Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 8
1. Verbeterde verkeersmiddele
In die jare voordat fabrieke opgerig is om produkte op groot skaal te maak het mense op klein skaal by hulle huise of in kleiner geboue hulle werk gedoen. Hulle moes werk toe stap en het dus so na as moontlik aan hulle werk gebly. Teen die middel van die 19de eeu (omtrent 1825 – 1875) het die nywerheidsomwenteling gekom, masjiene is vervaardig, die eerste motors is gebou en fabrieke is opgerig. Daarna het die vervoermiddele vinnig ontwikkel en spoedig was dit nie net die motor nie, maar trems, stoomtreine en later elektriese treine, moltreine, busse en vinnige motors. Skielik kon die mense nou verder van hulle werkplekke bly en dit het veroorsaak dat die grense van dorpe en stede baie vinnig groter geword het. Dit het ‘n groot invloed op die stad se beeld van binne en buite gehad, bv.
2. Hoe het hierdie ontwikkeling die mense in ons land geraak?
Ons weet reeds dat die stad ‘n geweldige aantrekkingskrag het en dat letterlik duisende nuwe intrekkers daagliks na groter dorpe en stede trek, sommige omdat hulle verplaas is en reeds werk het en andere met die hoop dat hulle werk sal kry en ‘n beter bestaan kan maak. Kom ons probeer ‘n beeld skep van die gevolge van die geweldige uitbreiding van dorpe en stede:
Die finansiële vermoëns van mense bepaal dus watter tipe vervoer hulle gebruik en dit het ‘n groot invloed op waar hulle woon en werk.
Hierdie gedeelte oor verkeersmiddele kan as geheel met plaaslike opnames deur leerders gedoen word, bv.
1. Maak ‘n opname in julle klas van hoe leerders by die skool kom. Maak ‘n evalueringsruit (grid) en skryf die verskillende soorte vervoer bo-aan, bv. bus, trein, privaatmotor, stap, ens.
2. Maak ‘n tweede opname en bepaal die afstande wat leerders naastenby van die skool bly en vergelyk dit met die vervoermiddels wat hulle gebruik.
3. Laat individuele leerders elk ‘n eie evalueringsruit opstel en ‘n opname by hulle ouers doen oor die volgende aspekte: waar werk hulle, hoe kom hulle by die werk – verskillende soorte vervoer, ryklubs, ens.
4. Maak ‘n opname by die skool onder die werkers en bepaal waar hulle woon en hoe hulle by die werk kom. Vra vrae soos: hoe laat gaan julle soggens by die huis weg? Hoe laat kom julle by die huis? Hoe kom julle kinders by die skool? ens. vergelyk die verskillende stelle inligting met mekaar – wat vind julle?
5. Maak ‘n lys van probleme wat mense in groot dorpe en stede ondervind wat met verkeer te doen het, bv. verkeersknope; baie tyd wat verlore gaan omdat mense in stadige verkeer sit; swak vervoermiddels in lae sosio-ekonomiese gebiede; gevaar op voorstedelike treine, ens. (Doen op aparte folio en voeg by module)
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|