Inside Collection (Course): Geskiedenis Graad 7
![]() |
![]() |
Die menseras het in Afrika ontstaan. ‘n Suid-Afrikaanse kind wat sowat 3 miljoen jaar gelede dood is, bied baie leidrade oor die vroeë mense. Die skedel van die vroegste lid van die menseras is in 1924 by ‘n kalkgroef naby die dorpie Taung (“plek van die groot leeu”), 80 km noord van Kimberley (in die Noordwes-provinsie) ontdek. ‘n Werker wat vir ‘n maatskappy kalksteen uit ‘n steengroef uitgeskiet het, het ‘n klein skedel gevind. Dit is aan professor Raymond Dart gestuur.
![]() |
Die taung-baba
Hulle het dadelik besef dat dit anders is as enigiets wat hul tevore gesien het.
Die skedel het twee belangrike kenmerke van die menseras (hominiede) uitgewys, nl.
Omdat die skedel so klein was, het professor Dart gedink dit behoort aan ‘n kind omtrent vyf jaar oud – vandaar die naam Taung-baba. Die kind het regop geloop soos ons. Daarom het hy hom die wetenskaplike naam Australopithecus gegee. Sover ons weet, was Australopithecus die eerste wese wat regop geloop het - soos ‘n mens.
![]() |
Oortuig jou vriend op ‘n wetenskaplike wyse dat mense nie uit ape ontwikkel het nie. Meegaande vyf bronne gaan jou baie hiermee help! (Julle kan eers ‘n klasdebat hou!)
![]() |
Bron A
![]() |
Bron B
Anders as die mens en Australopithecus dwing die anatomie van die sjimpansee hom om met ‘n waggelgang op die buiterande van die voete te loop.
Van al die primate is die mens die enigste wat regop loop.
Dit beteken dat die vorm van die bekkengordel, die posisie van die dybeen, en die manier waarop die voet op die grond geplant word, baie spesifiek is.
Die manier waarop die dybeen die liggaamsgewig dra, is ook anders by mense as by ape. Deur die geraamte van Australopithecus met die van ape en mense te vergelyk, is dit maklik om te sien hoedat Australopithecus in al hierdie gevalle meer met mense ooreenstem as met ape.
Die ingeboë knieë van die mens en Australopithecus laat ook toe dat die voete na vore gerig kan word.
Dit beteken dat die bal van die voet en veral die groottoon ‘n belangrike rol tydens beweging speel.
BRON C
![]() |
BRON D
Bekkengordels en dybene. Die ooreenkoms tussen Australopithecus en die mens is duidelik. Die vertikale swart streep G dui die as aan waarlangs die gewig van die heup na die knie oorgedra word. A = os illium (heupbeen), B = potjie vir dybeen, C = os pubis (skaambeen), D = os ischium (sitbeen), E = os sakrum, F = os femur (dybeen
![]() |
BRON E
By Australopithecus was die kniegewrigte reeds na binne gebuig soos by hedendaagse mense en het hulle spore soos ons getrap. Die Sjimpansee het met ‘n waggelgang op sy agterpote geloop.
Twaalf jaar later, in 1936, het dr. Robert Boom by Sterkfontein (naby Krugersdorp) die eerste skedel van ‘n volwasse gevind. Hy het eers gedink dat dit die vroulike vorm van ‘n nuwe spesie was en dit Plesianthropus transvaalensis (Mev. Ples) genoem. Verdere ondersoek het egter getoon dat Mev. Ples feitlik identies aan die Taungkind was.
a) Bestudeer meegaande skets uit die steentydperk en beantwoord die vrae wat volg. Maak eers ‘n skets van soortgelyke omstandighede by jou huis.
![]() |
b) Ontwikkel ‘n strokiesprent of luisterliedjie om bogenoemde inligting mee saam te vat.
| LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon |
| 2.1 Verstaan kronologie en tyd |
| 2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge) |
| 2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille) |
| LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – Die leerder is in staat om aspekte van geskiedenis te interpreteer |
| 3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede |
| 3.2 Onderskei tussen feite en menings |
| 3.3 Rekonstrueer verlede |
Aktiwiteit 1
Ape toon duidelike verskille met mense. Die mens is die enigste van die primate wat regop loop. Die vorm van die bekkengordel, die posisie van die dybeen en die maniere waarop die voet geplant word, is baie spesifiek. ‘n Vergelyking van die bou van die res van die liggaam en die brein toon ook dat die Australopithecus beslis nader aan mense verwant is Daar was dus ‘n ontwikkelingspatroon vanaf Australopithecus deur Homo habilis en Homo erectus na die hedendaagse mens Homo sapiens.
Aktiwiteit 2
Gestel hierdie skets is ‘n voorstelling van die Steentydperk:
Hulle woon in grotte, waarin hulle slaap en kos bêre en werktuie, wapens en vure gebruik. Die insameling van kos was die hoofbedrywigheid. Die mans het gejag en visgevang. Die vroue en kinders het bessies, wilde vrugte en plantwortels gesoek. Hulle het ook kos gebêre vir die winter en ook die kos gaargemaak. Werktuie was van been, klip en hout en het algaande verbeter, want hulle het pyle, byle en dolke gemaak. Hulle kon ook eenvoudige voorwerpe vervaardig, bv. “naalde” waarmee klere van wol en vlas gemaak is. Die vroeë mense het nie lank op een plek gebly nie.