Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Verbruikersregte tussen koper en verkoper en die verantwoordelikhede van die staat

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseEMS display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Economic and Management Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseEMS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Verbruikersregte tussen koper en verkoper en die verantwoordelikhede van die staat

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

Graad 7

DIE SUKSESVOLLE ENTREPRENEUR

Module 10

VERBRUIKERSREGTE EN DIE VERANTWOORDELIKHEID VAN DIE STAAT

Verbruikersregte tussen verbruiker en produsent

Elke keer wat goedere of dienste van hande verwissel (verkoop word), is daar ‘n ooreenkoms wat tussen die verkoper en koper aangegaan word. Die koper onderneem om die gevraagde prys te betaal en die verkoper onderneem om die goedere/dienste teen daardie prys te lewer. Volgens hierdie koper-verkoper-kontrak kan die koper op die volgende regte aanspraak maak:

  • Indien die goedere gevare inhou, moet ‘n waarskuwing daarop aangebring word;
  • die goedere moet van ‘n redelike kwaliteit wees en nie beskadig wees nie;
  • die goedere mag nie tweedehands wees nie (tensy so geadverteer); en

die goedere moet voorsien wees van die nodige, duidelik verstaanbare instruksies.

Ons verwag tog van mense om eerlik, regverdig en betroubaar in alle onderhandelings te wees. Sekere beginsels vorm die grondslag van goeie besigheid en word besigheidsetiek genoem.

Beide die koper en verkoper het die reg om van die ander party te verwag om eties korrek op te tree. Die verkoper het die reg om te verwag dat hy goed betaal sal word vir sy produkte/dienste, terwyl die koper die reg het om te verwag dat die verkoper hom nie sal probeer mislei nie.

Dan is daar ook ‘n liggaam in S.A., die Suid-Afrikaanse Verbruikersraad, waar alle ontevrede partye hulle lot kan bekla.

JOHAN KOOP SY EERSTE MOTORFIETS

Johan Coetzee is 16 en met sy koerantgeld koop hy vir hom sy eie motorfiets. Na vyf dae kom hy agter dat die motorfiets se masjien baie warm word. Die volgende dag raak die masjien heeltemal onklaar. Baie ontevrede neem hy die motorfiets terug na die handelaar en verduidelik die situasie.

Na ‘n kort gesprek besef die handelaar dat Johan slegs skoon brandstof in die tweeslagmasjien gegooi het, wat gelei het tot erge wrywing en oorverhitting. Hy verwys Johan vriendelik na die waarskuwing wat in groot letters op die brandstoftenk van die motorfiets aangebring is. Dit stipuleer dat daar ook ‘n blikkie tweeslagolie met elke brandstofhervulling in die tenk gegooi moet word – iets wat Johan nooit gedoen het nie.

Aktiwiteit 1:

Om te besluit of persone se optrede korrek was

[LU 1.4.1]

Dink jy die handelaar moes met die verkope reeds aan Johan die brandstofmengsel van die masjien verduidelik het? Waarom?

  • Dink jy Johan is deur die handelaar mislei?
  • Wat dink jy staan Johan nou te doen?

  • Hoe sou jy nou opgetree het, indien jy die handelaar was?

Op Vrydag is dit die intermediêre fase se markdag vir kwartaal twee. Mev. Heunis bedryf die skool se snoepwinkel in ‘n privaat hoedanigheid.

Aktiwiteit 2:

Om te bepaal of die ekonomiese regte van ‘n produsent gerespekteer word

[LU 1.4.1]

Bespreek die volgende in jul groepe:

  • Mag die leerders mev. Heunis versoek om haar snoepwinkel op daardie dag te sluit?
  • Wat kan die verkopers by die markdag doen om die kliënt na hulle stalletjies, eerder as na die snoepwinkel, te lok?
  • Watter etiese beginsels behoort deur beide die snoepwinkeleienaar en die markdagverkopers toegepas te word?
  • Skryf ‘n kort verslag oor hoe jy dink alle betrokke partye die situasie behoort te hanteer sodat almal voordeel sal trek daaruit.

Die verantwoordelikhede van die staat

teenoor die sakewêreld

Die ekonomiese funksies van die staat is om doeltreffendheid, onpartydigheid en stabiliteit tebevorder.

1. Doeltreffendheid

Die staat moet verseker dat sekere ondernemings nie die monopolie of alleenreg besit om sekere dienste te lewer nie want sodanige ondernemings kan dan die pryse van hul goedere of dienste hoog hou omdat daar geen kompetisie is nie.

Sommige maatskappye besoedel die lug en water en begrawe skadelike afval in die grond. Die regering kan deur regulasies ingryp en maatskappye verplig om iets aan die saak te doen.

2. Onpartydigheid (regverdigheid)

Dit is vir die regering onaanvaarbaar dat slegs sekere mense groot salarisse verdien en welvarend is.

  • Die regering kan aan die arm mense (laer inkomstegroepe) sekere subsidies t.o.v. behuising, mediese sorg, versorging van bejaardes, ens. verskaf sodat hulle ook hierdie dienste kan bekostig.
  • Dit is egter baie moeilik om armoede heeltemal uit te wis, maar deur inkomste en welvaart te belas, kan armoede in ‘n groot mate verlig word.

3. Stabiliteit

Die regering is hoofsaaklik verantwoordelik vir ekonomiese stabiliteit en ekonomiese groei. Die volgende probleme kan deur die regering aangespreek word:

  • Inflasie
  • Werkloosheid
  • ‘n Lae groeikoers

Dit kan gedoen word deur:

  • rentekoerse te bepaal
  • die belastings te hef
  • staatsbesteding te beheer

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.3 die begrippe “vrye” en “ekonomiese” (skaars) goedere, en die invloed van vraag en aanbod op markpryse verduidelik;
 
1.4 beskryf en debatteer die magsverhoudinge, ekonomiese regte en verantwoordelikhede tussen die:
1.4.1 verbruiker en produsent;
1.4.3 staat en die sakewêreld.

Memorandum

  • Bestudeer ‘n tipiese voorbeeld van ‘n ontevrede kliënt en word opnuut bewus gemaak van verbruiksregte.
  • Doen ‘n situasie-analise ten einde te bepaal wat die regte/verantwoordelikhede tussen verskaffer en verbruiker, werkgewer en werknemer behoort te wees.

  • Die verantwoordelikhede van die staat teenoor die sakewêreld word verduidelik.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks