n groep en dat elke leerder doen wat van hom vereis word.

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEENt.o.v. 3.1 – 3.8 hieronder, die volgende toon:
  • omskepping van persoonlike ervaringe in vorms van uitdrukking;
  • die vermoë toon om eie bydraes binne groepsverband te lewer;
 
VISUELE KUNS (3.8)
  • saamwerk met ander in die beplanning en skepping van ‘n gesamentlike kunsproduk of aanbieding wat nasiebou in Suid-Afrika bevorder;
 
MUSIEK (3.6 – 3.7)
  • Suid-Afrikaanse liedere uit verskillende kulture met die gepaste ritme, tempo en dinamika sing en/of speel;
  • gepaste melodiese of nie-melodiese begeleiding vir enige Suid-Afrikaanse volksliedjie, lofsang of melodie skep;
DRAMA (3.4 – 3.5)
  • met sensitiwiteit in ‘n groep saamwerk om tonele rondom persoonlike en sosiale vraagstukke te verken en te ontwikkel en met alternatiewe oplossings vir probleme te eksperimenteer;
  • die vermoë toon om aandagtig te luister, op tekens te reageer en harmonieus in ‘n groepsgedramatiseerde koraalvers of gedramatiseerde prosastuk te praat en te beweeg;
 
DANS (3.3)
  • vaardighede toon wat vertroue tydens samewerking met ‘n maat opbou deur middel van aktiwiteite soos:
  • om kontrasterende en aanvullende vorms te skep wat visueel doeltreffend is;
  • om maniere uit te dink om saam met ‘n maat gewig uit te balanseer.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: