Inside Collection: Kuns en Kultuur Graad 7
Dans
Omdat Suid-Afrika ‘n multi-kulturele land is, het ons ‘n wye verskeidenheid van danssoorte om te waardeer en te ervaar.
Tradisioneel Afrika: Zulu-oorlogsdanse, “Gumboot”-danse, ens.
Klassiek-Westers: Ballet
Modern-Westers: Modernedanse, klopdanse (“Tap”), disko, Hip Hop, jazz
Oosters: Indies, Japannees ens.
Europees: Spaanse danse, Hongaarse danse, Griekse danse, ens.
Oefening
Kies ‘n danssoort uit ons multi-kulturele gemeenskap en ondersoek die volgende elemente tiperend van jou keuse:
bewegingsbeginsels
stilistiese gedefinieerde danstegnieke
algemene struktuur
styl
visuele hulpmiddels: prente, foto’s, video’s, ens.
musikale hulpmiddels: instrumente, CD’s, kassette, ens.
toneelmatige hulpmiddels: kostuums, rekwisiete, ens.
Aanbieding
Bied jou dans aan die klas nadat jy navorsing gedoen het oor al die aspekte beskikbaar van die dans en stel jou klasmaats bloot aan ‘n opwindende nuwe ondervinding.
Asemhalingsoefening
Staan met jou voete heupwydte van mekaar af, arms langs jou sye.
Asem in deur jou neus – lig jou arms op.
Asem uit deur jou mond – laat sak jou arms en buig jou knieë terselfdertyd.
Herhaal vier keer.
Nekopwarming
Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – arms langs jou sye.
Laat sak jou kop vorentoe en af en lig (herhaal agt keer).
Draai jou kop van kant tot kant (regs na links) (herhaal agt keer).
Draai jou kop van regs na links in ‘n semi-sirkel (herhaal agt keer).
Skoueropwarming
Lig jou regterskouer op en af.
Lig jou linkerskouer op en af.
Lig en sak jou skouers alternatiewelik (herhaal agt keer).
Draai jou regterskouer na agter.
Draai jou linkerskouer na agter.
Draai albei skouers na agter (herhaal agt keer).
Draai jou regterskouer vorentoe.
Draai jou linkerskouer vorentoe.
Draai albei skouers vorentoe (herhaal agt keer).
Armopwarming
Lig albei arms vertikaal reguit op na die kante en laat sak (herhaal agt keer).
Lig albei arms vertikaal reguit skouerhoogte op, dan reguit op bo jou kop, terug na skouerhoogte en laat sak jou arms langs jou sye (herhaal agt keer).
Bolyfopwarming
Staan met jou voete heupwydte van mekaar af – knieë effens gebuig – hande op heupe – hou heupe na voor – draai bolyf na regs – terug na middel – draai bolyf na links – terug na middel (herhaal agt keer).
Beenopwarming
Kyk na voor en tree na regs – voete en liggaam wys nog steeds na voor – tree na links (herhaal agt keer).
Tree na regs – tel linkerbeen op – buig knie terug – lig voet na boud.
Tree na links – tel regterbeen op – buig knie terug – lig voet na boud.
Herhaal agt keer.
Tree regs – kyk vorentoe – lig linkerknie vorentoe op en sak.
Tree links – lig regterknie vorentoe op en sak.
Herhaal agt keer.
Hou voete van mekaar af – strek (“lunge”) van kant tot kant – hou voete stewig op die vloer – hande op heupe (herhaal agt keer).
Strek na regs en hou strek vir agt tellings.
Strek na links en hou strek vir agt tellings.
Staan met voete heupwydte van mekaar af – knieë gebuig – hande op heupe.
Lig tone alternatiewelik – hou hakke op die vloer (herhaal agt keer).
Lig hakke alternatiewelik (herhaal agt keer).
Loop op die plek vir sestien tellings.
Vors ‘n Indiese dans na deur prente en inligting oor die dansstyl bymekaar te maak. Indien moontlik kan jy na ‘n Indiese video kyk. Gebruik hierdie inligting om uiteindelik jou dans te choreografeer.
Die skep van jou Indiese Dans
Eksperimenteer met die verskillende armbewegings wat jy teëgekom het gedurende jou navorsing oor die Indiese dans
Eksperimenteer met verskillende handbewegings
Eksperimenteer met verskillende heupbewegings
Eksperimenteer met verskillende rugbewegings
Eksperimenteer met verskillende skouerbewegings
Eksperimenteer met verskillende beenbewegings
Kies arm-, hand-, heup-, rug-, skouer-, en beenbewegings
Kombineer jou gekose bewegings
Kies Indiese musiek en voeg die bewegings by die musiek
Skep jou eie spesiale Indiese dans
Kies musiek met ‘n stadige tempo.
Asemhalingsoefening
Staan met jou bene heupwydte van mekaar af – arms langs jou sye.
Asem in deur jou neus – lig jou arms bo jou kop.
Asem uit deur jou mond – laat sak jou arms en buig jou knieë terselfdertyd.
Nekstrek
Lig jou regterarm reguit op, sit jou arm oor jou kop – raak die linkerkant van jou kop.
Trek jou kop stadig na die regterkant met jou regterhand – laat sak jou linkerskouer.
Herhaal aan die linkerkant.
Armstrek
Neem die regterarm oor jou bors en met die linkerhand trek jou arm stadig na jou bolyf.
Herhaal met die linkerarm.
Borsstrek: beweeg jou arms reguit agtertoe en vat jou hande vas agter jou rug – maak jou borskas oop – trek jou arms weg van jou lyf.
Rugstrek: beweeg jou arms reguit vorentoe – vat jou hande saam – maak jou skouerbaaie oop – trek jou maag in – buig jou bolyf effens vorentoe – hou jou knieë gebuig – trek jou arms weg van jou lyf – laat sak jou kop.
Hampees- en kuitstrek: sit een voet voor die ander – maak die knie van die voorste been reguit – buig die ander been effens – lig die tone van die voorste reguit been – hou jou hak op die vloer – buig jou bolyf stadig vorentoe – hou jou rug reguit – sit jou hande op jou knieë – hou die strek vir agt tellings.
Ruil bene om.
Bobeenstrek: staan regop – voete heupwydte van mekaar af – lig een been agtertoe en buig jou knie (hak na boud) – hou ondersteunende been effens gebuig – hou en trek die voet na jou boud met jou hand – lig en maak ander arm reguit vir balans – hou strek vir agt tellings.
Ruil bene om.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 4 |
| UITDRUKKING EN KOMMUNKASIEDie leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| MUSIEK (4.3) |
|
| DRAMA (4.2) |
|
| DANS (4.1) |
|
| VISUELE KUNS (4.4) |
|