Die historikus en begrippe
Die begrippe gronden mag het ‘n noue verband met mekaar. ‘n Persoon word in die regerende klasof die werkersklas ingedeel op grond van sy of haar produksievermoë. Die produksluit dan kapitaal (geld), grond, geboue, myne, masjinerie ens. in.
Die konflik tussen die twee klasse berus dus op die kontrasterende verbande wat hulle ten opsigte van die produk ervaar. Die regerende klas, wat ook die kapitalistiese klas of die middelklas of die bourgeoisie (Franse Revolusie) genoem kan word, besit die produksievermoë terwyl die werkersklas of proletariaat of Bolsjewiste (Russiese Revolusie) hul arbeid verkoop deur op die landerye, in die fabrieke en myne wat aan die regerende klas behoort, te werk.
Opdrag 1 :
Opdrag 2 :
Opdrag 3 :
(a) My eie plekkie in ons woning is my
Ek is trots daarop omdat
(b) My ouers/voogde is werknemers/werkgewers van :
(c) Ek is nie ‘n las vir my familie nie, want ek aanvaar verantwoordelikheid vir
Opdrag 4 :
1 = Die leerder bly darem by sy familie.
2 = Die leerder is soms, of was al van nut vir die familie.
3 = Die leerder is van werklike nut vir sy/haar familie.
4 = Die leerder se bydrae tot sy/haar familie is ‘n uitstaande prestasie.
| PUNTE TOEGEKEN DEUR GROEPLEDE | ||||
Kennisgewing 1 :
Aan die einde van hierdie module moet jy ‘n projek oor Die Franse Revolusie inlewer. Jy sal stap-vir-stap die nodige inligting ontvang. Vir vandag hoef jy slegs:
(a) by die huis te sê dat jy soek na inligting omtrent die tema en
(b) die woordverklaring vir revolusie na te slaan/uit te vind. Voltooi:
Revolusie:
Bron:
VOORBEELD van die optekening van inligting wat uit ‘n spesifieke bron verkry is.
revolusie, opstand, omwenteling.
Bron:
a) inligting oor die skrywer(s), (eers die van, dan name/voorletters)
b) die boek se titel in aanhalingstekens
c) die uitgewer en datum van uitgawe
d) die bladsynommer(s) sodat jy dit maklik weer kan kry.
Bostaande is die inligting wat die historikus nodig het, en dit is daarom verpligtend. Verskillende universiteite verskil selfs in hul eie onderskeie departemente oor die korrekte manier vir die optekening van broninligting, bv. die punte om a, b,c en d af te sluit, is verpligtend vir ‘n skripsie by die Departement Engels, US. Sorg dat jou projek so korrek as moontlik is want gesaghebbende bronne bewys die geldigheid van jou opinie.
Voorbeeld:
Kritzinger, Eksteen, Beknopte Verklarende Woordeboek,J.L. van Schaik (Edms) Bpk 1989. Bl. 408.
| LU 1 | AS 1.1 | |||||
BRON A
| Die Burger, BL. 10 Saterdag 6 JULIE 2002Salga onderhandel nie verder oor Samwu-stakers se lone | |
| MARLENE VAN HOUWELINGENKAAPSTAD. – Die Vereniging van Plaaslike Regerings (Salga) oorweeg geen verdere onderhandelings oor loonverhogings vir lede van die munisipale vakbond (Samwu) nie.In briewe tussen die president van Salga, mnr. Petrus Mashisi, en Samwu, asook tussen die vakverbond Cosatu en Salga, is die hoop wel uitgespreek dat verdere samesprekings hieroor aangeknoop sal word, het adv. Etienne Vermaak, een van Salga se hoofonderhandelaars in die kwessie, gister gesê.“Ons staan by die aanbod van 8% en die minimum loon van R1 900 per maand. Dis nie dat Salga ongevoelig is oor die moeilike lewensomstandighede van sommige munisipale werkers nie, maar ons kan nie ’n swaarder las op die res van ons belastingbetalers plaas om aan Samwu se vereistes te voldoen nie. Die staking kan nog ’n rukkie duur, maar ons glo dit sal aanstaande week momentum verloor. Dis in sy wese ’n magstryd.”In opdrag van die minister van arbeid, mnr. Membathisi Mdladlana, het die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie gister probeer om ’n vergadering | tussen stakende munisipale werkers en hul werkgewer te belê.Samwu het gister in ’n verklaring gesê hy keur nie rommelstrooiing, saakbeskadiging of enige geweld goed nie. “Dis jammer dat Salga en sekere plaaslike besture hierop konsentreer, eerder as op dit wat tot dié optrede aanleiding gegee het.”Me. Anna Weekes, mediawoordvoerder van Samwu, het gesê die vakbond herhaal sy eise en sal nie toegee nie. “Ons doen ook ’n beroep op plaaslike besture om nie ons werkers deur private diensverskaffers te vervang nie. Dié optrede veroorsaak nog meer spanning.”In Kaapstad het sake gister redelik ordelik verloop, met die altesame 2 314 werkers – of sowat 8% van die totale werkmag – wat van die werk weggebly het.“Daar was geen ernstige ontwrigting van munisipale dienste nie,” het mnr. Charles Cooper, die stad se mediawoordvoerder, gesê.Volgens mnr. Mike Marsden, uitvoerende direkteur van handelsdienste, het meer werkers gister by die werk opgedaag en het die munisipaliteit probeer om alle agterstallige dienslewering in te haal. Hy het gesê nooddienslewering sal oor die naweek voortgaan. |
BRON A : Assessering van kennis en begrip
1 (a) Salga verteenwoordig die ……………………………………………… klas. /1/
(b) Samwu verteenwoordig die werkersklas, volgens die bron werk hulle vir die
/1/
(c) Die konflik handel oor “loonverhogings”, wat beteken dat die …………………..
meer …………………………… wil hê. /2/
(d) Die munisipale werkers se werk (arbeid) is om bv……………..
/1/
(e) Salga is ontevrede omdat die Samwu-stakers hulle skuldig maak aan:
“rommelstrooiing” , “saakbeskadiging” en “geweld”.
Rommelstrooiing is wanneer
/1/
‘n Voorbeeld van saakbeskadiging tydens ‘n optog is wanneer
/2/
Geweld kan uitbreek wanneer die polisie
/2/
/10/
| LU 3 | AS 3.1 | LU 3 | AS 3.6 | |||||||||||
KENNISGEWING 2 :
Jy het nou ‘n beskrywing van ‘n moderne konfliksituasie gelees. Vandag probeer mense veranderinge vreedsaam aanbring. Terwyl jy inligting oor die Franse Revolusie insamel, moet jy die SOORT bronne wat jy in die hande kry, beoordeel. Besoek die dorpsbiblioteek as jou skool nie een het nie. Onderwysers het gewoonlik ook ‘n versameling boeke. As jy nie vra nie, sal jy nie weet nie.
Stap 1 : Kyk na die inligtingsopgawe, die hoofopskrifte en die prente in die boek. Jy is nou op soek na ‘n aspek/deel wat jou interesseer ten opsigte van die konflik in die Franse Revolusie. Merkdie vrae wat volg wat jou interesseer,skryf by (o), (p) en (q) jou eie idees neer.
(a) Waarom het die adel nie betyds die konflik sien kom nie?
(b) Waarom het die werkerstand so gesukkel om hulself te organiseer in ‘n effektiewe weerstandsbeweging?
(c) Sou beter kommunikasie (bv. telefone) ‘n verskil kon maak?
(d) Is die redes vir die opstand vandag nog geldig?
(e) Hoe vergelyk ons Menseregte (Sien Bron C) met die regte wat gewone mense toe in Frankryk gehad het?
(f) Watter rol het vroue in die Revolusie gespeel?
(g) Watter rol het kinders in die Revolusie gespeel?
(h) Waarom was daar so baie bloedvergieting? OF
(i) Het armoede die opstande veroorsaak?
(j) Watter aandeel het die geskrifte van die tyd gehad (propaganda) in die opsweping van die gepeupel?
(k) Watter invloed het die Franse Revolusie op ander wêrelddele, bv. Suid-Afrika gehad?
(l) Watter invloed het buurlande se reaksie oor die geweld tydens die revolusie op die Franse Revolusie gehad?
(m) Dink jy Napoleon Bonaparte was ‘n held?
(n) Dink jy die guilotine was ‘n geskikte toestel om vonnisse op ter dood veroordeeldes te voltrek?
(o)
(p)
(q)
Stap 2 :Bogenoemde vrae sal jou help om inligting vir jou projek te versamel. Maak notas van die inligting, teken jou bronne getrou aan en gebruik dit vir jou projek!
| LU 1 | AS 1.1 | AS 1.2 | AS 1.4 | AS 1.5 | ||||||||||||||||||||
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne]; |
| 1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne]; |
| 1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne]; |
| 1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag]; |
| 1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]: |
|
|
| LU 3 |
| Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne]; |
| 3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne]; |
| 3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne]; |
| 3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne]; |
| 3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede]; |
| 3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede]; |
| 3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede]. |