Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 8
1. Die migrasie van persone na ‘n nuwe standplaas
Redes vir migrasie
Daar is verskillende redes waarom persone van woonplek verskuif. Hierdie faktore kan gewoonlik in twee kategorieë verdeel word, nl.:
Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat daarop volg:
![]() |
1. Watter proses word deur die illustrasie uitgebeeld?
2. Watter omstandighede in Suid-Afrika dink jy het die persone laat besluit om so ‘n stap te neem?
3. Watter invloed het die tendens op die ekonomie van Suid-Afrika indien hoogsgeskoolde werkers die laat in groot getalle sou verlaat?
2. Faktore wat migrasie bevorder
2.1 Stootfaktore
Stootfaktore speel ‘n belangrike rol as oorsaak van migrasie. Stootfaktore kan hoofsaaklik in drie kategorieë verdeel word:
a) Politieke faktore: politieke faktore is waar persone immigreer weens die druk of vervolging wat hulle ondervind in hul geboorteland. Gedurende die Apartheidsjare het verskeie swart Suid-Afrikaners die land verlaat en hulle elders gaan vestig, bv in Engeland en Europa. Dit was weens die politieke druk en vervolging wat hulle hier moes verduur, asook die gebrek aan geleenthede vir onderwys.
b) Ekonomiese faktore: ekonomiese faktore is waar ‘n ekonomiese stelsel van ‘n land nie voordelig is vir die persoon nie en hy na ‘n ander land trek om beter te kan leef. So het baie persone na die VSA en Engeland verhuis waar beter werksgeleenthede beskikbaar was.
c) Omgewingsfaktore: persone word ook weggedryf van die plek waar hulle woon weens ‘n ongunstige fisiese omgewing. Te veel of te min water mag ‘n ernstige bedreiging vir die omgewing inhou. Sommige persone is verplig om te trek, weens die feit dat hulle op die vloedvlakte van ‘n rivier woon. Tydens ‘n vloed word eiendomme en persone deur die watermassa bedreig.
Op jou eie
Jy is ‘n trekarbeider wat help om die vrugte in die Boland te oes. Jy werk op ‘n plaas naby Worcester. Skryf ‘n brief aan jou familie wat in Kimberley woon, en beskryf aan hulle onder watter moeilike omstandighede jy moet woon en werk.
P olitieke stootfaktore
E konomiese stootfaktore
O mgewingstootfaktore
In groepe
Besoek die biblioteek en vind twee voorbeelde van elk van die volgende stootfaktore:
a) Politieke faktore
b) Ekonomiese faktore
c) Omgewingsfaktore
2.2 Trekfaktore
P olitieke trekfaktore
E konomiese trekfaktore
O mgewingfaktore
In pare
Soek inligting oor die getal mense wat Suid-Afrika verlaat het weens emigrasie tussen 1993 en 1997. Teken nou ‘n grafiek wat die getal vir elke jaar aandui en stel vas of daar ‘n toename of afname was in die getal persone wat die land verlaat het.
Navorsing
Doen navorsing oor eenvan die volgende tipe migrante:
a) slawerny
b) gasarbeiders
c) studente
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
AKTIWITEIT 1
Veiligheidsituasie in Suid-Afrika
Plaasmoorde
Toenemende vlaag van geweldmisdaad in Suid-Afrika, ens.
AKTIWITEIT 2 en 3
Eie antwoorde
AKTIWITEIT 4
Eie navorsing