Inside Collection (Course): Tegnologie Graad 7
Daar is verskillende stadiums in die vervaardiging en voorsiening van kledingstukke.
![]() |
Voordat jy kan klere maak, het jy eers ‘n patroon nodig. Patrone is bloot velle papier / karton. Elke patroondeel word presies gevorm en dien as meester waarvan jy die regte kledingstuk se verskillende dele uit kledingstowwe knip. Jy kan vir elke tipe kledingstuk ‘n ander patroon koop, of, soos kleremaaksters, slegs ‘n basiese patroon neem en dit aanpas volgens behoefte. Voordat jy egter ‘n patroon kan knip, moet jy eers weet wat jou mate is.
Gebruik ‘n meetband en teken die volgende mate op die tabel aan. Jy mag dalk iemand nodig hê om jou met sommige van die mate te help. Kyk goed na die skets op die volgende bladsy om te verseker dat die presiese mate geneem word.
Hier volg ‘n paar belangrike riglyne:
![]() |
| Mate | My mate in cm |
| Skouerlyn | |
| Skouer tot middel | |
| Skouer tot heup | |
| Skouer tot bors | |
| Bors | |
| Arm | |
| Middel | |
| Heuplyn | |
| Binnebeen | |
| Buitebeen |
GESELS MET JOU MAAT:
Hieronder is ‘n tipiese patroon vir ‘n kledingstuk. Watter tipe kledingstuk dink jy gaan hiervan gemaak word?
![]() |
Nuwe woorde
Naat: ‘n ry steke wat die dele van die kledingstuk aanmekaar heg.
Soom: wanneer jy die rafelkante onderaan hempsmoue, rokke en broekspype invou en vaswerk
Die ontwerp van my eie patroon
dit regkry?
Jy benodig:
opdrag 3:
Stap 1:
Trek die ou hemp aan sodat jy kan vasstel of dit nog goed pas. Indien dit effe knap / los pas, moet jy dit in gedagte hou sodat jy gedeeltes kan byknip vir nate.
Stap 2:
Torring die nate van die ou hemp versigtig los. Plaas die dele op ‘n groot stuk koerantpapier en trek dit versigtig met ‘n potlood af. In hierdie stadium moet verseker word of die hemp goed pas of nie. Indien nodig, gebruik ‘n meetband en verstel die verskillende dele om te verseker dat dit jou goed pas. Indien jy sekere patroondele se styl wil verander, is dit ook nou die tyd daarvoor. So kan jy byvoorbeeld besluit om ‘n ronde hals te verander na ‘n v-hals, eerder lang moue te gebruik, die hemp korter te knip, ens.
Stap 3:
Knip nou die verskillende patroondele uit en steek dit met spelde aanmekaar. Gooi dit lossies oor jou lyf om seker te maak dat jy op die regte pad is. Kyk of jy oral genoeg voorsiening gemaak het vir nate en some. Is die lengte reg? Is die moue lank genoeg? ens. Bring nou die nodige kepies aan om aan te dui waar en hoe die verskillende patroondele op mekaar pas.
Stap 4:
Nou kan jy die spelde verwyder en die patroondele netjies op ongedrukte papier uitlê en begin met die aftrek van die finale patroon. Sny die patroondele uit.
Stap 5:
Bestudeer die dele van ‘n gekoopte patroon en kyk goed watter inligting alles op die onderskeie patroondele verskyn. Probeer om die noodsaaklikste inligting op jou patroondele aan te bring, bv:
Stap 6:
Materiaal word gewoonlik in ± 3 wydtes verkoop – 900 mm; 1 150 mm of 1 500 mm. Las koerante aan mekaar ten einde hierdie breedtes te verkry en lê jou patroondele daarop uit om sodoende te probeer vasstel ongeveer hoeveel materiaal jy vir jou kledingstuk sal nodig hê.
Stap 7:
Bekom geskikte materiaal vir jou kledingstuk (Vir hierdie doel hoef jy nie duur materiaal te gebruik nie).
Lê die patroondele volgens die nodige spesifikasies op die materiaal uit en speld dit vas. (Dit is belangrik dat jy op ‘n skoon, gelyke en groot genoeg area moet werk).
Knip dit uit met ‘n skerp skêr. Wees versigtig sodat jy al die kepies duidelik aandui. Probeer om met lang en egalige hale mooi reguit te knip. Moenie die patroondele van die lap losspeld nie, anders mag jy later sukkel om die patroondele uit te ken.
Indien jy nie met ‘n masjien kan werk nie, of nie een tot jou beskikking het nie, moenie moed verloor nie. Jy kan net so goed regkom met ‘n naald en gare.
Bestudeer die onderstaande sketse om meer te leer van die basiese steke wat nodig is ten einde nate en some te maak. Oefen dit so ‘n bietjie op ‘n afvalstukkie materiaal.
![]() |
![]() |
![]() |
Wat het jy nodig?
![]() |
Gaan nou soos volg te werk:
![]() |
Werk die belegsels van die voor en agterpant aan die nekrand vas. (Onthou om eers te speld, dan te ryg en dan vas te werk). Stryk die nate netjies.
![]() |
Werk voor- en agterpante aan mekaar vas by die skouernate. (Onthou – regterkante van die materiaal teen mekaar). Stryk die nate netjies
![]() |
Werk albei moue aan die mousgate vas.
![]() |
Werk nou die synate vas tot by die mouspunt.
![]() |
Besluit hoe lank jy die moue en hemp se lyf wil hê, en speld, ryg en werk dan die some netjies in. Indien nodig, stryk
![]() |
Werk die belegsels om die nek netjies met soomstekies vas. Stryk die hele hemp – indien nodig.
Nou kan jy jou hemp aanpas en kyk hoe dit lyk. Hopelik is dit ‘n lospassende T-hemp wat sal veroorsaak dat ‘n skewe naat hier en daar nie baie opsigtelik sal wees nie.
Julle kan nou met behulp van ‘n kompetisie ‘n gepaste graad 7- embleem ontwerp en dit met behulp van materiaalverf op die voor- of agterpant aanbring. So skep julle dan 'n kledingstuk wat altyd uniek sal bly en jou sal herinner aan die graad 7-jaar.
| LU/AS 1.12 | ||||
As klas, onder leiding van die opvoeder, moet julle nou ‘n stel kriteria saamstel wat julle gaan aanwend om die finale produk, in hierdie geval die T-hemp, te beoordeel. Gebruik byvoorbeeld faktore soos:
Stel ‘n standaardtabel op waarvolgens elke item in die klas beoordeel kan word en kies ‘n wenhemp.
Sal jy hierdie T-hemp in ‘n winsgewende besigheid kan omskep?
Om hierdie vraag te kan beantwoord, is dit nodig om vas te stel presies hoeveel dit jou sal kos om ‘n soortgelyke hemp te maak:
Stel die volgende pryse vas:
Geskikte materiaal
(Maak seker dat jy presies weet hoeveel meter benodig word.
Gare
(Onthou, hoe groter die maat, hoe goedkoper. Jy kom baie ver met ‘n groot tol gare.)
Materiaalverf
TOTAAL
Jy moet ook in gedagte hou dat jy ‘n naaimasjien sal moet aanskaf, indien jy beoog om hemde op groot skaal te vervaardig. Dit mag ‘n maandelikse paaiement meebring.
Bruto = Verkoopprys – Kosprys (produksiekoste)
Wat sal jou wins per artikel wees?
Met jou kliënte (skoolmaats) wat elke dag rondom jou is, gaan dit nie moeilik wees om hierdie produk te bemark nie. ‘n Lekker informele T-hemp- modeparade sal jou sekerlik vinnig genoeg besigheid besorg. Jy kan ook ‘n gepaste plakkaat as advertensie ontwerp. Baie sterkte!
| LU/AS 1.13 | ||||
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.12 die produk of stelsel evalueer gebaseer op kriteria wat direk met die ontwerpopdrag en sommige van die spesifikasies en beperkings verband hou, en verbeteringe of wysigings voorstel; |
| 1.13 die doeltreffendheid van die plan van aksie wat gevolg is evalueer en voorstel hoe toekomstige planne verbeter kan word. |