Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 » Vraag en aanbod

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseEMS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Economic and Management Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseEMS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Vraag en aanbod

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

Graad 7

EKONOMIESE BEGINSELS

Module 2

VRAAG EN AANBOD

D.Wat beteken vraag en aanbod?

Voordat motors hul verskyning op die land se paaie gemaak het, het mense te perd gereis.

Veronderstel mense besluit dat hulle eerder met motors as met perde wil ry. Wat gebeur nou in die praktyk?

  • Besluit die regering dat daar fabrieke wat motors vervaardig, in Uitenhage gebou moet word en dat werkers soontoe moet trek om in die fabrieke te werk?
  • Word die perdetelers aangesê om minder perde te teel?
  • Besluit die regering dat daar nou eerder katoen gekweek moet word waarmee die sitplekke van die motors opgestop word, en dat daar minder hooi vir perdevoer gekweek moet word?

Natuurlik het die regering niks van die aard gedoen nie. Die verbruikers het meer motors en minder perde gekoop. Wat gebeur nou?

  • Met hoër winste in die motorbedryf, ontstaan daar meer fabrieke wat motors bou, en arbeiders op soek na werksgeleenthede, verhuis soontoe.
  • Die prys van perde daal, en perdetelers wend hulle tot ander maniere om geld te maak.
  • Minder hooi word vir perdevoer benodig, gevolglik daal die prys van hooi en ander gewasse moet aangeplant word.
  • Terselfdertyd neem die aanvraag na grondstowwe soos staal, katoen en rubber toe vir die vervaardiging van motoronderdele. Die prys van hierdie kommoditeite styg en dit het tot gevolg dat meer ondernemings tot die vervaardigingsbedryf toetree.
  • Uiteindelik het die aanvraag na perde in die vorige eeu met 90% afgeneem terwyl miljoene motors vervaardig is.
  • Wat het hierdie rewolusie teweeg gebring? Dit het plaasgevind namate ‘n verandering in smaak en tegnologie deur die kragte van vraag en aanbod plaasgevind het.
  • Soortgelyke veranderings vind deurentyd op ekonomiese gebied plaas namate die smaak van mense verander en produksiemetodes ontwikkel.
  1. “Vrye” en “Ekonomiese” goedere

Vrye goedere

Wanneer daar so baie van iets bestaan soos bv. seewater en lug, kan ons soveel daarvan gebruik as wat ons wil sonder om daarvoor te betaal. Met ander woorde dit is gratis beskikbaar aan almal.

Ekonomiese goedere

Wanneeriets skaars is en die aanvraag daarvoor groot is, moet ons daarvoor betaal. Sulke goed is nie altyd volop nie, en hoe minder daarvan beskikbaar is, hoe meer moet ons daarvoor betaal.

As alles wat ons wil hê, volop is, en die pryse daarvan laag is, sal almal ‘n welvarende lewe lei, en sal niemand bekommerd wees oor die verspreiding van inkomste tussen mense nie. Almal sal kan hê soveel as wat hulle wil. In so ‘n samelewing van welvaart sal daar nie ekonomiese goedere wees nie.

Aktiwiteit 1:

Om onderskeid te tref tussen behoeftes en begeertes

[LU 1.1]

  • Wat is die verskil tussen behoeftes en begeertes? Bespreek.
  • Skryf die volgende items neer in die gepaste kolom:

CD’s, fiets, ski-vakansie, swembad, iPod, mediese dienste, selfoon, broodmeel, skoon lug, suiwer water, steenkool, petrol, rekenaarspeletjies

Table 1
Behoeftes Begeertes
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   

Veels te veel platskerm-televisies

Skielik is daar ‘n oorskot aan supergevorderde platskerm lcd-televisies. Of liewer, daar is veel meer op die winkelrakke as wat verbruikers wil koop. Wêreldmarkleiers Samsung en LG Philips het die vraag na plat beeldskerms hewig oorskat toe hulle die afgelope paar jaar tientalle miljarde rande in nuwe fabrieke belê het.

Die ooraanbod van lcd-televisies het die pryse met sowat 40% die afgelope jaar verminder. Daar word verwag dat pryse met ‘n verdere 20% in die huidige jaar gaan daal. Volgens kenners sal lcd-skerms met ‘n afmeting van 81 cm die komende Kersseisoen R11 000,00 kos in vergelyking met R20 000,00 die vorige jaar.

Die oorskatting van die vraag na lcd-televisies is voordelig vir die verbruiker, maar rampspoedig vir die vervaardigers. Hulle moes toekyk hoe vet winste omskakel na vet verliese.

Die ooraanbod van nuwerwetse plat televisies illustreer baie duidelik hoe riskant dit tans is om geld te maak uit verbruikerselektronika. Die tegnologie verander so snel dat produkte vinnig verouderd raak en pryse in die proses drasties daal. Persoonlike rekenaars van twee jaar gelede is vandag so te sê waardeloos, soos ook in die geval van digitale kameras.

Die oorsaak hiervan is die gebruik van mikroskyfies in elektronika: hierdie skyfies word elke twee jaar dubbeld so vinnig.

Chinese vervaardigers maak blitsvinnig alles na en verkoop kwaliteit namaaksels teen hiperlae pryse. Die winsgrens op hierdie produkte is baie klein.

Samsung en LG Philips gaan desnieteenstaande voort om groot bedrae geld in nuwe fabrieke te belê. Laasgenoemde het die grootste lcd-fabriek in die wêreld vanjaar geopen teen ‘n koste van 40 miljard rand. Hierdie twee markleiers het verwag dat die vraag na lcd-televisies sodanig sal toeneem teen die einde van 2005, dat daar weer ‘n tekort sal ontstaan. As dit sou gebeur, dan skiet die winste die daaropvolgende jaar weer die hoogte in.

Intussen moet hierdie vervaardigers ook rekening hou met nuwe maatskappye wat ook tot die mark toetree. Dan is daar ook nog nuwer en meer gevorderde tegnologieë waarmee daar rekening gehou moet word soos plasma-televisies wat ook plat skerms het. Nuwer, energiebesparende tegnologie soos oled-televisies sou in die toekoms wel lcd kan vervang.[OLED is ‘n afkorting vir organic light emitting diode (organiese liggewende halfgeleiers).]

Verwerk uit ’n artikel in Elsevier, 7 Mei 2005

Aktiwiteit 2:

Om te bepaal hoekom sekere goedere duurder is as ander

[LU 1.3]

Jou ouers het besluit dat dit tyd geword het om ‘n nuwe televisiestel te koop. Julle gaan Saterdagoggend na die winkels toe wat televisiestelle verkoop. Daar vind julle dat daar ‘n groot verskeidenheid stelle beskikbaar is. Onmiddellik wys die verkoopspersoon vir julle die televisiestelle met ‘n plasmaskerm. Dit blyk egter dat hierdie stelle baie duurder is. Maar dan weer is die beeld soveel skerper en helderder.

Bespreek die volgende:

  • Hoekom is die stelle met die plasmaskerms (LCD = Liquid Crystal Display) duurder?
  • Is dit nuwe of ou tegnologie? Hoe weet jy dit?
  • Word die stelle plaaslik vervaardig of word hulle ingevoer?
  • Is die aanvraag na hierdie televisiestelle groot?

Assessering

Table 2
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verduidelik behoeftes en begeertes en hoe die verskille daartussen gemeenskappe en die omgewing beïnvloed;
1.2 beskryf verskillende soorte sakeondernemings en –bedrywighede binne die primêre, sekondêre en tersiêre sektor;
1.3 verduidelik die begrippe “vrye” en “ekonomiese” (skaars) goedere, en die invloed van vraag en aanbod op markpryse.

Memorandum

  • Deur middel van ‘n praktiese voorbeeld word die kwessie van vraag en aanvraag verduidelik.
  • Die verskil tussen “vrye” en “ekonomiese” goedere word verduidelik.
  • Die leerders word gelei om tussen behoeftes en begeertes te onderskei.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks