Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Geskiedenis Graad 7 » Die Anglo-Boereoorlog

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Die Anglo-Boereoorlog

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS

Graad 7

DEMOKRASIE OF OORLOG

Module 10

DIE ANGLO-BOEREOORLOG

Die Groot Trek na die binneland vanaf (ongeveer) 1838 het veroorsaak dat twee Boere-republieke, nl. die Transvaal en die Oranje-Vrystaat tot stand gekom het. Die boere wat in dié Republieke gewoon het, was vry mense en ver buite die bereik van die Britse oorheersing aan die Kaap. Verskeie gebeure het veroorsaak dat die Britse regering meer in die Republieke begin belangstel het en selfs bereid was om oorlog te voer om die gebied onder Britse beheer te plaas.

In 1877 het Brittanje die Transvaalse republiek, genoem die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) oorgeneem. Die Boere was woedend, en die eerste Anglo-Boereoorlog (1880 – 1881) breek uit. Na verskeie nederlae en groot verliese, veral die Slag van Majuba, gee die Britte oor. Op 23 Maart 1881 is ‘n Vredesooreenkoms onderteken en Transvaal is aan die Boere teruggegee.

In 1886 is goud aan die Witwatersrand ontdek. Mettertyd het die gedagte by Brittanje ontstaan om die Krugerregering van Transvaal oor te neem, sodat Brittanje die goud in besit kon neem. President Kruger het ‘n ultimatum aan die Britse regering gestel dat hulle hul soldate op hul grense moes terugtrek. Soos te wagte, is dit verwerp en op 11 Oktober 1899 is oorlog verklaar.

Die Anglo-Boereoorlog het van 1899 – 1902 plaasgevind ná verskeie botsings tussen Boer en Brit in Suid-Afrika. Verskillende name is aan die oorlog gegee:

- die Vryheidsoorlog

- die Tweede Vryheidsoorlog

- die Groot-Boereoorlog;

- die Suid-Afrikaanse Oorlog of die Anglo-Boereoorlog.

‘n Oorlog tussen twee klein republiekies en die magtige Britse Ryk in Groot Brittanje het gevolg. Ongeveer 64 000 boere teenoor die 100 000 Britse troepe, wat later tot 448 000 sou aangroei.

Ons gaan hierdie module deur selfstudie deurwerk. Dit is onmoontlik om die volledige oorlog in die klaskamer deur te werk. Kry goeie boeke in die biblioteek of by jou onderwyser en lees soveel as moontlik oor die oorlog.

In hierdie leereenheid word ‘n kaart, tydlyn, tekeninge en agtergrondinligting verskaf om vir jou ‘n geheelbeeld te verskaf. Daarna verskaf elke leereenheid slegs spesifieke agtergrondsinligting, koerantartikels en spotprente om jou te help.

Aktiwiteit 1:

Om die kronologie en tyd van die Anglo-boereoorlog te verstaan

[LU 2.1]

a) Stel ‘n meer kindervriendelike tydlyn of kaart saam waarin belangrike momente tydens die oorlog verduidelik word. Meegaande kaart en sketse/artikels gaan jou hiermee help.

BRON A

Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)

Verloop van die oorlog

BRON B

Sketse/artikel oor Britse en Boere-generaals.

Figure 2
Figure 2 (Picture 2.png)

Voor:Buller; Agter:Colley, Kitchener en Baden-Powell

Britse Generaals

  • Sir George Colley was aanvoerder van die Britse magte in Natal tydens die eerste Anglo-Boereoorlog. Hy het by Majuba gesneuwel.
  • Sir Redvers Buller was met die uitbreek van die tweede Anglo-Boereoorlog in bevel van die Natalse veldmag. Maar hul eerste veldslae het rampspoedig verloop.
  • Lord Frederick Roberts het Buller as aanvoerder van die Britse magte opgevolg. Hy het Bloemfontein en Pretoria beset.
  • Lord Horatio Herbert Kitchener het in 1900 vir lord Roberts opgevolg. Hy is vir konsentrasiekampe en die afbrand van plase gekritiseer.

Lord Robert Baden-Powell het tydens die 217-dae-beleg van Mafeking ‘n Britse held geword. Hy was ook die stigter van die Boy Scouts.

Figure 3
Figure 3 (Picture 3.png)

Botha, Smuts, De Wet, Joubert

Boere-generaals

  • Louis Botha het generaal Piet Joubert as kommandant-generaal van die Transvaalse kommando’s opgevolg. In 1910 het Botha die eerste premier van die Unie van Suid-Afrika geword.
  • Jacobus (Koos) de la Rey het hom by die Slag van Modderrivier onderskei. Hy het loopgraafoorlogvoering by Magersfontein begin en later in die guerilla-oorlog geveg.
  • Petrus (Piet) Joubert was twee keer president van die ZAR en ‘n kommandant-generaal tydens die eerste Anglo-Boereoorlog.
  • Jan Christiaan Smuts het die guerillafase van die tweede Anglo-Boereoorlog help beplan. Hy was twee keer die premier van die Unie van Suid-Afrika.
  • Christiaan Rudolf de Wet het in die eerste Anglo-Boereoorlog geveg en was hoofkommandant van die OVS tydens die tweede Vryheidsoorlog.

Uit: KTV: Alles oor S.A.

BRON C: Britse en Boere soldate tydens gevegte

Figure 4
Figure 4 (Picture 4.png)

Figure 5
Figure 5 (Picture 5.png)

Assessering

Table 1
LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon
2.1 Verstaan kronologie en tyd
 
2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge)
2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille)

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: