Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Geskiedenis Graad 7 » Die Slag van Bloedrivier

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Die Slag van Bloedrivier

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS

Graad 7

DIE GROOT TREK VERSKUIF GRENSE

Module 8

DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER

Ongeveer 468 Voortrekkers, 60 Zoeloes, drie Engelse en ‘n paar swart helpers het in Desember 1838 na Mgungundlovu vertrek met 57 van die beste waens, osse en perde. ‘n Engelse handelaar wat die gebied goed geken het, Alexander Biggar, het 60 swart helpers te voet geneem om Pretorius te help. Na donker is die waens om veiligheidsredes in ‘n laer getrek. Hekke wat van beesvelle gemaak is, is gebruik om die waens aan mekaar vas te maak. Die perde en beeste is in die middel van die laer met rieme aan mekaar vasgebind. Klein kanonne is opgestel. Saans het die Voortrekkers gewyde liedere gesing om hulle te bemoedig. Sarel Cilliers het die Voortrekkers gelei om ‘n gelofte af te lê waarin die Trekkers God gevra het vir ‘n oorwinning teen die Zoeloes.

Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)

Die kommando se roete na Mgungundlovo

Teen die aand van 15 Desember het twee verkenners wat vooruit gery het, teruggekeer met die nuus dat ‘n Zoeloemag van ongeveer 15 000 mans op pad was, ‘n dagreis ver. Pretorius moes toe vinnig besluit op ‘n plek waar die laer getrek moet word. Van die waens is in ‘n reguit lyn, parallel met ‘n diep donga (drie meter diep), opgestel, loodreg met die Ncomerivier. Die res van die waens is in ‘n halwe sirkel getrek en aan die ander waens vasgemaak. Op die hoeke is klein kanonne opgestel en die vee is binne die laer bymekaar gemaak.

Verskillende voorstellings van die laer:

Figure 2
Figure 2 (Picture 2.png)

Figure 3
Figure 3 (Picture 3.png)
Figure 4
Figure 4 (Picture 4.png)

Teen dagbreek op 16 Desember het die Zoeloemag onder aanvoering van Ndlela en Dambuza probeer om die laer te omsingel met die bekende oskop-formasie. Die Voortrekkers was buite die trefkrag van die spiese en hul geweervuur en kanonne het elke Zoeloe-aanval gestuit. Na twee uur het die Trekkers se ammunisie opgeraak en is groepe te perd uitgestuur om die Zoeloes te verdryf.

Die Zoeloes moes uiteindelik vlug. Die oorwinning van die Voortrekkers was hoofsaaklik toe te skryf aan deeglike, taktiese voorbereidings, militêre vindingrykheid en hul moderne wapens. Dit was beslis ‘n terugslag vir die Zoeloes, maar dit was nie die einde van hul magtige ryk nie.

Aktiwiteit 1:

Om te onderskei tussen feite en menings oor die slag van bloedrivier

[LU 3.2]

a) Bespreek watter van die vorige sketse oor die terrein van die Slag van Bloedrivier die betroubaarste is. Maak dan jou eie voorstelling met behulp van die korrekte inligting.

b) Tot wie se voordeel of nadeel sou die volgende gewees het?

  • ‘n Geveg in die donker
  • ‘n Vloed op 10 Desember
  • Moderne tegnologie

c) Werk in pare en beantwoord die volgende vrae oor die Slag van Bloedrivier:

  • Indien Dingane en Pretorius Bloedrivier vandag moes besoek, sou hulle sekere veranderings waargeneem het, asook dinge wat dieselfde gebly het. Noem twee voorbeelde van elk.

d) Stel ‘n tabel op waarin jy die volgende veldslae met mekaar vergelyk wat betref die datum, terrein, leiers, taktiek en gevolge:

  • Vegkop
  • Italeni
  • Bloedrivier

Op 20 Desember het die Voortrekkers op ‘n brandende en verlate Mgungundlovu afgekom. Elf dae later is hulle egter deur die Zoeloes in ‘n lokval gelei in ‘n digbeboste gebied naby die Wit Umfolozirivier. Die Zoeloemag van 5 000 moes na ‘n harde veldslag die aftog blaas.

Gedurende Maart 1839 het die Voortrekkers en die Zoeloes begin onderhandel oor grondgebied, maar sonder enige sukses. Intussen het die Zoeloes begin om hul vertroue in Dingane te verloor, veral na die moord op Retief en sy geselskap. Hy het begin om die Swazi’s aan te val in ‘n poging om sy ryk noordwaarts uit te brei. Sy poging het misluk en hyself is verslaan deur sy halfbroer, Mpande, wat weggebreek het met die helfte van die Zoeloemag. Op 10 Februarie het Mpande die nuwe Zoeloe-opperhoof geword. Hy is dadelik deur die Voortrekkers erken. Dingane is later deur die Swazi’s doodgemaak.

Die Voortrekkers het die Republiek van Natalia uitgeroep, met Pietermaritzburg (vernoem na Retief en Maritz) as hoofstad.

Aktiwiteit 2:

Om bewus te wees van verskillende sienings oor die Groot Trek

[LU 3.1]

(a) Is die volgende stellings waar of onwaar? Verskaf die korrekte feite, indien dit onwaar is.

  • Dingane is finaal by Bloedrivier deur die Voortrekkers verslaan.
  • Na die Slag van die Wit Umfolozi het Potgieter se kommando bekend gestaan as die Vlugkommando.
  • Die Voortrekkers moes eerder na Mpumalanga getrek het.
Figure 5
Figure 5 (Picture 5.png)
  • Wat dink jy is die ware betekenis van die Slag van Bloedrivier?

Assessering

Table 1
LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – Die leerder is in staat om aspekte van geskiedenis te interpreteer
3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede
3.2 Onderskei tussen feite en menings 3.3 Rekonstrueer verlede

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) Skets 1

(d)

Table 2
  Vegkop Italeni Bloedrivier
Datum Augustus 1836 10 April 1838 16 Desember 1838
Terrein Teen ‘n heuwel Digbegroeide kloof Langs donga en riviere
Leiers Trekker: Potgieter Trekker: Potgieter, Uys  
Taktiek Trekkers: Vierkantige laer met skiethokke Zoeloes lei Trekkers in lokval Trekkers: Laer met kampeZoeloes: Oskop
Gevolge Ndebele verslaan Voortrekkers verslaan Zoeloes verslaan

Aktiwiteit 4.2

  • Onwaar: Dingane is later deur Swazi’s doodgemaak
  • Onwaar: Na Slag van Italeni

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: