Skip to content Skip to navigation

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Veiligheid

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Veiligheid

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

TEGNOLOGIE

GRAAD 7

STELSELS EN BEHEER: VERVOER

Module 1

VEILIGHEID

Veiligheid

Gebruik veilige werkspraktyke en toon ‘n bewustheid van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik.

Dit is belangrik om veiligheidsmaatreëls te ken en van die begin af toe te pas. Maak seker dat jy weet waar die Noodhulptas en die hoofskakelaar is. Onthou ook om alle ongelukke by jou onderwyser/ es aan te meld.

  • Dra altyd ‘n voorskoot af ‘n oorjas om jou klere te beskerm en toe skoene om jou voete te beskerm.
  • Trek jou baadjie / trui uit en rol jou moue op. Druk ook jou das se punte in jou hemp in.
  • Dogters moet lang hare uit hul gesigte hou deur dit in ‘n poniestert vas te maak.
  • Verwyder verkieslik alle juweliersware soos ringe, kettinkies en armbande.
  • Moenie onverskillig met gereedskap soos skroewedraaiers wees nie.
  • Moenie hardloop of rondspeel in die klas nie, veral nie met gereedskap in jou hande nie.
  • Moenie hardop uitskree terwyl daar met gereedskap gewerk word nie.
  • Jy mag nie alleen of sonder toestemming met enige gereedskap of masjiene werk nie.
  • Volg alle instruksies oor die gebruik van apparate noukeurig.
  • Dra skerp gereedskap naby jou lyf en met die skerp punt na onder.
  • Moenie gereedskap gebruik vir ‘n ander doel as waarvoor dit gemaak is nie.
  • Plaas gereedskap na gebruik terug op sy oorspronklike posisie.
  • Hou jou werkoppervlak en vloerspasie rondom skoon en netjies.
  • Gebruik elektriese toestelle slegs na deeglike opleiding en met toestemming.
  • Moenie elektriese toestelle in klam of nat toestande gebruik nie.
  • Slegs een leerder word op ‘n slag by ‘n elektriese toestel toegelaat.
  • Maak ‘n masjien skoon na gebruik en rapporteer enige probleme of beskadiging, soos bv. dat ‘n draadskêr stomp is.
  • Was jou hande deeglik en droog hulle af na elke les.
  • Was jou hande veral deeglik as jy met olie, chemikalieë, verf of gom gewerk het.
  • Moenie hout in jou een hand vashou as jy dit met die ander hand saag nie.
  • Moenie ‘n skroef in ‘n stuk hout indraai as jy laasgenoemde in jou hand vashou nie.

Moenie in die rigting van jou ander hand of jou lyf beitel nie.

  • Gebruik ‘n saagplank vir enige saagwerk.
  • Sit gereedskap so neer dat die snykant weg van jou naaste maat is.

VEILIGHEID TEN OPSIGTE VAN ELEKTRISITEIT

Verskeie projekte vereis òf hoofstroomelektrisiteit òf battery-elektrisiteit. Kennis moet geneem word dat water en vog elektrisiteit gelei. Alle elektriese toestelle moet met sorg hanteer word, veral kondensators. Batterye moet verkieslik in aparte houers gebêre word. Batterye moet uit stroombane verwyder word. Stroombane moet oop wees as projekte gebêre word. Moenie met hoofstroomelektrisiteit speel nie, want jy kan jou doodskok. Skok kan ernstige brandwonde en ander beserings veroorsaak.

Hoe om ‘n elektriese toestel AAN te skakel

  • Kontroleer dat die toestel afgeskakel is.
  • Kontroleer dat die sok afgeskakel is.
  • Kontroleer of die elektriese koord en prop nie beskadig is nie.
  • Druk die prop in die sok.
  • Skakel die sok aan by die muurskakelaar.
  • Skakel die apparaat aan by die skakelaar.

Hoe om ‘n elektriese toestel AF te skakel

  • Skakel die toestel af by die skakelaar.
  • Skakel die sok af by die muurskakelaar.
  • Verwyder die prop van die sok.

Wanneer ‘n elektriese toestel gebruik word, moet daar ‘n opvoeder in die vertrek wees, of ten minste twee ander leerders. Volg die volgende prosedure as jy naby is as ‘n leerder ‘n elektriese skok opdoen.

  • Moenie aan die persoon vat nie.
  • Stuur iemand om ‘n volwassene te gaan roep.
  • Skakel die hoofstroomskakelaar af.
  • Skakel die toestel by die muursok af en trek die muurprop uit.
  • As dit onmoontlik is, probeer om die persoon weg van die elektriese toestel te kry deur hom met ‘n besem met ‘n houtsteel of met iets wat nie elektrisiteit gelei nie weg te druk.
  • As jy seker is dat die krag af is, kan jy eerstehulp toepas as jy opgelei is daarvoor.
  • As jy ‘n ligte elektriese skok opdoen, sal jy lam voel, dus moet jy eers ‘n rukkie ontspan voordat jy weer werk.

L.W.: Kyk mooi na iemand wat ‘n ernstige besering opgedoen het. Hou die persoon warm, laat hom / haar plat lê en ontbied hulp.

VEILIGHEIDSMAATREËLS ten opsigte van

SKÊRE

  • ‘n Skêr moet van goeie gehalte, skerp en in ‘n goeie werkende toestand wees.
  • Moenie die lemme heeltemal toemaak as ‘n gedeelte langer as die lengte van die lemme geknip word nie.
  • Draai die karton / papier, en nie die skêr nie, as kurwes geknip word.

UTILITEITSMESSE

  • Gebruik dit slegs onder toesig en saam met ‘n veiligheidsliniaal.
  • Sny op ‘n geskikte en veilige oppervlak, bv. ‘n snyplank.
  • Staan as jy moet sny en trek die lem terug as jy dit moet gaan bêre.
  • Moenie dat die lem te ver voor uitsteek nie.
  • Jy word slegs toegelaat om die mes in jou hand te hê as jy daarmee gaan werk.

HANDBORE

  • Maak seker dat jy weet hoe om spiraalpunte om te ruil en dit teen die regte hoek te hou.
  • Die materiaal waardeur geboor gaan word, moet deeglik vasgeklamp wees.
  • Moenie die klembus heeltemal verwyder nie, omdat dit moeilik is om dit weer te installeer.
  • Dit is beter om ‘n klein spiraalpunt te gebruik as ‘n te groot een as jy nie die spesifieke grootte weet nie.
  • Terwyl jy boor, moet die handvatsel in ‘n kloksgewyse rigting gedraai word en ook as die punt uit die gat gehaal word.
  • Voorkom dat die uitgaande gat splinter deur ‘n stuk oorskiethout onder die gat te plaas.
  • Handbore word vir gate tot 6 mm in deursnee gebruik. Gebruik ‘n boor en omslag vir groter gate.
  • Moenie dat ‘n handboor op ‘n werksoppervlakte bly lê nie, want dit kan afval en beskadig word.

GOMPISTOLE

  • Dit kan vir hout, metale en sommige plastiekvoorwerpe gebruik word.
  • As dit aangeskakel is en nie gebruik word nie, moet dit in ‘n staande posisie geplaas word.
  • Skakel dit af na gebruik.
  • Hanteer dit onder toesig.
  • Oppas vir gom wat mag drup. Bêre eers wanneer die pistool heeltemal afgekoel het.

ALGEMEEN

  • Wanneer metale en plastiek gesaag word, moet ‘n veiligheidsbril gedra word.
  • As plastiek gevorm word deur dit te verhit, moet voorsorg met die korrekte temperatuur getref word, omdat sommige plastiek giftige gasse afgee.
  • Polistireen moet gesny word met ‘n warm draadsnyer wat laag gestel is en wat in ‘n vertrek met goeie ventilasie staan.

SOLDEERTOESTELLE

  • ‘n Soldeerbout moet met respek behandel word, want dit gebruik hoofstroomelektrisiteit en kan baie warm word. Gebruik slegs onder volwasse toesig.

Reëls vir gebruik

  1. Skakel dadelik af na gebruik, want dit kan so sy raklewe verleng.
  2. Moenie die koord met die punt van die aangeskakelde toestel aanraak nie. Die omhulsel sal smelt en die geleidingsdraad ontbloot wat ‘n elektriese skok kan veroorsaak.
  3. Gebruik ‘n staander om die soldeerbout in te plaas tydens gebruik, anders kan dit iets aan die brand laat slaan as dit plat lê.
  4. Moenie die dampe van die smeltmiddel inasem nie.
  5. Beskerm die werkoppervlakte met ‘n hardehoutoppervlakte.

Noodhulp vir ander beserings

KLEIN SNYTJIES

  • Was die sny in koue water om dit skoon te maak en die bloeding te stop. Droog dit met ‘n skoon doek af en plak ‘n pleister oor om dit skoon te hou.

DIEPER SNYE

  • Druk die wond hard toe met ‘n skoon sakdoek, sneesdoekie of jou ander hand om bloeding te verminder.
  • Plaas die wond hoër as die res van jou liggaam om die vloei van bloed te verminder.
  • Roep iemand vir hulp.

SPLINTERS

  • Steriliseer ‘n tang of ‘n naald in ‘n vlam.
  • Probeer die hele splinter uithaal.
  • Maak die wond skoon met ‘n ontsmettingsmiddel en plak ‘n pleister oor.

STAMPE EN KNEUSINGS

  • Was met koue water om kneusing en uitswelling te voorkom.
  • ‘n Gekneusde vingernael mag swart word. As dit baie seer word, kan ‘n dokter gespreek word.
  • Bloedblase moet gelaat word om op te droog en nie oopgesteek word nie.

Beplan, tydens ondersoeke, ‘n strategie vir die versameling van data en inligting wat die volgende insluit:

  • gebruik soektegnieke;
  • verkry toepaslike data vir spesifieke doeleindes;
  • maak sinvolle opsommings.

opdrag1:

Om ‘n kort en duidelike stelling m.b.t. veilige hantering van gereedskap te skryf

[LU 1.5]

Ontwerp ‘n bondige reël met ‘n gepaste lettertipe vir enige gereedskapstuk wat in die klas gebruik word, bv. soldeertoestelle, utiliteitsmesse, gomgewere, bore, sae, ens. Die klem op die lettertipe moet waarskuwend en ter inligting wees en moet ‘n veiligheidsaspek beklemtoon. Helder, opvallende kleure en ‘n duidelike maklik leesbare en simmetriese lettertipe sal die geskikste wees. Die beste voorbeelde sal gelamineer word en in die klas uitgestal word. ‘n Rekenaar of stensils moet in jou finale produk gebruik word.

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
Ondersoek:1.3 ondersoek uitvoer deur middel van eenvoudige praktiese toetse met betrekking tot aspekte van die tegnologiese kennisvelde (Strukture, Verwerking, Stelsels en Beheer);
Ontwerp:1.7 minstens twee alternatiewe oplossings genereer en die idees annoteer;
1.8 moontlike oplossings kies, sinvolle redes vir keuse gee en ‘n gekose idee deur middel van grafika of modelleringstegnieke ontwikkel;
Maak:1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies en gebruik om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.11 ‘n veilige werkspraktyk gebruik en ‘n bewustheid toon van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks