Voordat motors hul verskyning op die land se paaie gemaak het, het mense te perd gereis.
Veronderstel mense besluit dat hulle eerder met motors as met perde wil ry. Wat gebeur nou in die praktyk?
Natuurlik het die regering niks van die aard gedoen nie. Die verbruikers het meer motors en minder perde gekoop. Wat gebeur nou?
Wanneer daar so baie van iets bestaan soos bv. seewater en lug, kan ons soveel daarvan gebruik as wat ons wil sonder om daarvoor te betaal. Met ander woorde dit is gratis beskikbaar aan almal.
Ekonomiese goedere
Wanneeriets skaars is en die aanvraag daarvoor groot is, moet ons daarvoor betaal. Sulke goed is nie altyd volop nie, en hoe minder daarvan beskikbaar is, hoe meer moet ons daarvoor betaal.
As alles wat ons wil hê, volop is, en die pryse daarvan laag is, sal almal ‘n welvarende lewe lei, en sal niemand bekommerd wees oor die verspreiding van inkomste tussen mense nie. Almal sal kan hê soveel as wat hulle wil. In so ‘n samelewing van welvaart sal daar nie ekonomiese goedere wees nie.
CD’s, fiets, ski-vakansie, swembad, iPod, mediese dienste, selfoon, broodmeel, skoon lug, suiwer water, steenkool, petrol, rekenaarspeletjies
| Behoeftes | Begeertes |
Veels te veel platskerm-televisies
Skielik is daar ‘n oorskot aan supergevorderde platskerm lcd-televisies. Of liewer, daar is veel meer op die winkelrakke as wat verbruikers wil koop. Wêreldmarkleiers Samsung en LG Philips het die vraag na plat beeldskerms hewig oorskat toe hulle die afgelope paar jaar tientalle miljarde rande in nuwe fabrieke belê het.
Die ooraanbod van lcd-televisies het die pryse met sowat 40% die afgelope jaar verminder. Daar word verwag dat pryse met ‘n verdere 20% in die huidige jaar gaan daal. Volgens kenners sal lcd-skerms met ‘n afmeting van 81 cm die komende Kersseisoen R11 000,00 kos in vergelyking met R20 000,00 die vorige jaar.
Die oorskatting van die vraag na lcd-televisies is voordelig vir die verbruiker, maar rampspoedig vir die vervaardigers. Hulle moes toekyk hoe vet winste omskakel na vet verliese.
Die ooraanbod van nuwerwetse plat televisies illustreer baie duidelik hoe riskant dit tans is om geld te maak uit verbruikerselektronika. Die tegnologie verander so snel dat produkte vinnig verouderd raak en pryse in die proses drasties daal. Persoonlike rekenaars van twee jaar gelede is vandag so te sê waardeloos, soos ook in die geval van digitale kameras.
Die oorsaak hiervan is die gebruik van mikroskyfies in elektronika: hierdie skyfies word elke twee jaar dubbeld so vinnig.
Chinese vervaardigers maak blitsvinnig alles na en verkoop kwaliteit namaaksels teen hiperlae pryse. Die winsgrens op hierdie produkte is baie klein.
Samsung en LG Philips gaan desnieteenstaande voort om groot bedrae geld in nuwe fabrieke te belê. Laasgenoemde het die grootste lcd-fabriek in die wêreld vanjaar geopen teen ‘n koste van 40 miljard rand. Hierdie twee markleiers het verwag dat die vraag na lcd-televisies sodanig sal toeneem teen die einde van 2005, dat daar weer ‘n tekort sal ontstaan. As dit sou gebeur, dan skiet die winste die daaropvolgende jaar weer die hoogte in.
Intussen moet hierdie vervaardigers ook rekening hou met nuwe maatskappye wat ook tot die mark toetree. Dan is daar ook nog nuwer en meer gevorderde tegnologieë waarmee daar rekening gehou moet word soos plasma-televisies wat ook plat skerms het. Nuwer, energiebesparende tegnologie soos oled-televisies sou in die toekoms wel lcd kan vervang.[OLED is ‘n afkorting vir organic light emitting diode (organiese liggewende halfgeleiers).]
Verwerk uit ’n artikel in Elsevier, 7 Mei 2005
Aktiwiteit 2:
Om te bepaal hoekom sekere goedere duurder is as ander
[LU 1.3]
Jou ouers het besluit dat dit tyd geword het om ‘n nuwe televisiestel te koop. Julle gaan Saterdagoggend na die winkels toe wat televisiestelle verkoop. Daar vind julle dat daar ‘n groot verskeidenheid stelle beskikbaar is. Onmiddellik wys die verkoopspersoon vir julle die televisiestelle met ‘n plasmaskerm. Dit blyk egter dat hierdie stelle baie duurder is. Maar dan weer is die beeld soveel skerper en helderder.
Bespreek die volgende:
![]() |
Bespreek hierdie grafiek deur die volgende vrae te beantwoord:
a) Hoeveel lcd-stelle is in 2005 en 2006 verkoop?
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 1.1 verduidelik behoeftes en begeertes en hoe die verskille daartussen gemeenskappe en die omgewing beïnvloed; |
| 1.2 beskryf verskillende soorte sakeondernemings en –bedrywighede binne die primêre, sekondêre en tersiêre sektor; |
| 1.3 verduidelik die begrippe “vrye” en “ekonomiese” (skaars) goedere, en die invloed van vraag en aanbod op markpryse. |