Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Aardrykskunde Graad 8 » Landbou, bosbou en indringerspesies

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Landbou, bosbou en indringerspesies

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

Graad 8

NATUURLIKE HULPBRONNE

Module 8

LANDBOU, BOSBOU EN INDRINGERSPESIES

Landbou

  • Die grootste skade wat die mens die aarde berokken – en dus ook die ernstige bedreiging vir sy eie voortbestaan – word deur die landbou aangerig. Ontsaglike dele van die planeet se natuurlike grond-ekostelsels is reeds vernietig en deur kunsmatige landboustelsels vervang. In die proses word streke se lewensvatbaarheid en hul vermoë om hul klimaat te reguleer grootliks verminder of vernietig.
  • Van Suid-Afrika se oppervlakte word ongeveer 85 persent vir landbou en bosbou aangewend. Tog het slegs 45 persent van die land ‘n reënval van meer as 500 mm per jaar en is slegs om en by 12 persent geskik vir die verbouing van gewasse. Die res bestaan hoofsaaklik uit veld wat vir weiding gebruik word.
  • Gebrekkige beplanning in die verlede het veroorsaak dat groot stukke goeie landbougrond vandag vir altyd verlore is. Verstedeliking, mynbou (veral aan die Witwatersrand en Oos-Transvaalse Hoëveld) en ander bedrywighede het ook hul tol geëis. Verder het onoordeelkundige bestuurspraktyke en die verbouing van ekologiese ongeskikte gewasse tot wydverspreide omgewingsaftakeling in die vorm van gronderosie en woestynvorming gelei. Die verlies aan grond, meestal weens verkeerde landboupraktyke, word geskat op tussen 300 en 400 miljoen ton per jaar.
  • Die ongelykhede in grondbesit in die Suid-Afrikaanse landbou is ‘n kwessie wat ook aandag verg. Op die oomblik besit ‘n geskatte 50 000 wit boere sowat 85 miljoen hektaar, waarvan omtrent 14,3 miljoen bewerkbaar is. Die 700 000 swart boere in die voormalige tuislande besit sowat 15 miljoen hektaar, waarvan slegs 2,3 miljoen verbroubaar is.

Aktiwiteit 1:

Om die misbruik van landbougrond te identifiseer en voorkomende optredes voor te stel

[LU 3.3]

1. Onderstreep die korrekte woorde. Verduidelik jou keuse.

  • Veestapels moet tot binne die drakrag van die grond verminder/ vermeerder word.
  • Gelyktydige verbouing van gewasse en die aanhou van vee moet aangemoedig/ ontmoedig word.

2. Waarom is dit noodsaaklik dat die gebruik van bemestingstowwe, plaag- en onkruiddoders streng beheer moet word? Gee jou opinie.

3. In watter opsig dra verstedeliking by tot die vernietiging van landbougrond?

Bosbou

  • Woude vorm ‘n intergrale deel van die aarde se lewensonderhoudende stelsels. Hulle speel ‘n sleutelrol in die regulering van die atmosfeer en die klimaat deurdat hulle koolstof opgaar en plaaslike watersiklusse aan die gang hou. Hulle beskerm die grond teen oormatige erosie, reguleer die afloop van water, en verminder die impak van verspoelings en die gevolglike slikneerslae in riviere. Natuurlike woude is gewoonlik hoogs diverse ekostelsels wat miljoene spesies onderhou en vir die mens ‘n waardevolle hulpbron is. Hulle vorm ook ‘n belangrike deel van die bronnebasis vir toerisme en ontspanning en is bowendien van onskatbare kulturele waarde.
  • Ongelukkig word woude wêreldwyd toenemend bedreig deur besoedeling en suurreën, onvolhoubare houtkappery, en die uitbreiding van landbougrond en stedelike gebiede.
  • In Suid-Afrika is inheemse en immergroen woude die kleinste en mees versnipperde van die land se sewe belangrikste biome, en bedek dit net 0,25 persent van die oppervlakte. Met die koms van Europese setlaars in die 17de eeu, is hierdie woude op groot skaal ontgin en baie areas is totaal ontbos. Die oorblywende inheemse woude in staatsbesit, veral dié in Suid-Kaapland, word goed bestuur en lewer ‘n volhoubare opbrengs geelhout, stinkhout en varings. Inheemse woude in private besit word nie behoorlik beskerm nie en is besig om vinnig agteruit te gaan.
  • In die proses word ekostelsels afgetakel, biodiversiteit verminder, grond verspoel en kosbare waterbronne vermors.
  • Suid-Afrika is ‘n belangrike uitvoerder van veral denne-, wattel- en bloekomhout.

Aktiwiteit 2:

Om maniere te ondersoek wat die uitputting van hout as hulpbron sal verminder

[LU 3.3]

1. Stel ‘n alternatiewe materiaal voor waaruit elk van die volgende produkte vervaardig kan word:

  • Kurkproppe (boombas)
  • Rayonmateriaal
  • Houtplanke vir die maak van meubels
  • Houtsaagsels
  • Papier
  • Dwarslêers (spoor)
  • Houtkissies (vrugte)
  • Potlode

2. Watter funksies wat deur bome (woude) as ‘n lewensonderhoudende stelsel verrig word, kan deur niks anders verrig word nie? (Sien par. 1)

Aktiwiteit 3:

Om die belangrikste woudstreke op ‘n kaart aan te dui

[LU 1,1]

  • Raadpleeg ‘n atlas om die belangrikste woudstreke in die RSA aan te dui.

Indringerspesies

  • Suid-Afrika se natuurlike omgewing is reeds deur meer as 100 spesies vreemde fauna en flora binnegedring. Dit het aanleiding gegee tot wydverspreide ekologiese skade en verliese van etlike miljarde rande ten opsigte van verlore landboupotensiaal en ander grondgebruike. Boonop is die uitroei van indringerspesies ‘n duur en tydrowende proses.
  • Die indringerplante wat die afgelope dekades die vinnigste versprei het en reeds honderde duisende hektaar ingeneem het, sluit in hakea, Australiese Acacias, die Mauritius-doring, paraffienbos, lantana, waterlelie, nasella-graspol, verskeie dennespesies en die litjieskaktus.
  • Vreemde visspesies soos forelle en babers het ook reeds sommige rivierstelsels se inheemse vis verdring, terwyl eksotiese voëlsoorte soos Europese spreeus en Indiese myna-voëls ‘n oorlas in stedelike en moontlik in landelike gebiede is. Hul presies getalle is egter nie bekend nie. Uitheemse rotte en muise is probleemdiere in menslike nedersettings, terwyl die Argentynse mier Suid-Afrika se fynbos bedreig deurdat hy die saadverspreidende inheemse mier verdring.
  • Suid-Afrika se kosbare waterbronne word ook swaar getref deur indringerplante. Oewerhabitats is veral kwesbaar vir indringing en die bo- en middellope van talle riviere is byna heeltemal toegegroei deur digte plate silwer en swart wattelbome (Acacia-spesies).
  • In fynbosgebiede het digte plate indringerplante die waterbalans van bergopvanggebiede versteur en skep indringers ‘n baie groter brandgevaar as die natuurlike plantegroei.
  • Al sewe die belangrikste biosfere word deur indringerplante bedreig en fynbos, savanna en woudgebiede word die swaarste getref. Tot dusver is pogings om indringerplante in die subkontinent se formele bewaringsgebiede in bedwang te bring, met wisselende sukses toegespits op indringerbome en -struike. Indringing deur onkruid en grasse word meestal oor die hoof gesien en weinig ekologiese inligting is beskikbaar oor hierdie probleem.

Aktiwiteit 4:

Om navorsing oor indringerspesies te doen en daaroor te skryf

[LU 1.2]

Om indringerspesies uit te roei, is ‘n duur en tydrowende proses.

1. Skryf kort aantekeninge oor een indringerplant en een indringerdier wat in julle omgewing voorkom.

a) Indringerplant

b) Indringerdier

Enkele voorbeelde van indringerplante

Figure 1
Figure 1 (Picture 5.png)

Litjieskaktus

Besmetting deur litjieskaktus belemmer boerderybedrywighede en veroorsaak dat die waarde van besmette grond verminder.

Dit beperk die weidingspotensiaal van die veld.

Diere kan vol sere en swere word a.g.v. die weerhaakdorings wat aan hul liggame haak.

Figure 2
Figure 2 (Picture 6.png)

Selonsroos

Dele van die plant is giftig vir mense, voëls en ander diere.

Vroeë tekens van vergiftiging sluit in sweet, verlies van eetlus, mislikheid, braking, duiseligheid, maagpyne, ens. Ernstige gevalle kan die dood tot gevolg hê a.g.v. hartverlamming of verlamming van die asemhalingsorgane.

