Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Geskiedenis Graad 8 » Veandering in die lewe en werk in SA in die myne, landelike gebiede en stede

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Veandering in die lewe en werk in SA in die myne, landelike gebiede en stede

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS

Graad 8

GROND EN MAG

Module 9

Verandering in die Lewe en Werk in SA op die Myne, Landelike Gebiede en Stede

LEESSTUK 1

Verandering in die Lewe en Werk in SA op die Myne, Landelike Gebiede en Stede

Soos met die Franse Revolusie en die Industriële Revolusie in Brittanje, het die Minerale Revolusie in Suid-Afrika ‘n ingrypende verandering in die omgewing en sy mense teweeggebring.

Fortuinsoekers het van oor die hele wêreld na SA gestroom met die droom om gou ryk te word. Aan die begin was die Uitlanders van die boere in die omgewing afhanklik vir bv. vervoer en voedsel. Die dae van oppervlakkige spoelgoud en -diamante delf, was gou verby en dieper mynboutegnieke het beteken dat opgeleide tegnici sowel as ingewikkelde masjinerie ingevoer moes word. Om die goud uit die rotse te haal was ‘n ingewikkelde proses. In 1890 is ‘n spesiale sianiedproses ontwikkel. Hiervoor was nog meer werkers nodig.

Rondom die Kimberleymyn is die swart mynwerkers in kampongs gehuisves. Hierdie mense was kontrakarbeiders wat na 3 tot 6 maande teruggekeer het na hul stamlande nadat hul kontrakte verstryk het. Hierdie tydelike verblyf op die myne het verhoed dat werkers beter opgelei kon word. Die mynbesitters het die lone so laag as moontlik gehou om hul eie wins so hoog as moontlik te hou. Soos met die Industriële Revolusie, het die ryk mense ryker, en die armes armer geword. Waar die onbeplande myndorpies met die tyd orde gekry het sodat gesondheid en opleiding aandag kon geniet, het die toestande in die kampongs verswak.

Bogenoemde situasie om die myne, het verder verswak toe daar tussen 1904 en 1907 60 000 werkers uit China ingevoer is om op die goudmyne te werk. Na die Suid-Afrikaanse oorlog was daar ‘n groot tekort aan werkers, maar hierdie stelsel om arbeiders in te voer het vir niemand enige voordeel ingehou nie. Gevolglik is die meeste Chinese werkers teruggestuur.

In 1896 is daar ‘n beperking op die immigrasie van Indiërwerkers na SA geplaas. Hierdie werkers het hoofsaaklik in Natal op die suikerplantasies gewerk.

Die bruin plaaswerkers in die Kaapkolonie was swaar getref deur die swak opbrengste op die wynplase want oeste is deur plae verwoes. Plaaseienaars het groot bedrae geld aan die bank geskuld en werkverskaffing het afgeneem. Mense in die klerebedryf is ook deur die afname in die handel getref. Vervaardigers was afhanklik van die invoer en uitvoer van produkte.

Aan die Witwatersrand het die Britse Uitlanders op verteenwoordiging in die Volksraad (parlement) van die Transvaal aangedring. Hulle wou hê dat Brittanje die beheer oor Transvaal moes oorneem. Die bekendste poging om die Transvaal oor te neem, was die Jameson-inval, gesteun deur die mynmagnaat Cecil John Rhodes. President Kruger se boerekommando’s het daarin geslaag om die invallers in 1896 te stuit. Hulle is gevange geneem.

Die situasie in Suid-Afrika het drasties verander. Verskillende groepe mense het probeer om ‘n bestaan te maak op die myne, in stede, dorpies en op plase.

Klasbespreking

  • Skryf na jou mening die slimste antwoord van jou klaslede op die volgende vrae neer. Lees hierdie vrae en antwoorde weer deur voor die eksamen.

1.1 Waarom neem werkverskaffing af as die eienaar van ‘n onderneming geld aan die bank skuld?

1.2 Is die vraag by 1.1 van toepassing op alle terreine of slegs op die landbougebied?

2 Dink jy dat al die mense in die klerebedryf soos: materiaalvervaardigers, kleremakers, klereverkopers en klere-aankopers deur:

2.1 die mode en

2.2 armoede beïnvloed is?

3.1 Om watter rede het die Britte (sien die Sandrivierkonvensie in Leesstuk 1) hul beheer oor die Boererepublieke prysgegee?

3.2 Waarom wou Cecil John Rhodes in hierdie leesstuk die Transvaal annekseer?

4 Waarom het werkverskaffing afgeneem op plase en in stede, maar toegeneem op die myne?

Table 1
                                                         
  LU 1.4           LU 1.5           LU 2.1           LU 2.2           LU 3.3      
                                                         
Table 2
         
  LU 3.4      
         

LEESSTUK 2

Oorloë tussen die Zoeloes en die Britte

In 1877 het die Negende Grensoorlog, soos dit in daardie tyd genoem is, tussen die Zoeloes en die Britse soldate in die Kaapkolonie uitgebreek. Die oorlog het meer as ‘n jaar aangehou en daarna het die Britte die oorblywende gedeeltes van die Transkei wat nog onafhanklik was, geannekseer. Pondoland is laaste geannekseer, in 1894.

In 1879 het daar weer eens oorlog uitgebreek tussen die Britte en die Zoeloes in Natal. Ten spyte van ‘n groot aanvanklike oorwinning, die geveg van Isandhlwana, waarin Cetshwayo die Britse soldate verlaan het, is die Zoeloes tog verslaan. Cetshwayo is gevangene geneem en in die kasteel aangehou. Hierdie oorlog staan bekend as die Anglo-Zoeloe-oorlog. Brittanje was nou in beheer van Zoeloeland.

LEESSTUK 3

Die Wet op Naturellegrond van 1913 [Naturellen Grond Wet (No.27 van 1913)]

Chinese en Indiërwekers is ingevoer om op die myne en die suikerplantasies in Natal te werk. Hulle kon nie, soos die swart werkers, na ‘n drie maande-kontrak terugkeer na hul tuislande nie. Toe dit vir die regerings moeilik raak om hierdie kampongs te polisieer, het hulle probeer om die Indiërs en Chinese te repatrieer. Alhoewel die meeste Chinese na China toe teruggekeer het, wou die Indiërs eerder in Suid-Afrika bly, so-dat repatriasie onsuksesvol was.

Die volgende poging om die invloei van werkers te beheer, was die Wet op Naturellegrond van 1913. Daarvolgens is alle mense gegroepeer volgens hul velkleur en kultuur en moes in ‘n spesifieke area woon. Swart mense moes in hul eie tuislande woon. Hulle kon gekontrakteer word om in die myne, plase en plantasies te werk, maar moes dan daarna terugkeer na die areas wat aan hul toegewys is. Hierdie areas is tuislande of reservate genoem. Die beleid om mense te skei volgens kleur, kultuur en woonplek, is segregasie genoem.

  • Jou eie opinie oor segregasie. Motiveer.
Table 3
                                 
  LU 1.5           LU 2.1           LU 2.3      
                                 

LEESSTUK 4

Suiker en Arbeid in Natal

TYDLYN : GANDI

1869 : Op 2 Oktober is Mohandas Karamchand Gandi gebore.

1888 : Gandi vertrek per skip na Londen.

1890 : Hy slaag Britse matriek.

1891 : Vertrek na Indië, waar hy sy eie regspraktyk begin. Hy word toegelaat tot die Hooggeregshof in Bombaai.

1893 : Terug in SA werk hy vir ‘n Moslemse regsfirma. Hy ervaar sy mense se probleme met die Kleurslagboomwet.

1894 : Gandi stig die Natalse Indiërkongres.

: Hy gaan haal sy vrou en kind in Indië en agiteer vir die Indiërbelange in Suid-Afrika.

: Hy lewer ‘n lang verklaring aan Chamberlain, die Britse Staatsekretaris vir Kolonies, oor Indiërbelange, bv. die hervestiging van Indiërs.

1899 : Hy stig die Indiër Ambulanskorps tydens die SA Oorlog en ontvang ‘n oorlogsmedalje vir sy werk.

1902 : Hy tree as leier van ‘n afvaardiging na Chamberlain op.

: Hy stig die Phoenix-nedersetting naby Durban en organiseer hospitaalgeriewe tydens ‘n plaag.

1905 : Ondersteun ‘n boikot van Britse goedere.

1906 : Hy stig die Indiër Draagbaarkorps gedurende die Zoeloe-Rebellie.

: Hy reël die eerste massaprotesvergadering vir Indiërs in Johannesburg.

: Dit is die openlike begin van passiewe weerstand teen die regering.

1907 : Gandi vertrek weer na Engeland om die Indiërs se saak te bepleit.

: Hy ontmoet Smuts in Pretoria en verteenwoordig sy Indiërkliënte wat in die hof aangekla word van passiewe weerstand.

: Smuts daag Gandi voor die hof. Gandi verander die naam, passiewe weerstand na ‘n Indiërwoord: Satyagraha.

Aktiwiteit:

  • Die antwoorde tot die leidrade kan gevind word in die tydlyn oor Gandi in die leesstuk 4.

Gandi se passiewe weerstand

  1. 1) Erkenning van werk van Ambulanskorps
  2. 2) Produk op Natalse plantasies
  1. 1) SA was nog nie ‘n unie nie, maar ‘n…

4) Eerste minister van SA

5) Naam van Britse Staatsekretaris

6) Naam van Indiër protesleier

7) Toerusting tydens die Zoeloe-rebellie

8) Voertuig in oorlogdiens

Assessering

Table 4
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne];
1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne];
1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];
1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]:
  • die opbou van sy eie argumente en interpretasie gebaseer op die historiese bronne (wat uitgebreide skryfwerk, kunswerke, grafieke en dramas insluit);
  • informasie tegnologie waar beskikbaar en toepaslik te gebruik om sinvol te kommunikeer.
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 verbande tussen geskiedkundige gebeurtenisse en prosesse in verskillende kontekste in dieselfde tydperk begin trek [chronologie en tyd];
2.2 verstaan dat daar ‘n verskil in die belangrikheid van gebeurtenisse se oorsake en gevolge is [oorsaak en gevolg];
2.3 veranderinge in ‘n groter historiese en omgewingskonteks verduidelik [kontinuïteit en verandering];
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne];
3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne];
3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne];
3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne];
3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede];
3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede];
3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede].

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks