Inside Collection (Course): Kuns en Kultuur Graad 6
Voordat ons kan begin kreatief raak in ons dramaklas, moet jy eers goed opwarm om jou liggaam en stem voor te berei vir die opvoering.
Ontspanning is fundamenteel vir die effektiewe gebruik van die liggaam, nie net in drama nie, maar ook om daaglikse roetines met maksimale doeltreffendheid te gebruik.
Ontspanningsoefening
Skouers
Gesig
Arms en hande
Bolyf
Enkels en Voete
Goeie asemhaling is ‘n belangrike vereiste vir goeie stemprojeksie.
Asemhalingsoefening:
Resonansie is die geluid of klank wat die liggaam kan voortbring.
Jy is afhanklik van die resonansie-holtes vir die kwaliteit van die klank wat jy voortbring.
Die resonansie-holtes is die farinks (keel), die mond en die nasale en sinusholtes.
Asemhaling prikkel die stembande, en die klank kry resonansie in hierdie holtes.
Resonansie-oefening:
Toon is die kwaliteit van die klank wat jy maak, die kleur van die stem.
Toonoefening:
Ek het ‘n man ontmoet met ‘n piesang in sy oor!
Artikulasie word bepaal deur die uitspreek van klinkers (vokale) en konsonante.
Die vokale is: a e i o u
Die konsonante is die res van die alfabet.
Oefeninge vir die kakebeen, lippe en tong:
Die Kakebeen
Die Tong
Die Klanke
Herhaal hierdie klanke soveel keer as wat jy kan en sê dit duidelik en hoorbaar. Geniet dit!:
Opwarming is nie net om die liggaam te ontspan en die liggaam en verbeelding te oefen nie, maar ook om selfvertoue op te doen en jou mede-leerders op dieselfde tyd beter te leer ken.
Opwarmingsoefening: Rooi, Blou, Geel
Die Skilpad het al sy sout opgebruik en hy het sy kos sonder sout so smaakloos gevind, dat hy besluit het om sy broer te gaan vra of hy nie vir hom sout kan leen nie. Sy broer het baie gehad.
“Hoe gaan jy dit by jou huis kry?” het hy vir Skilpad gevra.
“As jy die sout in ‘n stuk baslap toedraai en vasmaak met tou, kan ek die tou oor my skouer gooi en die pakkie op die grond agter my aansleep,” sê Skilpad.
“ ‘n Wonderlike idee!” roep sy broer uit, en hulle draai die sout netjies toe.
Skilpad begin sy lang, stadige tog terug huis toe, met die bondel sout wat bom, bom, bom op die grond agter hom aansleep. Skielik, met ‘n ruk, kom hy tot stilstand en toe hy omdraai, sien hy dat ‘n groot akkedis op die pakkie sout gespring het en daar sit en hom aanstaar.
“Loop van my sout af!” roep Skilpad uit. “Hoe verwag jy van my om dit huis toe te sleep met jou daar bo-op?”
“Dis nie jou sout nie!” antwoord die akkedis. “Ek het met die pad afgeloop en toe sien ek die bondel daar lê, so dit behoort nou aan my.”
“Twak!” sê Skilpad. “Jy weet dit is myne, want ek hou dan die tou vas waarmee dit vasgebind is.”
Maar die akkedis hou aan dat hy die pakkie in die pad sien lê het en weier om af te klim, tensy Skilpad saam met hom na die oudstes van die stam gaan en die saak in die hof verhoor word.
Arme Skilpad moes instem en saam het hulle na die oudstes van die stam gegaan. Skilpad het eerste sy saak gestel en verduidelik dat sy arms en bene so kort is dat hy altyd pakkies agter hom moet sleep.
Die akkedis stel toe sy saak en sê dat hy die pakkie in die pad sien lê het. “As jy iets in die pad optel, behoort dit mos aan jou!” sê die akkedis.
Die ou mans het die saak ernstig bespreek vir ‘n lang tyd; maar baie van hulle was familie van die akkedis en het gedink dat hulle dalk ‘n deel van die sout kan kry, daarom het hulle uiteindelik besluit dat die pakkie in twee gedeel moet word, en dat elke dier die helfte moes kry. Skilpad was baie teleurgesteld, omdat hy geweet het dat dit eintlik sy sout was, maar hy het gesug en hulle die pakkie laat opdeel.
Die akkedis het onmiddellik die helfte gevat wat met die grootste deel van die lap bedek was, en vir arme Skilpad gelos met meeste van die sout versprei oor die grond. Skilpad het tevergeefs sy sout probeer bymekaar skraap. Sy hande was te klein en die lap was te klein om dit mee toe te maak. Uiteindelik het hy huis toe gegaan, met net ‘n klein hoeveelheid van sy deel, toegemaak in blare en die res van die lap, terwyl die oudstes van die stam die res opgeskraap het en geneem het na hulle vrouens.
Skilpad se vrou was baie teleurgesteld toe sy sien hoe min sout hy gebring het en toe hy haar die hele storie vertel het, was sy baie omgekrap oor die manier waarop hy behandel is. Die lang, stadige tog het hom moeg gemaak, en hy moes vir baie dae rus.
Maar hoewel Skilpad so stadig is, is hy ook baie slim en het hy uiteindelik aan ‘n plan gedink om die akkedis te uitoorlê. Hy groet toe sy vrou en durf die pad na die akkedis se huis met ‘n glinster in sy oog aan. Na ‘n lang tyd sien hy die akkedis wat besig is om ‘n maaltyd van vlieënde miere te geniet.
Stadig en stil bekruip Skilpad die akkedis van agter en plaas sy hande op die middel van die akkedis se lyf.
“Kyk wat het ek gekry!” roep Skilpad uit.
“Wat doen jy?” vra die verwilderde akkedis.
“Ek het rustig met die pad afgeloop toe ek iets sien wat daar lê,” verduidelik Skilpad. “Toe tel ek dit op en nou behoort dit aan my, net soos jy my sout opgetel het die ander dag.”
Die akkedis probeer homself los wikkel en beveel Skilpad om hom vry te laat, maar Skilpad dring daarop aan dat hulle hof toe gaan sodat die oudstes van die stam ‘n uitspraak kan gee.
Die ou mans het belangstellend na albei kante van die saak geluister, en toe sê een: “As ons regverdig moet wees, moet ons dieselfde uitspraak lewer soos met die sout.”
“Ja,” se die ander, en knik hulle wit koppe, “ons het die sak sout in twee gesny, daarom moet ons die akkedis ook in twee sny, en Skilpad kan die helfte kry.”
“Dit klink regverdig”, antwoord Skilpad, en voordat die akkedis kon ontsnap, het hy ‘n mes van een van die oudstes se gordel gegryp en die akkedis in die helfte deur gesny. Dit was die einde van die gulsige akkedis.
Nadat jou opvoeder die storie gelees het, volg die riglyne om jou toneelstukkie van “Die Skilpad en die Akkedis” te skryf.
Die volgende vorm kan jou dalk van hulp wees om jou drama te struktureer.
1. Skryf van die toneelstuk
2. Die Opvoering
| NAME | |
| - karakters (rolle) | |
| - regisseur | |
| - rekwisietemeester | |
| - verhoogassistente | |
| - souffleur |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| DANS |
| 1.1 demonstreer toenemende vaardighede en begrip van opwarming tydens liggaamsvoorbereiding, insluitend: |
|
|
| 1.2 improviseer en skep dansreekse wat die volgende gebruik: |
|
|
|
|
| 1.3 leer, interpreteer en voer danse uit die Suid-Afrikaanse kultuur bevoeg en in die gepaste styl op. |
| DRAMA |
| 1.4 voer eenvoudige ontspannings-, asemhalings-, resonansie-, toonhoogte- en artikulasie-oefeninge uit wanneer die stem en liggaam opgewarm en afgekoel word; |
| 1.5 gebruik Afrikastories om drama te ontwikkel wat: |
|
|
|
|