Figure 3
Figure 3 (Picture 7.png)

Lantana

Hierdie indringer is so aggressief in die warmer dele van die Kaap dat dit bome van 10 meter hoog kan versmoor.

Besmetting in plantasies bemoeilik bosbouwerksaamhede. Diere wat die blare daarvan vreet, kan vrek.

Vergiftiging in mense kan binne drie weke lei tot die dood a.g.v. nierversaking.

Figure 4
Figure 4 (Picture 8.png)

Rooikrans

Rooikrans vorm digte, ondeurdringbare plate van groot struike of lae bome met ineengevlegte krone.

Dit veroorsaak ‘n ernstige probleem aangesien die ontkieming en groei van inheemse plante onderdruk word, en verdwyn die natuurlike plantegroei spoedig.

Figure 5
Figure 5 (Picture 9.png)

Port Jackson

Die Port Jackson is aangeplant as ‘n sandbinder op die Kaapse Vlakte.

Die bas van die bome is aanvanklik in leerlooiery gebruik, maar is later deur beter bassoorte vervang.

Die hout van die Port Jackson is sagter en swakker as die beter sandbinder Rooikrans.

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 1.1 ‘n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir ‘n ondersoek identifiseer en kies (gebruik veldwerk en ander ondersoekmetodes) [vind bronne];
  • 1.2 inligting uit kaarte en atlasse en uit grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne].
Table 2
LU 3
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.3 moontlike maniere om hulpbronverbruik te verminder te ondersoek [maak keuses].

Memorandum

AKTIWITEIT 1

  1. VERMINDER: Drakrag beteken die hoeveelheid skaap of vee wat suksesvol en volhoubaar deur een hektaar grond gevoed kan word. Veestapels moet verminder word om binne die drakragvermoë van die grond te kom. Dit sal verseker dat oorbeweiding van die grond en uiteindelik erosie en verwoestyning nie plaasvind nie.

AANGEMOEDIG: Gemengde boerdery moet aangemoedig word in gebiede waar daar genoegsame reënval is. Dit sal verhoed dat die boer te veel staatmaak op ‘n enkele tipe boerdery en wanneer pryse onder druk kom sal dit verhoed dat hy finansieel swaarkry. Grond word ook nie so maklik uitgeput nie.

2. Indien hierdie stowwe reg gebruik word (wetenskaplik), kan dit lei tot verhoogde produksie wat vir die boer en sy grond voordelig is. Die verkeerde en ongekontroleerde gebruik van genoemde stowwe kan lei tot die vernietiging van ekosisteme, die vergiftiging van waterbronne en die grond kan totaal nutteloos raak.

3. Verstedeliking lei tot ‘n groter aantal mense in stedelike gebiede. Daar is dus ‘n groter behoefte aan behuisingsgebiede en kommersiële ruimte. Dit lei tot ontbossing of selfs die inneem van waardevolle landbougrond soos wat die stedelike gebiede aan sy randgebiede uitbrei.

AKTIWITEIT 2

  1. Kurkproppe: Sintetiese proppe word reeds wyd gebruik

Rayonmateriaal: Natuurlike vesel

Houtplanke: Verharde sintetiese materiaal – sal moeilik wees

Houtsaagsels: Watte en kunsvesel of wolvesel

Papier: Onmoontlik – herwinning noodsaaklik

Dwarslêers: Beton

Houtkissies: Karton wat herwin kan word

Potlode: Plastiekomhulsel om die grafiet

  1. Vleilande vorm ‘n unieke ekosisteem en dit moet beskerm word.

Vleilande dien as “spons” om oortollige water op te slurp.

Vir die behoud van biodiversiteit.

Bied tuiste vir ‘n groot verskeidenheid plant- en dierespesies.

Gemeenskapsbelang.

2. Bome en woude speel ‘n onontbeerlike rol in die regulering van atmosferiese- en klimaatsprosesse.

Dit gaar koolstof op en hou plaaslike watersiklusse aan die gang.

Stabiliseer grond (kompakteer) teen erosie.

Reguleer afloop van water.

Verminder die impak van oorstromings en verspoelings.

Onderhou spesies – ekosisteem.

Toerisme en ontspanning.

AKTIWITEIT 4

Antwoord sal bepaal word volgens die gebied waar jy woon.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks