Veiligheid
Gebruik veilige werkspraktyke en toon ‘n bewustheid van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik.
Dit is belangrik om veiligheidsmaatreëls te ken en van die begin af toe te pas. Maak seker dat jy weet waar die Noodhulptas en die hoofskakelaar is. Onthou ook om alle ongelukke by jou onderwyser/ es aan te meld.
Moenie in die rigting van jou ander hand of jou lyf beitel nie.
VEILIGHEID TEN OPSIGTE VAN ELEKTRISITEIT
Verskeie projekte vereis òf hoofstroomelektrisiteit òf battery-elektrisiteit. Kennis moet geneem word dat water en vog elektrisiteit gelei. Alle elektriese toestelle moet met sorg hanteer word, veral kondensators. Batterye moet verkieslik in aparte houers gebêre word. Batterye moet uit stroombane verwyder word. Stroombane moet oop wees as projekte gebêre word. Moenie met hoofstroomelektrisiteit speel nie, want jy kan jou doodskok. Skok kan ernstige brandwonde en ander beserings veroorsaak.
Wanneer ‘n elektriese toestel gebruik word, moet daar ‘n opvoeder in die vertrek wees, of ten minste twee ander leerders. Volg die volgende prosedure as jy naby is as ‘n leerder ‘n elektriese skok opdoen.
L.W.: Kyk mooi na iemand wat ‘n ernstige besering opgedoen het. Hou die persoon warm, laat hom / haar plat lê en ontbied hulp.
ILITEITSMESSE
GOMPISTOLE
ALGEMEEN
Noodhulp vir ander beserings
KLEIN SNYTJIES
Beplan, tydens ondersoeke, ‘n strategie vir die versameling van data en inligting wat die volgende insluit:
| LU/AS 1.6.5 | ||||
Skryf na aanleiding van die sketse ten minste vyf reëls neer ten opsigte van die korrekte kleredragin die Tegnologie-klas.
| LU/AS 1.11 | ||||
Verduidelik die reël wat van toepassing is by elk van die volgende sketse:
![]() |
![]() |
![]() |
| LU/AS 1.5 | ||||
Ontwerp ‘n bondige reël met ‘n gepaste lettertipe vir enige gereedskapstuk wat in die klas gebruik word, bv. soldeertoestelle, utiliteitsmesse, gomgewere, bore, sae, ens. Die klem op die lettertipe moet waarskuwend en ter inligting wees en moet ‘n veiligheidsaspek beklemtoon. Helder, opvallende kleure en ‘n duidelike maklik leesbare en simmetriese lettertipe sal die geskikste wees. Die beste voorbeelde sal gelamineer word en in die klas uitgestal word. ‘n Rekenaar of stensils moet in jou finale produk gebruik word.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| ontwerp: |
| 1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf of kommunikeer vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid; |
| 1.6 ‘n lys van produk- en ontwerpspesifikasies en –beperkings opstel vir ‘n oplossing vir ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid. |
| 1.11 veilige werkspraktyk gebruik en toon ‘n bewustheid van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik; |