Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Aardrykskunde Graad 8 » Energie en water

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Energie en water

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

Graad 8

NATUURLIKE HULPBRONNE

Module 7

ENERGIE EN WATER

Energie en water

Energie

  • In die breë gesien, word energie in Suid-Afrika ondoeltreffend en onvolhoubaar verbruik. Die land se geraamde bydrae van twee persent tot die wêreld se koolstofdioksiedproduksie dra buite verhouding hoog by tot die kweekhuis-effek en mensgemaakte klimaatsveranderinge. Volgens die VN is Suid-Afrika per capita die wêreld se hoogste vrysteller van koolstofdioksied. Die land se algemene energiebeleid moenie gerig wees op die opwekking en verkoop van meer krag nie, omdat dit tot meer besoedeling sal lei. Die aanvraag na elektrisiteit moet eerder beter beheer word om uiteindelik die totale verbruik te verminder.
  • Meer as ‘n driekwart van Suid-Afrika se energie word van steenkool verkry, met die gevolg dat die land se afhanklikheid van hierdie nie-hernubare hulpbron van die hoogste in die wêreld is. Suid-Afrika beskik egter oor enorme steenkoolreserwes van oor die 58 000 miljoen ton. Ongeveer die helfte van die steenkool wat plaaslik ontgin word word gebruik vir kragopwekking. ‘n Kwart word gebruik om vloeibare sintetiese brandstowwe deur middel van die Sasolproses te vervaardig, terwyl die ander kwart direk deur nywerhede of in huise verbrand word om hitte te verskaf.
  • Al die groot steenkool-kragstasies is binne ‘n radius van 150 km van die grootste steenkolmyne in die Oos-Transvaalse Hoëveld geleë. Dit lei tot lugbesoedeling wat volgens sekere wetenskaplikes gelyk is aan die ergste in die wêreld.
  • Lugbesoedeling hou uiters nadelige gevolge vir die omgewing in, veral aangesien ‘n aansienlike deel van Suid-Afrika se vrugbare landbougrond en kommersiële, plantasies, sowel as sowat 25 persent van sy oppervlak-afloopwater, binne hierdie streek val. Direkte steenkoolverbranding deur nywerhede en swart dorpsgebiede wat nie elektrisiteit het nie, veroorsaak ook aansienlike lugbesoedeling, wat op sy beurt weer bydra tot omgewings- en gesondheidsprobleme.
Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)

Aktiwiteit 1:

Om konsepte te verklaar wat verband hou met energie

[LU 1.1]

1. Identifiseer die drie natuurlike hulpbronne wat volgens die teks nie-volhoubaar gebruik word en omskryf hul betekenisse:

2. Hoekom is dit so dat die helfte van die bevolking van SA van brandhout as ‘n energiebron afhanklik is?

3. Verduidelik die volgende:

  • Sintetiese brandstof
  • Kweekhuiseffek
  • Volhoubaarheid
  • Mensgemaakte klimaatsveranderinge

‘n Groot omgewingsprobleem is die feit dat nagenoeg die helfte van Suid-Afrika se bevolking tans aangewese is op die nie-volhoubare verbruik van brandhout as energiebron. As die huidige verbruik voortduur, kan alle natuurlike bosse in die voormalige tuislande teen die jaar 2020 gestroop wees.

Hoewel kernkrag as ‘n potensiële kragbron steun geniet, is elektrisiteit wat by die Koeberg-kragsentrale opgewek word duurder as dié in die nasionale netwerk.

Daar is ook nog groot, onopgeloste omgewingsprobleme wat betref die berging van gevaarlike kernafval.

Aktiwiteit 2:

Om maniere te vind om hulpbronverbruik te verminder

[LU 3.3]

1. Bespreek die volgende stelling:

Daar moet meer klem gelê word op die verskaffing van doeltreffende en toeganklike openbare vervoer, terwyl die gebruik van private vervoer op toepaslike wyse ontmoedig word.

Kernwoorde: lugbesoedeling, brandstofverbruik (vermorsing en besparing), onderhoud van paaie, omgewingsvernietiging.

2. Bespreek die volgende stelling:

Sonkragwarmwatersilinders moet verpligtend gemaak word.

  • Verduidelik wat sonkragverhitting is.
  • Hoe werk sonverhitting?
  • Waarvoor kan sonverhitting gebruik word?
  • Is dit goedkoper of duurder as elektrisiteit?

W ater

  • Alle lewe op aarde is afhanklik van water. Suid-Afrika is ‘n droë land en water is dié sleutelfaktor wat toekomstige ontwikkeling aan bande lê. Tog het ons toegelaat dat die produktiwiteit en verskeidenheid van die land se lewensnoodsaaklike varswaterstelsels agteruitgaan, of self vernietig word.
  • Die redes hiervoor was onder meer bosboubedrywighede, landbou-ontwikkeling, nywerheids- en munisipale besoedeling, verstedeliking, die aanplant van indringerspesies, bosbou, en die vernietiging van plantegroei.
  • Terwyl watervoorsiening in die meeste formele stedelike gebiede van hoogstaande gehalte is en waterriolering as vanselfsprekend aanvaar word, het talle mense in landelike en in informele stedelike nedersettings steeds nie bevredigende waterbronne nie. Die water wat wel beskikbaar is, veroorsaak dikwels ernstige gesondheidsprobleme.
  • Die meeste Suid-Afrikaanse riviere word by een of meer plekke opgedam of gereguleer, wat meebring dat hul ekologiese status radikaal verander is. So baie water word op die oomblik uit voorheen standhoudende riviere soos die Letaba en Levuvhu (wat die Kruger-wildtuin van water voorsien) onttrek, dat hulle selfs te midde van goeie reëns lank ophou vloei.
  • Die vraag na water neem toe en word bereken dat ‘n groot deel van Suid-Afrika iewers tussen 2002 en 2040 ‘n toestand van chroniese droogte sal ondervind. Dit spreek vanself dat dit ‘n saak van uiterste dringendheid is dat waterbesparings-maatreëls in alle fasette van die lewe ingestel word.

Aktiwiteit 3:

Om mense in te lig en op te voed oor die belangrikheid van waterbesparing

[LU 3.3]

1. Beplan ‘n doeltreffende reklameveldtog om mense bewus te maak van die noodsaaklikheid van waterbesparing en die volgehoue benutting daarvan.

  • Besluit eerstens wie julle teikenmark gaan wees (landelike of stadsbewoners).
  • Besluit watter media julle gaan gebruik (radio, TV, tydskrifte, koerante).
  • As julle duidelikheid het oor die bogemelde, word daar besluit op die inhoud (teks/kopie) en visuele materiaal wat die boodskap moet oordra.

2. Beplan ‘n opvoedkundige program om leerders in graad 1 bewus te maak van die noodsaaklikheid van waterbesparing.

  • Vleilande speel ‘n belangrike rol in die instandhouding van biodiversiteit. Hierdie stelsels is ook ‘n belangrike waterbron vir talle plattelandse gemeenskappe. Nogtans is baie vleilande drooggelê of versteur deur dreineringsprogramme vir landbougewasse, houtproduksie en opvulling vir paaie en huise.

Aktiwiteit 4:

Om persone bewus te maak van die belangrikheid van vleilande

[LU 3.3]

  • Vleilande speel ‘n belangrike rol in die instandhouding van biodiversiteit. Hierdie stelsels is ook ‘n belangrike waterbron vir talle plattelandse gemeenskappe. Nogtans is baie vleilande drooggelê of versteur deur dreineringsprogramme vir landbougewasse, houtproduksie en opvulling vir paaie en huise.

1. Wat is ‘n vleiland? Vind uit.

2. Hoekom is dit belangrik om vleilande te beskerm?

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 1.1 ‘n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir ‘n ondersoek identifiseer en kies (gebruik veldwerk en ander ondersoekmetodes) [vind bronne];
  • 1.2 inligting uit kaarte en atlasse en uit grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne].
Table 2
LU 3
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.3 moontlike maniere om hulpbronverbruik te verminder te ondersoek [maak keuses].

Memorandum

AKTIWITEIT 1

  • STEENKOOL: Word in Suid-Afrika gebruik vir die opwekking van elektrisiteit en die vervaardiging van sintetiese brandstof. Word ook in nywerhede en huishoudelik as verbrandingsmiddel gebruik.

HOUT: Word in Suid-Afrika se uitgebreide mynboubedrywighede gebruik. Word ook deur miljoene mense as brandhout gebruik vir verhitting en om kos voor te berei. Word ook deur mense in informele nedersettings as boumateriaal gebruik. Nywerhede vervaardig boumateriaal, meubels, papier, ens.

WATER: Suid-Afrika is tradisioneel ‘n droë land met ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van ongeveer 450 mm. Verder is die reënval ook baie oneweredig versprei en neem af van oos na wes. Dit is dus uiters noodsaaklik dat ons ons beskikbare waterbronne sal beskerm en nie oorbenut nie.

