Inside Collection (Course): Tegnologie Graad 7
ONDERSOEK
Probleemsituasie
Jy moet ‘n hoeveelheid drukspykers oor ‘n afstand van 60 cm oplig. Jou kragbron is 4 ℓ water wat 1,5 m bo die rotor verskaf word in ‘n 3 mm plastiekpyp.
Ontwerpbeperkings
Die materiaal wat jy mag gebruik, is enige van die volgende:
Vir die rotor:
Vir die as:
Vir die lemme:
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Vir die staander:
Om die waterbron te verskaf:
Om die water op te vang: ‘n groot plat plastiekkom/ bak
Om die drukspykers op te lig (die hystoestel):
Ander gereedskap:
| LU/AS 1.5 | ||||
Kom ons analiseer /ontleed die situasie en skryf ‘n ontwerpvoorstel neer. (‘n Ontwerpvoorstel is ‘n kort stelling wat ‘n moontlike oplossing omskryf.)
Voltooi die volgende:
Ek gaan ‘n ontwerp en maak wat ‘n hoeveelheid
oor ‘n afstand van ± cm vertikaal kan oplig deur van die gepaste materiaal
en gereedskap wat genoem word, gebruik te maak.
Ontwerp
| LU/AS 1.4 | ||||
Doen navorsing oor hystoestelle (katrolle) en turbines (waterwiele) en teken of plak prente van bestaande of antieke masjiene. Verduidelik ook kortliks hoe hulle gewerk het. (Vind bv. uit omtrent die Egiptiese sjadoef of die waterwiele van Archimedes)
Watter naslaanbronne het jy geraadpleeg?
| LU/AS 1.2 | ||||
Soms kan jy ‘n probleem dadelik oplos deur van jou reeds verworwe kennis en verbeelding gebruik te maak. Om egter die beste moontlike oplossing te verkry, benodig jy nuwe kennis en inligting wat jy slegs deur navorsing kan opdoen. Raadpleeg ‘n verskeidenheid naslaanbronne en teken met byskrifte in die spasie hieronder moontlike oplossings vir jou probleem.
| LU/AS 1.7 | ||||
Daar is sekere ontwerpbeperkings wat jy in ag moet neem, aangesien jy slegs sekere materiale en gereedskap mag gebruik. Dit is dus nodig dat jy spesifikasies moet skryf, want daar moet spesifieke besonderhede omtrent jou ontwerp wees waaraan voldoen moet word.
Jy moet moontlike oplossings vir die probleem oorweeg deur al jou idees op papier te teken. Oorweeg verskillende ontwerpe. Deur jou idees te kombineer met die navorsing wat jy gedoen het, behoort jy ‘n goeie oplossing te vind.
Nommer jou idees en verskaf byskrifte
| LU/AS 1.3 | ||||
Beantwoord die volgende vrae na ‘n deeglike ondersoek in die klas. Dit is nodig om die volgende faktore te ondersoek wat die werking van die rotor beïnvloed:
a) Hoeveel lemme gaan jy gebruik?
b) Hoe ver gaan die lemme uitmekaar gemonteer word?
c) Hoe groot (lengte,breedte) gaan die lemme wees?
d) Teen watter hoek gaan jy die lemme op die rotor monteer ?
e) Watter materiaal is die geskikste vir die lemme?
f) Wat is die deursnee van die rotor in vergelyking met die as?
g) Watter smeermiddel kan jy gebruik om die as in die staander beter te laat draai?
h) Hoe vinnig of stadig moet die water op die masjien deur die 3 mm buise gegooi word om maksimum effektiwiteit te verseker?
i) Waar op die masjien moet die water die masjien tref om maksimum werk te verseker?
j) Hoe beïnvloed die grootte van die masjien die effektiwiteit van die uitdaging?
k) Hoe kan jy die weerstand op die as of rotor verminder sodat die hystoestel meer doeltreffend sal werk?
l) Hoe kan jy die masjien balanseer sodat die drukspykers nie die masjien laat omkantel nie?
m) Hoe kan jy weerstand om die as bewerkstellig om die hystoestel te laat werk?
![]() |
| LU/AS 1.8 | ||||
Jy moet nou besluit watter oplossing verder ontwikkel moet word. Die gekose oplossing behoort die een te wees wat die meeste voldoen aan die spesifikasies. Jy moet nou finale tekene van die gekose ontwerp ontwikkel deur alle inligting wat benodig word vir die maak van die ontwerp daarop aan te bring. Dit is nodig om deeglik te beplan sodat jou werk betyds klaar sal wees.
Teken met byskrifte 3-dimensionele uitskuifaansigte van jou beste oplossing. Gebruik ook kleur en skryf die korrekte afmetings by.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| ondersoek: |
| 1.2 bestaande produkte ondersoek wat toepaslik is vir ‘n probleem, situasie of behoefte gebaseer op die volgende kernaspekte van ontwerp:1.2.1 mense;1.2.2 doel;1.2.3 voorkoms;1.2.4 omgewing;1.2.5 veiligheid;1.2.6 koste; |
| 1.3 ondersoek uitvoer deur middel van eenvoudige praktiese toetse met betrekking tot aspekte van die tegnologiese kennisvelde (Strukture, Verwerking, Stelsels en Beheer); |
| 1.4 tydens ondersoeke ‘n strategie beplan vir die versameling van data en inligting wat die volgende insluit:1.4.1 identifiseer soorte tegnologie en metodes;1.4.2 oorweeg die bron, hulpbronne en kopieregwette;1.4.3 gebruik soektegnieke;1.4.4 verkry toepaslike data vir spesifieke doeleindes;1.4.5 maak sinvolle opsommings; |
| ontwerp: |
| 1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf of kommunikeer vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid; |
| 1.7 minstens twee alternatiewe oplossings genereer en die idees annoteer; |
| 1.8 moontlike oplossings kies, sinvolle redes vir keuse gee en ‘n gekose idee deur middel van grafika of modelleringstegnieke ontwikkel; |