Inside Collection: Kuns en Kultuur Graad 7
Drama
In hierdie module gaan ons kyk na die ritueel, en dan meer spesifiek, die huwelikseremonie.
LOF
Wat is lof?
Aan wie kan ons lof bring?
Jou opvoeder sal vir jou ‘n kort agtergrond gee oor lofdigkuns voordat jy met die oefeninge begin.
Indien daar iets is wat jy nie verstaan nie, moet jy asseblief jou opvoeder vra.
Doen navorsing oor die volgende en bied dit aan jou klas:
Die aanbieding kan uit die volgende bestaan:
Nota: die aanbieding kan uit een of al drie van bogenoemde bestaan:
o efening 2: opwarming
Voordat jy met die volgende oefening begin, moet jy deelneem aan ‘n goeie opwarmingsroetine om sodoende jou stem en liggaam voor te berei.
Nota: moet nie te veel asem inasem nie, konsentreer net op die gevoel van beweging van jou ribbekas.
Nota: maak seker dat jy nie al jou asem op een slag uitblaas nie.
Al vuriger vlammend in steig’rende vaart, kou-kou
die perde hul stange, plukvoel aan die stywe teuels,
buk laag en proes dat spierwit vlokke skuim
Phaeton en ander gedigte, deur Eitemal
o efening 3: lofdigkuns
Eerste imbongi wat opgetree het op 10 Mei 1994 – S’thembile Mlangeni (fragmente)
legendaries is hy – luislang met vele koppe
hy van die huis van Thambeka
van die huis van Nomathokazi
legendaries is hy – luislang met vele koppe
van die huis van Baliwe
van die huis van Notyatyu-u-u
hier staan hy dan nou voor ons
Rolihlala – getrokke tak van lank gelede
die sleepsel van jou blare lê tussen baie nasies
die sleepsel lê ook in Zambië
dit is daarom dan
dit is daarom dan dat Kaunda toe sy sleepsel sien
gehuil het
Die tweede imbongi wat opgetree het op 10 Mei 1994 – deur Zolani Mkiva (fragmente)
die naelstring ruk stukkend
die naelstring ruk stukkend
die naelstring ruk stukkend
ook die ankers van haat en onderdrukking ruk stukkend
die ankers van haat en wantroue ruk stukkend
die binnegoed van die herkouers
en die hope verrottende vullis word weggesleur
was julle harte, mense van Mhlabuhlangene
want die groot dag is hier
die leier van waarheid word deur tradisie geplaas
om ‘n verenigde volk te lei
ek praat van Mandela, die groot een,
wat weet hoe om ‘n gemeenskap heel te maak
hy wat sê: wat verby is, is verby
die proses het begin by koning Bambatha en sy voorvaders
koning Bambatha neem die leisels oor
en oorhandig dit aan Langalibalele Dube
Dube handig dit aan hoofman Luthuli
Albert Luthuli, hy wat noot stilgebly het nie
Luthuli oorhandig die leisels aan Oliver Reginald Tambo
Tambo – die slang wat diegene pik wat hom pla
vandag stap ons, saam met Mandela, ons beskore land binne
die magtige een wat baie oseane oorgesteek het
hulle sê jy toets die water met ‘n lang stok
maar Mandela toets dit met sy skeenbeen
hy nooi selfs die aasvoëls uit om hom te eet
‘n perd wat die nuwe Suid-Afrika stokalleen binnestap
vandag sê ons dat ons vry is
die balke van rassisme en die stutpaal van parasitisme is verby
die dae van baasskap is oor
apartheid is dood en begrawe
geen spook nie, geen zombi nie
ons het onderdrukking begrawe
geen spook is meer oor nie
uiteindelik is ons vry!
Nota: Verse aangehaal uit Met Woorde soos met Kerse deur Antjie Krog (Kwela Boeke 2002)
Wenke vir voordrag van poësie
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 4 |
| UITDRUKKING EN KOMMUNKASIEDie leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| MUSIEK (4.3) |
|
| DRAMA (4.2) |
|
| DANS (4.1) |
|
| VISUELE KUNS (4.4) |
|