Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 8 » Die historiese ontwikkeling van geld

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseEMS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Economic and Management Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseEMS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download collection as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...

Download module as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

 

Die historiese ontwikkeling van geld

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

Graad 8

DIE EKONOMIESE SIKLUS

Module 1

DIE HISTORIESE ONTWIKKELING VAN GELD

DIE HISTORIESE ONTWIKKELING VAN GELD

  • BY VOLTOOIING VAN HIERDIE AFDELING SAL JY DIE HISTORIESE ONTWIKKELING VAN GELD EN DIE ROL WAT DIT IN GEMEENSKAPPE EN HUL EKONOMIEË SPEEL, KAN BESKRYF.

Die ekonomiese lewe van volkere toon duidelike fases van ontwikkeling, waarvan die SELFVOORSIENENDE STADIUM altyd die EERSTE ontwikkelingsfase verteenwoordig. Tydens die selfvoorsienend stadium is ‘n BESTAANSEKONOMIE, waar elke gesin / persoon slegs genoeg produseer om in sy eie behoeftes te voorsien, die kenmerkende eienskap. Die gesin / indiwidu het PRIMITIEWE LANDBOU beoefen waar slegs vir eie behoeftes geproduseer is. Gedurende die selfvoorsienend stadium van ekonomiese ontwikkeling was nóg ruilhandel, nóg ‘n ruilmiddel noodsaaklik, want daar is GEEN OORSKOT geproduseer nie. Die ekonomie / gesin het dus GEEN BEHOEFTE AAN ‘n ruilmiddel of GELD, soos ons dit ken, gehad nie.

Aktiwiteit 1

Table 1
         
  LU 1.1      
         

BESTAANSEKONOMIE

Jul groep is die enigste oorlewende passasiers van ‘n vliegtuig wat iewers op ‘n verlate eiland neergestort het. Nadat julle jul bewussyn herwin het, vind julle uit dat die wrak van die vliegtuig in ‘n ontploffing na die ramp totaal verwoes is. Julle groepie is ongedeerd en moet nou staatmaak op jul eie vindingrykheid om aan die lewe te bly. Dit is ‘n klein eilandjie en die reënval is redelik hoog.

  • HOE SAL JULLE TE WERK GAAN OM IN JUL EIE BEHOEFTES TER WILLE VAN OORLEWING TE VOORSIEN? (Wenk: Begin deur te bepaal wat jul onmiddellike behoeftes sal wees). (Voorsien ‘n kort geskrewe voorlegging.)

Probeer nou om te identifiseer watter eienskappe aan so ‘n situasie van selfvoorsiening in ekonomiese verband gekoppel is.

Tydens die daaropvolgende fase van ekonomiese ontwikkeling, wat gekenmerk word deur SPESIALISASIE, SURPLUSSE EN RUIL, het gemeenskappe / gesinne sodanig geproduseer dat hulle hul oorskotproduksie kon verruil vir ander produkte waaraan hulle ‘n behoefte gehad het.

VOORBEELD:

  • Omdat Jan bedrewe was in die produksie van kledingstukke (wat uit die velle van diere gemaak is), kon hy hom daarop toespits (d.w.s. in die produksie daarvan SPESIALISEER) en sy oorskot (of SURPLUS) kledingstukke dan RUIL vir Piet se SURPLUS van meel en verwante koringprodukte. Op hierdie wyse het die eerste MARK ontstaan waar KOPERS en VERKOPERS mekaar “ontmoet” en hul SURPLUSSE uitgeruil het.

Aktiwiteit 2

Table 2
         
  LU 1.1      
         

SPESIALISASIE

SELF:

Gebruik ‘n aantal velle harde papier of karton en ontwerp en bou ‘n huis volgens jou eie beplanning.

Aktiwiteit 3

Table 3
         
  LU 1.1      
         

SPESIALISASIE EN ARBEIDSVERDELING

GROEP:

Gebruik ‘n aantal velle harde papier of karton en ontwerp en bou ‘n huis volgens jul eie beplanning. In hierdie geval moet die beplanning en bou van die verskillende komponente van die huis onder die lede van die groep verdeel word, byvoorbeeld een is verantwoordelik vir die dak, ‘n ander vir die mure, ‘n ander vir die raamwerk, ens. (Nota: Uiteindelik moet die verskillende dele saamgevoeg word om die geheel te vorm.)

GROEP:

Maak nou ‘n lys van die voordele en nadele van spesialisasie, soos wat uit die tweede groepwerk geblyk het.

Ten einde vir RUILHANDEL voorsiening te maak, was dit dus noodsaaklik dat die volgende tekortkominge verreken moes word:

  • Iemand moes gevind word wat binne die “dubbele ooreenstemming van behoefte” kon pas;
  • Daar moes genoeg produkte vir die ruil beskikbaar wees;
  • Die produkte moes maklik deelbaar wees;
  • Die produkte moes redelik maklik vervoerbaar wees; en
  • Daar moes ‘n standaardeenheid gevind word waarin die waarde van die verskillende produkte uitgedruk kon word.

Die probleem wat met bogenoemde ruilhandel gepaard gegaan het, het mense na ‘n middel wat almal in ruil vir hul produkte sou aanvaar, laat soek. Enigiets wat in algemene gebruik was en algemeen aanvaarbaar was, kon as RUILMIDDEL gebruik word.

In die mens se soeke na sodanige RUILMIDDELS kan ons die volgende ontwikkelingstadiums identifiseer:

Die eerste fase:

Een produk is vir ‘n ander produk verruil, sonder die tussenkoms van “geld” of ‘n “derde produk”, met ander woorde een stel kledingstukke is vir een sak koring verruil. Hierdie ruilverhouding het dus later die norm geword:

  • Een stel kledingstukke = Een sak koring

Die tweede fase:

In dié fase is ‘n “derde iets” gebruik in terme waarvan die waarde van alle goedere uitgedruk kon word. Sodanige “derde iets /artikel” was normaalweg ‘n produk wat as waardevol binne sekere gemeenskappe gereken is, byvoorbeeld ‘n skaap of skape, wat aanduidend van ‘n persoon se rykdom was. Ruiltransaksies is dus aangegaan in verhouding tot die waarde van ‘n skaap of ‘n aantal skape, byvoorbeeld:

  • Twee stelle kledingstukke = Een skaap = Twee sakke koring

Die derde fase:

In hierdie stadium het die behoefte aan ‘n ruilmiddel wat steeds algemeen aanvaarbaar was, maar wat terselfdertyd ook die tekortkominge soos hierbo genoem, te bowe kon kom, na vore getree. Sekere metale wat in daardie tyd as “kosbaar” beskou is, soos onder andere koper, silwer en goud, was besonder geskik om in die verband te gebruik en om algemeen as ruilmiddel aanvaar te kon word. In terme van ons voorbeeld, kan die volgende dus gestel word:

  • Een stel kledingstukke = Een ons silwer = Een sak koring

Die vierde fase:

Weens die gevare daaraan verbonde om die “kosbare metale” oor lang afstande saam te neem wanneer met verafgeleë gebiede handel gedryf is, het die gebruik toe ontstaan om die metale by erkende goudsmede in te lewer en dan ‘n erkenningbewys (goudsertifikaat) ten opsigte van jou deposito te verkry. Hierna het dit gebruik geword om slegs die sertifikate by ‘n ruiltransaksie as bewys voor te lê. Die volgende ontwikkeling was dat die goudsmede later bewyse in verskillende denominasies uitgereik het, wat met verloop van tyd die algemeen aanvaarde ruilmiddel geword het.

Die vyfde fase:

Toe die goudsmede agterkom dat goud of silwer nie so dikwels vir die goudbewyse opgevra word nie, het hulle begin om meer goudbewyse (papiergeld) as wat daar goud in hul kluise was, uit te reik. Dit was die begin van ons moderne papiergeld.

Die sesde fase:

Die mees onlangse ontwikkeling, benewens die druk van note en die aanmunt van muntgeld, is die gebruik van die tjek en ook krediet. Bedrae word by ’n bank op ’n lopende rekening inbetaal en die houer van die rekening kan ’n tjek uitskryf en dit as betaling aanbied. Die ontvanger van die tjek kan die bedrag by die bank op sy eie rekening inbetaal of dit in kontant onttrek. Op hierdie wyse het die tjek al die funksies van geld vervul.

Opsommend kan die historiese ontwikkeling van geld in vier ontwikkelingsfases beskou word:

  • ONTWIKKELING VAN GOEDEREGELD toe daar in die primitiewe gemeenskappe weens die selfvoorsienendheid van hul bestaan, geen behoefte aan geld was nie.
  • DIE ONTWIKKELING VAN METAALGELD (MUNTGELD) wat makliker hanteerbaar, makliker herkenbaar en meer konstant in waarde was, en sodoende ‘n verbetering in die ruilhandel meegebring het.
  • DIE ONTWIKKELING VAN PAPIERGELD omdat metaalgeld te duur, te omslagtig en te onveilig was om alleen as geld diens te doen.
  • DIE ONTWIKKELING VAN TJEKS EN TJEKDEPOSITO’S wat tans die grondslag vorm van ruil- en betalingstransaksies in die moderne ekonomie.

Die ontwikkeling van geld duur steeds voort en daar word tans al meer beweeg in die rigting van ‘n “kontantlose” gemeenskap, waar daar meer en meer van alle vorme van kredietkaarte en “elektroniese” oorplasings vir binnelandse sowel as buitelandse vereffenings, gebruik gemaak word.

Aktiwiteit 4

Table 4
         
  LU 1.1      
         

ONTWIKKELING VAN GELD

SELF

Maak ‘n lys van al die vorme van geld en geld-geassosieerde middels wat tans in Suid-Afrika gebruik word.

Aktiwiteit 5

Table 5
         
  LU 1.1      
         

ONTWIKKELING VAN GELD

GROEP:

Verdeel die “geld” wat elkeen in die groep geïdentifiseer het, volgens die volgende indeling:

  • GELD
  • GELD-GEASSOSIEERDE BETAALMIDDEL

Aktiwiteit 6

Table 6
         
  LU 1.1      
         

FUNKSIES VAN GELD IN DIE EKONOMIE

GROEP:

Bepaal of lei nou uit die voorgaande af watter funksies daar binne die ekonomie aan geld geheg kan word. Verskaf voorbeelde van elk.

Aktiwiteit 7

Table 7
         
  LU 1.1      
         

ROL VAN KREDIETKAARTE

GROEP:

Maak ‘n lys van al die verskillende vorme van kredietkaarte waarvan julle bewus is.

Assessering

Table 8
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder sal in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 1.1 die historiese ontwikkeling van geld en die rol daarvan in samelewings en hul ekonomieë kan beskryf;
  • 1.2 die wyse kan bespreek waarop handel (invoer en uitvoer) die ekonomiese probleem (keuse- en geleentheidskoste) aanspreek, asook die rol van banke in belegging in die ekonomie;
  • 1.3 kan verduidelik hoe verskillende ekonomiese sisteme die ekonomiese probleem aanspreek (bv beplande, mark- en gemengde ekonomieë);
  • 1.4 die rol, regte en verantwoordelikhede van vakbonde kan bespreek; (en)
  • 1.5 kan verduidelik wat inflasie is en redes vir veranderinge in die inflasiekoerse kan bespreek.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.