  • Hulle leef in armoede in landelike gebiede en informele nedersettings sonder elektrisiteit en met brandhout as hul enigste bron van verhitting of “elektrisiteit”.
  • Sintetiese brandstof: Dit is brandstof wat d.m.v. ‘n chemiese proses uit steenkool vervaardig word.

Kweekhuiseffek: Besoedeling veroorsaak ‘n laag van rook en besoedelde lug wat soos ‘n kombers bokant ‘n stad hang en keer dat normale aardradiasie (uitstraling vanaf die aarde) kan plaasvind. Die gevolg is dat gebiede bokant ‘n stad dan warmer is as omliggende gebiede weens die feit dat uitstraling belemmer is. Die toestand waar daar ‘n hitte-gebied bokant ‘n stad ontstaan, staan as ‘n hitte-eiland bekend. Die kweekhuiseffek veroorsaak ook dat die temperatuur nie volgens die Normale Omgewingsvervaltempo (±0,65°C) daal vir elke 100 meter wat jy vertikaal in die lug op beweeg nie.

Volhoubaarheid: Dit vereis van alle huidige verbruikers om alle bestaande natuurlike en ander hulpbronne so te gebruik dat daar nog genoeg behoue kan bly vir toekomstige generasies na ons.

Mensgemaakte klimaatsveranderinge: Dit is klimaatsveranderinge wat plaasvind as gevolg van mensgemaakte prosesse soos die verbranding van fossielbrandstowwe en die vrystelling van besoedelde lug.

AKTIWITEIT 2

1. Eie antwoord

Oorweeg die volgende:

Ek stem 100% saam met hierdie stelling. Suid-Afrika het ‘n doeltreffende openbare vervoerstelsel nodig. So ‘n stelsel moet nie net toeganklik en bekostigbaar vir almal wees nie, dit moet ook veilig wees om te gebruik.

Die gebruik van so ‘n stelsel sal die volgende voordele inhou:

Minder privaat motorvoertuie en afleweringsvoertuie op ons paaie.

Minder onderhoud op paaie nodig. ( Grondstowwe word bespaar.)

Minder besoedelde lug word vrygestel.

Minder brandstof word verbruik.

Minder steenkool word gebruik om brandstof te vervaardig.

Weens afname in besoedelingsvlakke, vind minder klimaatsveranderinge plaas.

Die gebruik van private motorvervoer kan op die volgende wyses ontmoedig word:

Openbare motorvervoer kan goedkoper gemaak word as private vervoer.

Maak sekere dele van ‘n stad ontoeganklik vir private motorvoertuie.

Voertuie kan in spitstyd uit stad gehou word.

Parkeergeldheffings.

Beboet pendelaars wat in die stad werk en een-een werk toe ry.

2. Wat is sonkragverhitting?

Dit is verhitting wat sonder die gebruik van elektrisiteit geskied deur gebruik te maak van die son se energie as verhittingsbron.

Hoe werk sonverhitting? Sonpanele (donker glaspanele met ‘n stelsel van koperpype) word op ‘n dak geïnstalleer op so ‘n manier dat dit maksimale sonbestraling ontvang. Water word deur die stelsel van koperpype gesirkuleer en omdat koper ‘n goeie geleier van hitte is, raak dit gou warm en verhit die son se strale die water in die pype. Die warm water word dan vir huishoudelike doeleindes aangewend. Sonpanele kan ook deur die dag gebruik word om ‘n batterystelsel te laai. Die batterye word dan saans gebruik om elektriese toestelle van elektrisiteit te voorsien.

Gebruike:

Vir warmwatertoestelle

Vir laai van batterystelsels

Koste?

‘n Redelike aanvanklike kapitale belegging is nodig om die stelsel te installeer afhangende van die grootte van die stelsel en of jy dit dalk self gaan doen. Nadat die stelsel geïnstalleer is, kos dit egter niks behalwe minimale instandhoudingswerk indien nodig.

AKTIWITEIT 4

  • Dit is laagliggende gebiede vol water. Dit is ‘n komplekse ekosisteem op sy eie met ‘n

ryke verskeidenheid van plante- en dierelewe.

  • Vleilande vorm ‘n unieke ekosisteem en dit moet beskerm word.

Vleilande dien as “spons” om oortollige water op te slurp.

Vir die behoud van biodiversiteit.

Bied tuiste vir ‘n groot verskeidenheid plant- en dierespesies.

Gemeenskapsbelang.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks