Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Om verskillende tromtegnieke en perkussiepatrone te kombineer

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseAC display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Arts & Culture (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseAC" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Om verskillende tromtegnieke en perkussiepatrone te kombineer

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 7

SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING

Module 16

Om verskillende tromtegnieke en perkussie-patrone te kombineer

Musiek

Aktiwiteit 1:

Om verskillende tromtegnieke en perkussie-patrone te kombineer

[LU 1.6]

  • Wat ‘n mondvol! Om hierdie opdrag beter te verstaan, gaan ons die aktiwiteit as volg onderverdeel:
  1. Tromtegnieke
  2. Ritmiese patrone:
    1. a) liggaamsperkussie
    2. b) trom

3. Ritmiese frases en sinne

1. TROMTEGNIEKE

Jy het reeds in Graad 6 kennis gemaak met enkele tromtegnieke gerig op die jembe – ons gaan dit hersien en daarop uitbrei. Uitspraak: djêm-bê

V oorbereiding

  • Eksperimenteer met die vashou van die trom: sittend of staande; tussen die knieë (verkieslik), onder die arm, ens. Die onderste gedeelte van die trom staan eenkant opgelig, anders word die klank gedemp. Die gemaklikste is wanneer die trom in ‘n sittende posisie gespeel word.
  • Verskillende klanke kan verkry word deur die tromvel op verskillende maniere aan te raak of te “slaan”. Eksperimenteer nou met verskillende houe en klanke.
  • Let daarop dat jy jou polsgewrigte gebruik en nie jou hele arm nie!
  • Skryf jou bevindings neer deur die volgende vrae te beantwoord:
  • Watter gedeeltes van die hand kan jy gebruik vir houe op die tromvel?
  • Vergelyk die klank wanneer die hand gerond is en wanneer die hand plat is.
  • Waar op die tromvel sal jy die hoogste klank verkry?
  • Waar op die tromvel sal jy die laagste klank verkry?
  • Beskryf die klank as jou hand onmiddellik terugbons. Watter term word hiervoor gebruik?
  • Beskryf die klank as jou hand op die tromvel bly. Watter term word hiervoor gebruik?
  • Hoe vinniger die hand die tromvel tref hoe harder / sagter sal die klank wees. Kies die regte term.
  • Watter hand sal die skerpste en hardste klank genereer?
  • Dink jy tromspelers beperk hulle tot die tromvel?

Drie Handtegnieke

  • Die tegnieke wat hier behandel word is, veral gerig op die djembe, maar kan op ander handtromme (Bv. doumbek, konga) toegepas word.
  • In Wes-Afrika (waar handtromme soos bv. die djembe sy oorsprong het) gebruik die verskillende streke verskillende terminologieë en uitsprake vir die onderskeie houe. Die terme bass, tone en slap word internasionaal gebruik en daarom sal ons daarby volstaan.
  • Die opvoeder sal hierdie drie handtegnieke aan julle verduidelik en demonstreer. Jy het dit tien teen een self ontdek terwyl jy eksperimenteer het met die klank en houe!

Oefen die drie tegnieke en voltooi die onderstaande t.o.v. van hierdie tegnieke:

Figure 1
Figure 1 (Picture 2.png)

Beskrywing van hou op trom:

Toonhoogte:

Figure 2
Figure 2 (Picture 3.png)

Beskrywing van hou op trom:

Toonhoogte:

Figure 3
Figure 3 (Picture 4.png)

Beskrywing van hou op trom:

Toonhoogte:

Aangesien almal se fisiese bou verskil, moet jy self besluit wanneer ‘n hou goed klink en voel. Jy moet jouself afvra waarom ‘n spesifieke hou beter geklink het en wat jy gedoen het om dit beter te laat klink?

  1. RITMIESE PATRONE

Figure 4
Figure 4 (Picture 6.png)

a) Ritmiese patrone: liggaamsperkussie

Die opvoeder gaan sekere patrone aan jou voorklap en jy moet dit naboots.

Let op hoe die patroon verander as daar stiltes ingevoeg word!

Figure 5
Figure 5 (Picture 7.png)

Hier volg ‘n grafiese voorstelling van sommige van die patrone:

Table 1
 
TELLINGS
1 2 3 4
1 X X X X
2 X      
3 X   X  
4 X X    
5 X   X X
6   X X X
7 X     X

Uitgebreide patrone:

Table 2
 
POLSSLAE in 4-maatslag
1 en 2 en 3 en 4 en
1 X   X   X   X  
2 X X X X X X X X
3 X X X   X   X  
4 X X   X   X   X
5 X     X X   X X
6                
7                

b) Ritmiese patrone: trom

Om hierdie patrone op die trom uit te voer, vereis ‘n sekere mate van vaardigheid.

  • Besluit vooraf watter handtegnieke jy gaan gebruik.
  • Wissel die hande met elke hou af.
  • Herhaal elke patroon vier maal.
  • OEFEN, OEFEN, OEFEN! Hier volg riglyne van hoe enkele van die patrone op die trom uitgevoer kan word. Eksperimenteer self met verskillende tegnieke! Linkshandiges kan die hande omruil om sodoende die sterker hand, m.a.w. die linkerhand, vir die sterker polsslag te gebruik.Sleutel:

Figure 6
Figure 6 (Picture 8.png)

Figure 7
Figure 7 (Picture 9.png)

3. RITMIESE FRASES EN SINNE

Wanneer ons praat, word ‘n sin onderverdeel in frases en hierdie frases word gewoonlik aangedui met ‘n komma (nie finaal nie) wat asemhaling impliseer. Aan die einde van ‘n sin is daar ‘n punt – ‘n finale stop of asemhaling. Om struktuur aan musiek te gee, word dieselfde beginsel toegepas – dit lei die luisteraar.

In musiek bestaan ‘n sin gewoonlik uit agt mate. Die sin kan weer onderverdeel word in twee frases van vier mate elk.

Skematiese voorstelling: Elke blokkie stel ‘n maat voor (vier of drie tellings).

Figure 8
Figure 8 (Picture 10.png)

Om ‘n ritmiese sin van agt mate te skep, sal ons in hierdie module van herhaling gebruik maak.

Herhaling is ‘n kragtige komposisie-tegniek: die brein herken die ritmiese patroon sodra dit herhaal word. Volg die opvoeder se instruksies en bou sinne!

Aktiwiteit 2:

Om musiekfrases te improviseer en te skep

[LU 1.7]

Om musiek te improviseer, beteken om ‘n storie d.m.v. klank te vertel. Wanneer ‘n storie ‘n paar maal vertel word, verskil elke weergawe van die vorige – die storie sal nooit twee keer presies dieselfde wees nie.

So ook wanneer musiek geïmproviseer word: elke uitvoering verskil en weerspieël sy eie indiwidualiteit en uitdrukking. Die note wat gespeel word, kan vergelyk word met die styging en daling van die stemtoon of die aksies tydens die vertelling van ‘n storie. Soos wanneer ‘n storie vertel word, moet die musiek ook in frases en sinne gedink en gespeel word, anders sal dit stokkerig klink.

Om te improviseer beteken dus dat jy jou eie musiek skep. Hierdie skepping moet egter binne ‘n spesifieke raamwerk t.o.v. van maatslag en struktuur geskied.

Jy moet eksperimenteer met klank en ritmiese patrone skep solank dit binne die gegewe raamwerk is t.o.v:1. Die maatslag (3- of 4-tyd)

2. Ritmiese struktuur: frases en sinne (4 + 4, ens.)

Volg die opvoeder se instruksies vir die volgende:

  1. Tromsirkel
  2. Bosbrand

In die tromsirkel gaan jy aanvanklik slegs enkele mate improviseer wat dan uitgebrei word tot frases en sinne in die Bosbrand.

Soos in soveel ander fasette van die lewe is samewerking in hierdie groeps-aktiwiteit uiters noodsaaklik! Die belangrikste vereistes is die volgende:

  • Konsentrasie en geheue
  • Luister na die ander spelers
  • Volg die maatslag – behou die polsslag
  • Behou die fase-struktuur

Geniet dit!

Aktiwiteit 3:

Om in G-majeur te lees

[LU 1.8]

1. Jy het reeds kennis gemaak met C-majeur. Op die klavier beteken dit dat al die note wat gebruik word, wit note is.

  • Uit hoeveel trappe bestaan die toonleer?
  • Die opvoeder speel voor. Watter trap is verander?
  • Wat noem ons die simbool wat gebruik is om aan te dui dat die spesifieke noot hoër gespeel/sing moet word?
  • Skryf die G-majeur-toonleer en dui aan die veranderde noot.
  • WENK: Die G-sleutel dui die G-noot (die tweede lyn) aan.
  • Voeg die lettername by
    Figure 9
    Figure 9 (Picture 11.png)

2. Die opvoeder sal vir julle fotostate gee van die notasie van die Click Song en Nkosi Sikelel’i Africa! In die notasie is hierdie twee liedere deurmekaar geskommel.

  • Knip die mate uit en herbou die twee liedere soos ‘n legkaart!
  • WENK: Klassifiseer eers al die mate volgens die maatsoort; 3- en 4-slagmaat!
  • Sing die verskillende mate, klap die ritmes en laat die woorde en herhalings wat voorkom jou lei.
  • Sodra die mate sinvol agtermekaar volg, kan jy dit in plak.
  • Voeg die lettername van die note by.
  • Kan jy dit sing? Kan jy dit op die klavier speel?

Aktiwiteit 4:

Om ‘n klingel oor menseregte te komponeer

[LU 1.9]

Stap 1

Luister na die opname/s wat die opvoeder aan jou voorspeel.

Stap 2

Dit is sedert die Tweede Wêreldoorlog dat menseregte ‘n kwessie geword het. Gedurende hierdie tydperk gebruik ook “klassieke” komponiste van die twintigste eeu musiek as universele taal, om die tema “menseregte” oor te dra.

- Noem ‘n voorbeeld van ‘n twintigste eeuse komponis:

- Kan jy kortliks die agtergrond omtrent die werk/e waarna jy geluister het skets?

Stap 4

Luister na Know your rights – The Clash.

Stap 5

Beantwoord die volgende vrae;

Wat is die tema van die lied?

Watter drie regte word hier gepropageer?

Wat sê die lied omtrent regverdigheid?

Wat is die (historiese) gebeure rondom die lied?

Stem jy saam met die idees en oplossing in die lied?

Stap 6

Bestudeer weer die Handves van Kinderregte, sowel as die verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan, soos uiteengesit in Leereenheid 1 (drama 1.2).

Opsie 1

Komponeer ‘n klingel oor menseregte

‘n Klingel is ‘n kort musikale idee wat kommersieel gebruik word vir advertensie-doeleindes. Skryf jul eie klingel: “Ken jou regte” wat gebaseer is op Kinderregte (dit kan een of meer wees) en die verantwoordelikheid wat hiermee gepaard gaan. Luister na klingels oor die radio. Die klingel kan gebaseer wees op ‘n bestaande lied, rymklets (rap) of sing-praat (chanting).

OF

Opsie 2

Komponeer ‘n begeleiding vir ‘n uitvoering of aanbieding oor menseregte.

Volg die riglyne soos uiteengesit in aktiwiteit 4.2 (‘n Bosbrand) en komponeer ‘n begeleiding vir die dans in Leereenheid 2 Aktiwiteit 2.3

Stap 7

Hierdie opdrag word in klein groepies as tuiswerk gedoen en dan aan die klas voorgedra.

Assessering

Table 3
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK
1.6 kombineer en meng verskillende tromspeltegnieke en perkussiepatrone om ritmiese sinne te vorm;
1.7 improviseer en skep musiekfrases deur begrippe soos gemoedstemming, vorm en kontras te gebruik;
1.8 lees en sing of speel die toonleer en eenvoudige melodieë in G-majeur;
1.9 komponeer musiek, liedjies of wysies rondom menseregtevraagstukke of om ‘n opvoering of aanbieding oor menseregte te begelei.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks