Inside Collection (Course): Geskiedenis Graad 8
Suid-Afrika beskik oor ‘n geweldige mineralerykdom. Goud, diamante en platinum en noodsaaklike basismetale soos koper, tin, yster, lood en sink word ontgin. Die mynbou-sektor is dus ‘n belangrike bron van werkskepping. Die enigste ander land met so ‘n omvangryke verskeidenheid minerale en metale soos Suid-Afrika is die uitgestrekte Rusland.
Die Ontdekking van Goud en Diamante in Sa
Teen die middel van die negentiende eeu was die gebiede wat Brittanje in Suid-Afrika gekoloniseer het, vir die Britte ‘n ekonomiese las. Droogtes in die Kaapkolonie; gevegte in die Oranje-Vrystaat met die Basoeto’s en swak binnelandse markte in die ou ZAR (Transvaal) het daartoe gelei dat die Britte hul beheer oor hierdie gebiede beëindig het deur die ondertekening van die Sandrivierkonvensie in 1852 met Transvaal en die Bloemfonteinkonvensie in 1854 met die OVS.
Die ontdekking van goud in 1868, noord van die Limpopo-rivier, by Tati het aanvanklik nie veel aandag getrek nie, want in 1867 is die eerste diamant naby Hopetown ontdek. Hierdie diamante was spoeldiamante, wat in die spoelgrond langs die riviere aangetref is.
Weerskante van die Vaalrivier is meer diamante gevind wat gelei het tot ‘n grootskaalse instroming van delwers. Die delwers kon nie met Pretorius, die president van die ZAR oor hul regte ooreenkom nie en het hul eie delwersrepubliek by Klipdrif uitgeroep.
In 1870 en 1871 is diamante verder van die Vaalrivier af, eers by Dutoitspan (later Kimberley) en toe by Vooruitzicht ontdek. Hierdie droë delwerye het bekend geword as die grootste diamantvondste in die wêreld en buitelanders het nou op die gebied toegesak. Konflik tussen die verskillende aanspraakmakers op die diamantgrond, naamlik die republieke, die kolonies en die inboorlingkaptein was onvermydelik.
Alhoewel J.H. Davis al in 1852 die eerste goud in die bekende Witwatersrand op ‘n plaas naby Krugersdorp ontdek het, het die ZAR-regering hom gedwing om stil te bly daaroor. Verskillende ander goudvondste is gemaak, soos die vonds van Walker en Harrison op die plaas Langlaagte. Eers in 1886 was dit duidelik dat hierdie vonds die hoofgoudrif van die Witwatersrand was.
Die dorp Johannesburg het ontwikkel op die plaas Randjeslaagte. Transportryers kon nie tred hou met die vervoer van mense en goedere nie, gevolglik is spoorlyne aangelê. Johannesburg is in 1892 deur middel van ‘n spoorlyn verbind met Kaapstad en in 1895 met Durban.
a) Skryf die woord TYDLYN en waaroor die tydlyn handel, bo-aan.
b) RANGSKIK eers die DATUMS in CHRONOLOGIESE VOLGORDE.
c) SKRYF nou die DATUMS onder mekaar neer.
d) VUL nou slegs die GEBEURE wat op die datums betrekking het, langs elke datum in. Sorg vir volledigheid.
| LU 1.2 | LU 1.4 | LU 1.5 | LU 2.1 | LU 2.2 | ||||||||||||||||||||||||
BRON AVerklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)
karaat 1. Gewigseenheid vir edelstene en pêrels gebruik, waarby 1 karaat - 200 mg (3,085 grein): bv. ‘n Diamant van 10 karaat. Stene van 4 tot 24 karaat.2. Maat vir die bepaling van die suiwerheid van goud en silwer: 24 karaat is suiwer (100%) goud; 18 karaat bevat 18 dele suiwer goud op die 24.
BRON BADVERTENSIE
DIAMANTE IS 'N MEISIE SE BESTE VRIENDE!!
GEE ‘N SPESIALE GESKENK VIR DIE SPESIALE
PERSOON IN JOU LEWE!!
‘N DIAMANTRING IS VIR EWIG!!
1. Vergelyk die twee bronne hierbo.
1.1 Skryf enige feit korrek uit Bron A OF Bron B neer wat na jou mening oor vyf jaar nog waar sal wees.
/2/
1.2 Watter bron, dink jy, vertel die waarheid ? /1/
1.3 Gee ‘n rede vir jou antwoord by 1.2.
/2/
2.1 Die inligting in die woordeboek kom uit verskillende ander primêre bronne; en is daarom ‘n sekondêre bron. Watter soort bron is die advertensie?
/1/
2.2 Motiveer jou antwoord.
/2/
3. Juweliers meng dikwels goud met yster waarvan hulle ‘n ring maak. Waarom?
/10/
| LU 1.2 | LU 1.3 | LU 3.1 | LU 3.3 | |||||||||||||||||||
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne]; |
| 1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne]; |
| 1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne]; |
| 1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag]; |
| 1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]: |
|
|
| LU 2 |
| Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 verbande tussen geskiedkundige gebeurtenisse en prosesse in verskillende kontekste in dieselfde tydperk begin trek [chronologie en tyd]; |
| 2.2 verstaan dat daar ‘n verskil in die belangrikheid van gebeurtenisse se oorsake en gevolge is [oorsaak en gevolg]; |
| 2.3 veranderinge in ‘n groter historiese en omgewingskonteks verduidelik [kontinuïteit en verandering]; |
| LU 3 |
| Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne]; |
| 3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne]; |
| 3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne]; |
| 3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne]; |
| 3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede]; |
| 3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede]; |
| 3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede]. |