Om gebiedsuitbreiding en mag as ’n oorsaak van die Eerste Wêreldoorlog te kan bespreek
| LU 1.1 | LU 1.2 | LU 1.4 | LU 1.5 | LU 2.2 |
LEESSTUK 1
In 1877 het die Russiese Tsaar, Alexander II, oorlog verklaar teen Turkye. Na ’n jaar van hewige gevegte is die Turke verslaan. In die vredesverdrag van 1878, die Verdrag van San Stefano, is die nuwe staat, Bulgarye, geskep wat die grootste gedeelte van die Balkan ingesluit het.
Die Rykskanselier van Duitsland, Bismarck, was ’n vredemaker wat hard daaraan gewerk het om vredesverdrae tussen moondhede tot stand te bring. Sy Dreikaiserbund (Verbond tussen drie keisers) tussen Duitsland (Wilhelm I), Oostenryk-Hongarye (Frans Josef) en Rusland (Alexander II) van 1872 was in gevaar omdat Oostenryk-Hongarye ontsteld was oor die mag wat Rusland na die Verdrag van San Stefano in die Balkan gekry het. Hierdie ryke het nog ’n outokratiese regeringsvorm soos die Turke, nagestreef. Let daarop dat die Russe deur ’n tsaar en die Turke deur ’n sultan regeer is.
Bismarck het toe die groot moondhede versoek om in Berlyn te vergader om elkeen se aanspraak op die Balkan te stel, sodat ’n vreedsame oplossing bereik kon word. Duitsland was self nie betrokke in die Balkan nie, en kon dus as arbiter optree. Op die Kongres van Berlyn is daar toe besluit om Bulgarye as ’n aansienlik kleiner, onafhanklike staat te erken. Die Bulgare sou belasting betaal aan die Sultan van Turkye. Twee van sy vorige provinsies, Bosnië en Herzegowina, is nou bestuur deur Oostenryk-Hongarye. Rusland het Bes-sarabië, wat aan hom grens, gekry in ’n poging om hom te paai.
Disraeli, die Britse Eerste Minister, het verwys na die onderhandelinge by die Kongres van Berlyn as "vrede met eer", maar hierdie vrede het nie lank gehou nie. Alhoewel Oostenryk-Hongarye se mag in die Balkan deur hierdie verdrag verseker is, het die Serwiese nasionaliste se haat teenoor die Oostenryk-Hongare gegroei. Die Russe was ook ontevrede omdat hul gebiedsuitbreiding gestop is.
Nasionalisme, as ’n politieke mag, het nie net die Eerste Wêreldoorlog verhaas nie,maar ook die outokratiese regerings van Duitsland, Oostenryk-Hongarye, Turkye en Rusland laat verbrokkel.
BRON A Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)
belasting : verpligte betaling aan die staat of ander regeringsliggame om noodsaaklike landsdienste te verskaf
landsdiens : diens gelewer in belang van die land
1. Bron A word ’n bron genoem. /1/
2. Ek kan my antwoord by nr. 1 so motiveer:
/2/
3. Voorbeelde van landsdiens is die lewering van:
/2/
4. My ouer/voog se opinie oor belasting is dat dit: noodsaaklik/onnodig is omdat
/2/
5. Ek dink die Bulgare wou nie aan die /1/
belasting betaal nie, omdat /2/
/10/
| LU 1.2 | LU 1.4 | LU 1.5 | ||||||||||||||
Opdrag:
| Eienskappe: | 1 | 2 | 3 | 4 |
|
||||
|
||||
|
||||
|
| LU 1.1 | LU 1.2 | LU 1.4 | LU 1.5 | |||||||||||||||||||
Aktiwiteit 2
Om die botsende belange in kolonies as die tweede oorsaak van die Eerste Wêreldoorlog te kan bespreek
| LU 1.2 | LU 1.3 | LU 1.4 | LU 1.5 | LU 2.1 |
LEESSTUK 2
Duitsland het laat begin deelneem aan die wedloop om grondgebied in Afrika te koloniseer. Wilhelm II het in Marokko ’n moontlikheid gesien om sy mag in Noord-Afrika te begin uitbrei. Marokko het ryk ysterertsneerslae gehad, ’n aanwins vir enige nywerheidsland.
Frankryk het reeds beheer gehad oor Algerië, Tunisië, die Wes- en Sentraal-Soedan en Frans-Somaliland langs die Rooi See. Maar Frankryk het dringend ystererts benodig, omdat Duitsland na die Frans-Pruisiese Oorlog in 1871, Elsas en Lotharinge geannekseer het en so Frankryk se grootste bron van ystererts oorgeneem het. Boonop moes Frankryk oorlogskuld afbetaal aan Duitsland. Frankryk en Duitsland was dus groot vyande sedert 1871.
Brittanje kon egter nie toelaat dat die Franse, Marokko annekseer nie, omdat dit ’n bedreiging sou wees vir die belangrike strategiese Britse vlootbasis op Gibraltar. Duitsland was vinnig besig om sy vloot op te bou, wat vir Brittanje, wat die oppermag op see nodig gehad het om sy uitgebreide kolonies te beskerm, ’n groot gevaar was. Duitsland was dus in 1904 vir Frankryk en Brittanje ’n bedreiging, daarom het hulle die Entente Cordiale gesluit.
Brittanje en Frankryk het met hierdie ooreenkoms hul verskille oor hul botsende belange in Afrika, versoen. Frankryk het Brittanje se belange in Egipte en die Anglo-Egiptiese Soedan erken, terwyl Brittanje in die geheim die Franse belange in Marokko erken het. In die openbaar het Brittanje steeds die onafhanklikheid van Marokko gewaarborg.
Toe Frankryk se belange in Marokko bekend word, het die Duitse keiser,
Wilhelm II, Marokko besoek en die Sultan van Marokko verseker dat Duitsland hulle teen Frankryk sou beskerm. In 1906 is ’n konferensie in Algeciras gehou waarop die onafhanklikheid van Marokko en Duitse ekonomiese belange in Marokko gewaarborg is. Frankryk het op hierdie konferensie die steun van Brittanje en sy ou bondgenoot, Rusland, ontvang.
Brittanje het die ondemokratiese regeringsvorm in Rusland, die outokrasie van die tsaar, sterk afgekeur.
In 1905 is Rusland deur Japan verslaan en die Tsaar was verplig om die Doema, ’n vorm van parlementêre regering, in te stel. Nou was samesprekings tussen Rusland en Brittanje moontlik. Britse belange in Persië is erken, en Russiese belange in Afganistan. Verder het hierdie Anglo-Russiese Entente in 1907 gelei tot die vorming van die Drievoudige Entente tussen Frankryk, Brittanje en Rusland. Die entente was nie ’n militêre verbond nie, maar ’n vriendskaplike verstandhouding wat ’n poging was om die vrede in Europa te bewaar.
Teen 1907 was Europa dus finaal in twee gewapende kampe verdeel: die Drievoudige Entente met Frankryk, Brittanje en Rusland aan die een kant, en die Drievoudige verbond van Duitsland, Oostenryk-Hongarye en Italië aan die ander kant.
KEN JY NOG DIE VOLGENDE BEGRIPPE?
onafhanklikheid : Die reg van ’n persoon of groep om hul eie besluite te neem en na eie goeddunke uit te voer
demokrasie : Regering vir die volk, deur verteenwoordigers wat op ’n vrye verkiesing deur die volk verkies word. Die doel agter die begrip demokrasie was oorspronklik die beskerming van minderhede Demokrasie word soms opgesom met: een mens, een stem.
outokrasie : Besluitneming sonder dat die wil van die volk in ag geneem word.
Opdrag:
| LU 2.1 | ||||
Aktiwiteit 3
Om die bewapeningswedloop as die derde oorsaak van die Eerste Wêreldoorlog te kan bespreek
| LU 1.3 | LU 1.4 | LU 1.5 | LU 2.3 |
LEESSTUK 3
In die tien jaar van 1905 tot 1914 het die groot moondhede geweldig baie geld op bewapening gespandeer. Duitsland het die Drievoudige Entente gesien as ’n poging van Frankryk, Brittanje en Rusland om hom te omsingel. Die Duitse militêre mag is dus massief verbeter en vergroot.
Die Britse offisiere en leërmag is onder leiding van die ervare Lord Haldane gereorganiseer om gereed te wees om enige vyand te verslaan. Frankryk en België het ook op die Duitse bedreiging gereageer deur die tydperk waartydens hul manskappe diensplig (opleiding in oorlogvoering) moes doen, langer te maak. Rusland het sy wapenfabrieke groter gemaak en ’n nuwe strategie uitgewerk vir oorlogvoering.
Die wapentegnologie het in hierdie tyd geweldig ontwikkel. Brittanje het bv. in 1906 ’n nuwe soort gevegskip/slagskip gebou, die HMS Dreadnought, wat swaar gepantser was en groot kanonne aan boord gehad het. Die Duitsers het met hul duikbote ’n nuwe soort oorlogvoering ter see begin. Ten spyte van ontwapeningskonferensies, het wantroue en vyandigheid tussen die groot moondhede toegeneem en oorlog was onafwendbaar.
Opdrag:
BRONINLIGTING:
1. www.askjeeves.com (Tik die vraag in.)
2. www.google.com (Tik die sleutelwoord in.)
3. www.mweb.co.za (Gaan na die biblioteekafdeling.)
PRENTE:
Reader's Digest Illustrated Story of WORLD WAR I 1969
Raadpleeg ook jou naaste Provinsiale Biblioteek. Vra dat die bibliotekaresse jou by die Naslaanafdeling wys waar die Eerste Wêreldoorlogbronne is.
BRON B: WAPENS
Opdrag:
1. Waarom, dink jy, gebruik gewone mense wapens?
2. Behoort daar ’n beperking te wees op die a) aantal/hoeveelheid,
en b) soort wapens in ’n land se besit ? MOTIVEER jou antwoorde!
3. Waarom brei wapentegnologie so geweldig uit tydens ’n oorlog?
| LU 1.4 | LU 1.5 | |||||||||
Aktiwiteit 4
Om nasionalisme as die vierde oorsaak van die Eerste Wêreldoorlog te beskryf
| LU 2.2 | LU 3.6 |
LEESSTUK 4
Jy weet reeds dat nasionalisme ’n vurige vaderlandsliefde is. Die voorbeeld wat hier volg oor die anneksasie van Bosnië en Herzegowina, het homself oor en oor herhaal in die geskiedenis, met ander kolonies en ander besettingsmagte.
Nasionalisme spoor ’n volk aan om te veg vir hul vryheid en die behoud van hul eie manier van lewe (kultuur) en hul eie taal.
In 1808 het die Jong Turke in opstand gekom teen hul Turkse Sultan, Abdoel Hamid. Abdoel Hamid was nie bereid om ’n konstitusionele regeringsvorm in te stel nie, hy wou ook nie die Westerse magte wat sy ryk verder onder hulself verdeel het, teenstaan nie. Die Jong Turke, opgevoede Turke van die jonger geslag, het Abdoel se broer as sultan uitgeroep. Die Oostenryk-Hongaarse ryk het hierdie tyd van wanorde in die Turkse regering aangegryp en die provinsies, Bosnië en Herzegowina geannekseer. Die sowat miljoen Serwiërs moes hul planne vir ’n groot, onafhanklike staat waarin al die Suid-Slawe van die Balkan verenig sou kon word, laat vaar. Rusland was so pas deur Japan verslaan, Brittanje wou nie oorlog maak nie en Duitsland was ten gunste van die Oostenryk-Hongaarse anneksasie.
Die haat van die Serwiërs oor hul mislukte poging om ’n eie nasionale staat te stig en die griewe van die Russe teenoor Oostenryk-Hongarye, het uiteindelik tot die Eerste Wêreldoorlog gelei.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne]; |
| 1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne]; |
| 1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne]; |
| 1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag]; |
| 1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]: |
|
|
| LU 2 |
| Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 verbande tussen geskiedkundige gebeurtenisse en prosesse in verskillende kontekste in dieselfde tydperk begin trek [chronologie en tyd]; |
| 2.2 verstaan dat daar ‘n verskil in die belangrikheid van gebeurtenisse se oorsake en gevolge is [oorsaak en gevolg]; |
| 2.3 veranderinge in ‘n groter historiese en omgewingskonteks verduidelik [kontinuïteit en verandering]; |
| LU 3 |
| Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne]; |
| 3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne]; |
| 3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne]; |
| 3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne]; |
| 3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede]; |
| 3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede]; |
| 3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede]. |