“Gumboot”-danse was geskep in die goudmyne gedurende die Suid-Afrikaanse Apartheid-era. Die mynwerkers het rubberstewels in die myne gedra en ‘n uitbundige en baie fisiese dans ontwikkel gedurende hulle aftye, met invloede van Duitse volksdanse, tradisionele Zulu-bewegings en westerse invloede.
Die mynwerkers in die myne is verhoed om met mekaar te praat en dus het hulle ‘n unieke manier van kommunikasie ontwikkel deur hulle rubberstewels te slaan en hulle enkelkettings te ratel.
Die musiek:
- Verwys na Graad 6 Module 4: Musiek.
Die kostuum:
- Dra ‘n sweetpakbroek om jou bene te beskerm wanneer jy gedurende die dansbewegings teen jou bene klap.
- Dra ‘n paar rubberstewels wat driekwart van jou been beskerm.
- Dra twee of drie pare sokkies/kouse onder die stewels om jou enkels te beskerm.
Die postuur/liggaamshouding:
- Effens gebuig – soos in ‘n sitposisie.
Die inleidende beweging:
- Bolyf reguit en stil.
- Bene swaai van kant tot kant.
Die ‘vee’-beweging:
- Neem een voet terug en vee die vloer met jou voet soos jy die been terug bring na die beginposisie.
- Ruil bene om.
Die
‘kantklap op die stewel’:
- Lig een been effens van die vloer af op na die kant – buig knie effens – buig liggaam effens vorentoe.
- Klap die kant van die stewel soos die been opkom.
- Bring been af en maak liggaam reguit.
Hierdie bewegings is die
fundamentele dansbewegings
.
Die aandag-sekwens
- Hersien weer die fundamentele dansbewegings.
- Fokus op die kantklap van die stewel.
- Voer die aandag-sekwens uit en deel dit op in drie dele:
- die regter-beweging
- die regter-linker-beweging
- die een-aandag! twee-aandag!-sekwens
- Verwys na die danstranskripsie van die aandag-sekwens.
- Herhaal die sekwens soveel keer as moontlik.
Transkripsie van die aandag-sekwens:
- Stamp regtervoet op die grond.
- Stamp linkervoet op die grond.
- Regterhand klap die regterstewel – voet gelig van die grond af.
- Stewels teenmekaar.
- Klap hande voor die liggaam.
- Regtervoet stamp op die grond.
- Linkervoet stamp op die grond.
- Altwee voete stamp op die grond.
- Linkerhand slaan linkerstewel (voet op grond).
- Regterhand slaan regterstewel (voet op grond).
- Regterhand klap op regterstewel (voet gelig van grond af).
- Linkerhand klap op die linkerstewel (voet gelig van die grond af).
- Stewels saam.
- Linker- en regterstewels beweeg na mekaar.
- Regterhand klap, dan linkerhand klap op linkerstewel (voet van grond af).
- Regterhand klap, dan linkerhand klap op regterstewel (voet gelig van grond af).
- Linkerstewel skop regterstewel.
- Regterstewel skop linkerstewel.
- Linkerstewel swaai na regterstewel.
- Regterstewel swaai na linkerstewel.
- Regterstewel (gelig van die grond af) slaan op die binnekant met linkerhand.
- Linkerstewel (gelig van die grond af) slaan op die binnekant met die regterhand.
- Klap hande voor liggaam.
- Regterhand beweeg op na voorkop – asof jy ‘n keppie vashou.
- Regterhand af langs sy.
Herhaal sekwens.
- Dit is belangrik om die spiere wat gedurende die oefeninge gebruik is te strek, anders sal jy stywe spiere vir die volgende drie dae ervaar.
Kies musiek met ‘n stadige tempo.
- Lê op jou rug op die vloer – arms bo jou kop uitgestrek – bene reguit.
- Strek jou liggaam deur met jou hande te reik en jou tone te punt (hou strek vir agt tellings en ontspan).
- Bring arms af na sye.
- Buig jou knieë, maar hou jou voete op die vloer.
- Bring een been na jou bolyf – trek die been met albei hande na jou bolyf toe – jou knie is nog steeds gebuig (hou vir agt tellings).
- Maak die been reguit en trek die reguit been na jou kop toe (moenie die strek forseer nie) (hou vir agt tellings).
- Ruil bene om.
- Bring albei bene gebuig na jou bolyf en trek jou bene in met albei hande – lig jou kop en skouers effens (hou vir agt tellings).
- Maak albei bene reguit – hande agter jou knieë –beweeg jou voete – trek jou reguit bene stadig na jou kop totdat jy die strek agter jou bene voel (hampees) – hou strek vir agt tellings.
- Maak jou bene toe – hou bene reguit – beweeg jou voete – hou strek vir agt tellings.
- Laat sak jou bene na links – hou jou bolyf en skouers op die vloer – arms uitgestrek na die kante.
- Ruil om na regterkant.
- Bring bene weer na middel – sit regop – knieë gebuig – hande op knieë – maak jou rug reguit – trek jou bolyf deur jou bene met jou hande op jou knieë.
- Kom stadig orent deur jou boude van die vloer af te lig.
- Krul stadig op – hou bene gebuig – en laat jou kop laaste opkom.
- Skud alle ledemate.
- Alle strekke moet vir agt tellings gehou word.
- Die afkoel en strek moet nie korter as drie minute en nie langer as vyf minute wees nie.
- Alle strekke moet stadig uitgevoer word om beserings te vermy.