Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Geskiedenis Graad 7 » Die Taung-baba

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download collection as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...

Download module as:

Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

Die Taung-baba

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS

Graad 7

DIE EERSTE MENSE

Module 14

DIE TAUNG-BABA

  • Die aarde is waarskynlik 6 miljard jaar oud. Van hierdie tydperk bestaan die mens en sy voorsate maar sowat 5 – 8 miljoen jaar, terwyl die mens wat sy eie kos kweek en ‘n georganiseerde gemeenskapslewe ontwikkel het, nog maar 6000 – 8000 jaar op aarde is. Dit is skaars een miljoenste van die wêreld se ouderdom.
Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)
  • In hierdie module gaan jul ontdek van mense wat miljoene jare gelede geleef het. Dit wat ons van die vroeë mense weet, kry ons van getuienis. Baie van die getuienis is ou bene, werktuie en tekeninge wat ontdek is. Groot dele van die verlede is amper bronloos . . .
  • Net in Afrika is daar al meer as 3 000 skeletstukke van vroeë mense versamel. Meegaande kaart toon verskillende plekke in Suid- en Oos-Afrika aan waar laasgenoemde voorkom.

Figure 2
Figure 2 (Picture 2.png)

  • Afrika word die wieg van die mensdom genoem, omdat van die oudste menslike fossiele hier gevind word.
  • Vervolgens gaan ons ontdek hoedat die fossiellewe, wat argeoloë gevind het, ons meer vertel van die vroeë mens.

Die menseras het in Afrika ontstaan. ‘n Suid-Afrikaanse kind wat sowat 3 miljoen jaar gelede dood is, bied baie leidrade oor die vroeë mense. Die skedel van die vroegste lid van die menseras is in 1924 by ‘n kalkgroef naby die dorpie Taung (“plek van die groot leeu”), 80 km noord van Kimberley (in die Noordwes-provinsie) ontdek. ‘n Werker wat vir ‘n maatskappy kalksteen uit ‘n steengroef uitgeskiet het, het ‘n klein skedel gevind. Dit is aan professor Raymond Dart gestuur.

Figure 3
Figure 3 (Picture 3.png)

Die taung-baba

Hulle het dadelik besef dat dit anders is as enigiets wat hul tevore gesien het.

Die skedel het twee belangrike kenmerke van die menseras (hominiede) uitgewys, nl.

  • klein hoektande en ‘n
  • regop liggaamshouding

Omdat die skedel so klein was, het professor Dart gedink dit behoort aan ‘n kind omtrent vyf jaar oud – vandaar die naam Taung-baba. Die kind het regop geloop soos ons. Daarom het hy hom die wetenskaplike naam Australopithecus gegee. Sover ons weet, was Australopithecus die eerste wese wat regop geloop het - soos ‘n mens.

Figure 4
Figure 4 (Picture 6.png)

Aktiwiteit 1:

Om die verlede te rekonstrueer

[LU 3.3]

Oortuig jou vriend op ‘n wetenskaplike wyse dat mense nie uit ape ontwikkel het nie. Meegaande vyf bronne gaan jou baie hiermee help! (Julle kan eers ‘n klasdebat hou!)

Figure 5
Figure 5 (Picture 7.png)

Bron A

Figure 6
Figure 6 (Picture 8.png)

Bron B

Anders as die mens en Australopithecus dwing die anatomie van die sjimpansee hom om met ‘n waggelgang op die buiterande van die voete te loop.

Van al die primate is die mens die enigste wat regop loop.

Dit beteken dat die vorm van die bekkengordel, die posisie van die dybeen, en die manier waarop die voet op die grond geplant word, baie spesifiek is.

Die manier waarop die dybeen die liggaamsgewig dra, is ook anders by mense as by ape. Deur die geraamte van Australopithecus met die van ape en mense te vergelyk, is dit maklik om te sien hoedat Australopithecus in al hierdie gevalle meer met mense ooreenstem as met ape.

