Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 8
Bestudeer die volgende illustrasie en beantwoord die vrae wat daarop volg:
![]() |
1. Watter tipe grondgebruik sou jy sê is oorheersend in die gebied?
2. Sou jy sê dat daar ‘n verandering in die oorspronklike aanwending van die gebied plaasgevind het? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
3. Watter impak het die bedrywighede op die natuurlike hulpbronne in die omgewing?
4. Sou jy sê dat dit die ideale situasie is vir stedelike ontwikkeling en grondgebruik?
Bestudeer die volgende skets en beantwoord die vrae wat daarop volg:
![]() |
1. Is die gebied wat in die illustrasie uitgebeeld word, dig of yl bevolk? Motiveer jou antwoord.
2. Sou jy dit as plattelands of stedelik klassifiseer?
3. Watter tipe grondgebruik word deur die illustrasie voorgestel?
4. Sou jy die grondpryse in die gebied as goedkoop of duur beskryf? Motiveer jou antwoord.
Beantwoord die volgende vrae:
1. Bepaal watter persentasie van die dorp/stad waar jy woon, of naaste aan waar jy woon, afgestaan word aan ‘n industriële gebied.
2. Bepaal watter persentasie (%) van die dorp/stad afgestaan word aan woongebiede?
3. Waar is die woonplek geleë van die meer gegoede inwoners? Is dit naby aan die sakekern of in die buitewyke?
2. Bevolkingsverskuiwings weens politieke beleid
In Suid-Afrika vind ons ‘n unieke grondverbruikpatroon weens die politieke besluite van die verlede. Indien ons na ‘n stedelike kaart van Port Elizabeth sou kyk, sou ons waarneem dat sekere woonbuurte meer deur een bevolkingsgroep bewoon word. Dit is die gevolg van die segregasiebeleid en apartheid wetgewing voor 1994. Die beleid het behels dat verskillende bevolkingsgroepe in verskillende woonbuurte moet woon.
|
| Port Elizabeth |
In Port Elizabeth was Suid-Einde vroeër ‘n gebied wat deur verskillende bevolkingsgroepe bewoon is. Tydens die bewind van die Nasionale Party is al die inwoners egter verskuif na gebiede soos Malabar en New Brighton. Die persone wat aan die Indiërgemeenskap behoort is in Malabar gevestig, terwyl die bruin mense in New Brighton gevestig is. Dit het meegebring dat persone hulle huise moes verlaat en elders van voor af begin. Hulle het dus geen keuse gehad waar hulle wou bly nie. Indien jy aan ‘n sekere bevolkingsgroep behoort het, was jy verplig om te woon in ‘n gebied wat toegeken is aan persone van jou kultuur.
Vandag ervaar ons steeds die gevolge van die beleid. Soms is persone gekonsenteer in ‘n woonbuurt wat nie oor ‘n behoorlike infrastruktuur soos paaie, elektrisiteit en behuising beskik nie. Hulle kan nie bekostig om elders te woon nie.
Bestudeer die volgende illustrasie en beantwoord die vrae wat daarop volg:
![]() |
1. Wat merk jy op aangaande die grootte van huise in die verskillende woonbuurte?
2. Watter woonbuurt sou jy sê is die digste bevolk?
Na 1994 is daar stappe geneem om sommige van die mense wat hul huise moes verlaat, te vergoed. Dit het die huidige stedelike patrone se vorm verander. ‘n Spesiale kommissie is saamgestel om grondeise te hanteer. Die doel is om waar moontlik mense wat deur die politieke beleid benadeel is, se grondbesit te herstel. Indien die oorspronklike perseel nie beskikbaar is nie, mag die familie finansiële vergoeding ontvang. Tans kan elke persoon kies waar hy of sy wil woon. Geen politikus kan besluit wie waar eiendom mag koop of besit nie.
Op jou eie: Voer ‘n onderhoud met ‘n persoon in jou omgewing wat weens die gedwonge politieke verskuiwing in die 1970’s moes verhuis. Vind meer uit oor die invloed wat dit op hulle en die lewens van hulle gesinne gehad het. Skryf dan ‘n transkripsie van die gesprek neer. (Wenk: Neem ‘n bandopnamemasjien saam en neem die gesprek op vir latere transkripsie. Onthou om toestemming te vra om die gesprek op band op te neem.)
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
AKTIWITEIT 1
Die gebied is oorspronklik as nywerheidsgebied beplan en aangewend. Die vraag na arbeid het mense egter laat besluit om ‘n informele nedersetting langs die nywerheidsgebied te vestig. Dit skakel die koste verbonde aan openbare vervoer uit omdat mense gerieflik naby hul werkplek woon.
Dit is onbeplan en ongekontroleerd.
Dit is ongesonde gebiede waar mense onder haglike toestande woon en waar weinig of selfs geen basiese dienste bestaan nie. Dit is die teelaarde vir siektes en ander probleme en is ‘n groot brandgevaar.
AKTIWITEIT 2
Dit beeld die Sentrale Sakekern (SSK) uit. Dit is ‘n gebied waar die kommersiële funksie oorheers en waar daar nie digte bewoning plaasvind nie. ‘n Groot getal mense pendel daagliks na die SSK met private- of openbare vervoer.
Mees toeganklike gebied in die stedelike nedersetting. Weens funksionele magnetisme is alle groot handels- en diensteondernemings in ‘n kompetisie gewikkel om hul ondernemings in die SSK te vestig. Dit lei tot die probleem dat die vraag na grond en kantoorspasie die aanbod oorskry. Grondpryse is dus gevolglik duur en multi-vlak geboue en wolkekrabbers word aangetref.
AKTIWITEIT 3
AKTIWITEIT 4