Inside Collection: Kuns en Kultuur Graad 7
Musiek
STAP 1
Verdeel in VIER groepe en bespreek dit wat gevra word voordat jy iets neerskryf – met ander woorde, hou ‘n dinkskrum.
STAP 2
Watter instrumente vorm deel van die simfonieorkes? Skryf neer alles waaraan julle kan dink.
STAP 3
Skryf enkele kenmerke neer omtrent hierdie instrumente m.b.t.
STAP 4
Maak ‘n lys van die instrumente met dieselfde kenmerke.
STAP 5
Die opvoeder sal die verskillende instrumentgroepe aan julle verduidelik. LUISTER goed!
STAP 6
Klassifiseer nou die instrumente wat jy neergeskryf het (ook dié waarmee jy nou kennis gemaak het) in die vier groepe (families). Is daar enige ooreenkoms met STAP 4?
| Strykers | Houtblasers | Koperblasers | Slagwerk |
STAP 7
Elke groep doen navorsing oor een instrumentgroep as sulks (strykers, koperblasers, slaginstrumente). Hierdie inligting moet ook aan die res van die klas gegee word.
STAP 8
Elke leerder in die groep moet nou individueel navorsing tuis gaan doen oor een instrument uit die instrumentfamilie wat jou groep nagevors het.
Maak gebruik van boeke, tydskrifte, sagteware soos ENCARTA en die Internet! (Elke groep kan ‘n spesifieke familie verteenwoordig. Plak die finale produk in jou leerderjoernaal.)
Jy moet die volgende aspekte aanraak in jou navorsing:
STAP 9
Klassifiseer die instrumente volgens die stemindelings: sopraan, alt, tenoor en bas.
| Stempartye | Strykinstrumente | Houtblaas-Instrumente | Koperblaas-Instrumente | ||||||
| Sopraan | |||||||||
| Alt | |||||||||
| Tenoor | |||||||||
| Bas | |||||||||
STAP 1
Voltooi die volgende t.o.v. die kaart van Afrika:
a) Dui op die kaart aan waar noord, suid, oos en wes is
b) Die Sahara dien as skeiding tussen twee verskillende musiekkulture. Noord van die Sahara is die musiek gebaseer op die styl van die Midde-Ooste. Die musiek in die streek suid van die Sahara (Sub-Sahara) is Afrika-musiek!
Dui op jou kaart aan waar die Sahara-woestyn is.
c) Dui die volgende 20 lande op die kaart aan:
(Slegs enkele lande word uit elke streek gegee)
(i) Wes-Afrika: Mali, Nigerië, Benin, Ghana, Ivoorkus, Senegal
(ii) Sentraal-Afrika:Tsjad, Kameroen, Kongo, Demokratiese Republiek van Kongo (Zaïre), Burundi
(iii) Oos-Afrika: Uganda, Kenia, Tanzanië,
(iv) Suidelike-Afrika: Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zambië, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Angola.
d) Die instrumente van Afrika word grotendeels bepaal deur die geografiese ligging van die streke van Afrika. Watter tipe plantegroei assosieer jy veral of hoofsaaklik met elk van die streke?
Kies uit die volgende en kleur die streek die gevraagde kleur in:
- Tropiese woude (groen)
- Grasvelde en verspreide bome (pers)
- Grasvlaktes en struike (oranje)
e) Voltooi die volgende deur die korrekte woord te kies:
Woorde om van te kies:
| kalbasse | dierhorings | Suidelike-Afrika | plante | hout | Wes-Afrika | Oos-Afrika | diere | suidelike |
Aangesien die instrumente van Afrika meestal vervaardig word uit natuurlike produkte van ___________ en _________, speel die fauna en flora van die spesifieke streek ‘n belangrike rol.
In boomryke streke van ______________ sal instrumente wat van _______ gemaak word, dus meer voorkom as in die grasvlaktes van die _____________ dele van Afrika waar daar baie minder bome is.
In ______________ waar die kulture om beeste draai, word ____________ gebruik as instrumente, terwyl die Khoi-San van ________________ se kultuur berus op nomadiese versameling van kos. Musiek-boë, gemaak van byvoorbeeld _________, is dus meer algemeen.
| Houtstompe | |
| Kalbasse | |
| Riete | |
| Diervelle | |
| Dierhorings | |
| Bamboes | |
| Droë peule en -vrugte |
STAP 2
Skryf nou neer al die instrumente wat jy assosieer met musiek uit Afrika.
Skryf die kenmerke neer omtrent hierdie instrumente m.b.t. bou en hoe klank geproduseer word.
STAP 4
Lys die instrumente met dieselfde kenmerke.
STAP 5
Die opvoeder sal die verskillende instrumentgroepe aan julle verduidelik. LUISTER goed!
STAP 6
Klassifiseer nou die instrumente wat jy neergeskryf het (ook dié waarmee jy nou kennis gemaak het) in die 4 groepe (families). Is daar enige ooreenkoms met STAP 4?
Definieer die volgende:
Waarvolgens word die instrumente geklassifiseer?
a) Voltooi die volgende omtrent die MBIRA (Im BEE rah):
![]() |
b) Voltooi die volgende omtrent die JEMBE (djem-bê):
![]() |
c) Voltooi die volgende omtrent die UHADI (Oe HAA die):
![]() |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 2 |
| REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| GESAMENTLIK (2.1 – 2.2) |
| uitvind oor ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar van die verlede of hede, van enige kunsvorm, en daaroor aan die klas verslag doen; |
| die wenslikheid verduidelik dat ‘n land se inheemse kennissisteme, kunswerknalatenskap in musems, galerye, teaters, kulturele persele en natuurlike erfenispersele bewaar word; |
| DANS (2.3 – 2.4) |
| navorsing oor ‘n tradisionele dans in die gemeenskap doen met behulp van mense, boeke of video’s en dit in die klas aanbied; |
| waarnemingsvaardighede toon deur komponente van danse gesien in Suid-Afrika te beskryf, asook die ooreenkomste en verskille ten opsigte van bewegingstyl, doel, gebruik van dansers, kostuums en musiek; |
| DRAMA (2.5) |
| die elemente van drama (bv. optogte, lofsange) herken en identifiseer in vorme van kulturele en sosiale uitdrukking oor ‘n tydperk (bv. openingseremonies, rock-konserte, staatsaangeleenthede, sport); |
| MUSIEK (2.6 – 2.7) |
| Afrika-instrumente klassifiseer in terme van ideofone, chordofone, membranofone, aerofone en Westerse instumente volgens strykers, houtblasers, koperblasers en slagwerk; |
| enige van die volgende tipes instrumente bespreek in terme van die vorm, materiale gebruik, tipe klank, hoe dit bespeel word, hoe klank voortgebring word: |
|
|
|
|
|
|
|