Die ingeboë knieë van die mens en Australopithecus laat ook toe dat die voete na vore gerig kan word.

Dit beteken dat die bal van die voet en veral die groottoon ‘n belangrike rol tydens beweging speel.

BRON C

Figure 7
Figure 7 (Picture 9.png)

BRON D

Bekkengordels en dybene. Die ooreenkoms tussen Australopithecus en die mens is duidelik. Die vertikale swart streep G dui die as aan waarlangs die gewig van die heup na die knie oorgedra word. A = os illium (heupbeen), B = potjie vir dybeen, C = os pubis (skaambeen), D = os ischium (sitbeen), E = os sakrum, F = os femur (dybeen

Figure 8
Figure 8 (Picture 37.png)

BRON E

By Australopithecus was die kniegewrigte reeds na binne gebuig soos by hedendaagse mense en het hulle spore soos ons getrap. Die Sjimpansee het met ‘n waggelgang op sy agterpote geloop.

Twaalf jaar later, in 1936, het dr. Robert Boom by Sterkfontein (naby Krugersdorp) die eerste skedel van ‘n volwasse gevind. Hy het eers gedink dat dit die vroulike vorm van ‘n nuwe spesie was en dit Plesianthropus transvaalensis (Mev. Ples) genoem. Verdere ondersoek het egter getoon dat Mev. Ples feitlik identies aan die Taungkind was.

Aktiwiteit 2:

Om tyd te verstaan deur aan te toon dat sekere aspekte in gemeenskappe verander het, terwyl ander dieselfde gebly het

[LU 2.1]

a) Bestudeer meegaande skets uit die steentydperk en beantwoord die vrae wat volg. Maak eers ‘n skets van soortgelyke omstandighede by jou huis.

Figure 9
Figure 9 (Picture 11.png)

  • Is dit moeilik om kos te bekom? Word kos met mekaar gedeel?
  • Watter klere dra hulle?
  • Hoe werk hul familielewe? Het hul omgegee vir hul kinders?
  • Watter toerusting en wapens word gebruik? Het die tegnologie daaraan verbeter?
  • Kan hul snags veilig slaap?
  • Het die mans en vrouens verskillende werke?
  • Bly die mense lank op ‘n plek?

b) Ontwikkel ‘n strokiesprent of luisterliedjie om bogenoemde inligting mee saam te vat.

Assessering

Table 1
LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon
2.1 Verstaan kronologie en tyd
 
2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge)
2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille)
LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – Die leerder is in staat om aspekte van geskiedenis te interpreteer
3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede
3.2 Onderskei tussen feite en menings
3.3 Rekonstrueer verlede
 
Memorandum

Aktiwiteit 1

Ape toon duidelike verskille met mense. Die mens is die enigste van die primate wat regop loop. Die vorm van die bekkengordel, die posisie van die dybeen en die maniere waarop die voet geplant word, is baie spesifiek. ‘n Vergelyking van die bou van die res van die liggaam en die brein toon ook dat die Australopithecus beslis nader aan mense verwant is Daar was dus ‘n ontwikkelingspatroon vanaf Australopithecus deur Homo habilis en Homo erectus na die hedendaagse mens Homo sapiens.

Aktiwiteit 2

Gestel hierdie skets is ‘n voorstelling van die Steentydperk:

Hulle woon in grotte, waarin hulle slaap en kos bêre en werktuie, wapens en vure gebruik. Die insameling van kos was die hoofbedrywigheid. Die mans het gejag en visgevang. Die vroue en kinders het bessies, wilde vrugte en plantwortels gesoek. Hulle het ook kos gebêre vir die winter en ook die kos gaargemaak. Werktuie was van been, klip en hout en het algaande verbeter, want hulle het pyle, byle en dolke gemaak. Hulle kon ook eenvoudige voorwerpe vervaardig, bv. “naalde” waarmee klere van wol en vlas gemaak is. Die vroeë mense het nie lank op een plek gebly nie.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)