Inside Collection (Course): Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 8
Die kernvraagstuk wat deur die mensdom in hul alledaagse bestaan opgelos moet word, is om hul BEHOEFTES TE BEVREDIG met die SKAARS MIDDELE tot hul beskikking, met ander woorde hoe moet die skaars hulpbronne aangewend word om so veel as moontlik behoeftes te kan bevredig. In die proses moet deurlopend antwoorde gevind word op die volgende vrae:
‘n EKONOMIESE STELSEL behels dus dat daar sekere instellings of reëls is wat die prosesse van produksie, verbruik en verspreiding reguleer, en dat in die verloop / ontplooiing van die proses kenmerkende eienskappe ontstaan wat die verskillende STELSELS van mekaar onderskei. Ten einde die EKONOMIESE STELSELS van mekaar te onderskei, moet daar op die volgende ONDERSKEIDENDE EIENSKAPPE antwoorde verskaf word:
Op grond van bogenoemde kan die volgende TWEE ekonomiese stelsels onderskei word:
| MARKGERIGTE STELSEL (KAPITALISME) | BEPLANDE STELSEL (KOMMUNISME)(Verwys na bostaande) |
|
Besluite geneem volgens sentrale plan van owerheid. |
|
‘n Strewe na die beste belang vir die gemeenskap. |
|
Gesamentlike besit van produktiewe bronne. |
| D.Aktiwiteite gereël deur vraag en aanbod. | Aktiwiteite gereël deur sentrale beplanners. |
Aktiwiteit 1
| LU 1.3 | ||||
KAPITALISME / KOMMUNISME
Verduidelik jou groep se mening oor die betekenis van punte A - D met betrekking tot die praktiese situasie wat deur die ekonomiese struktuur in ‘n land meegebring word.
| DIENS | WIE VOORSIEN / BEPLAN | INSTANSIE(S) |
| Telekommunikasie | ||
| Vervoer | ||
| Elektrisiteit | ||
| Wapentuig | ||
| Watertoevoer | ||
| Sanitasie, riool- en vullisverwydering | ||
Aktiwiteit 2
| LU 1.3 | ||||
GEMENGDE EKONOMIESE STELSEL VAN SUID-AFRIKA
Dui in die tabel aan watter van die onderstaande funksies in die Suid-Afrikaanse ekonomie deur die private sektor voorsien word en watter deur die sentrale owerheid. Dui ook aan wat die instansies genoem word wat die dienste voorsien.
| DIENS | WIE VOORSIEN / BEPLAN | INSTANSIE(S) |
| Telekommunikasie | ||
| Vervoer | ||
| Elektrisiteit | ||
| Wapentuig | ||
| Watertoevoer | ||
| Sanitasie, riool- en vullisverwydering | ||
| Mediese dienste | ||
| Veiligheidsdienste |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder sal in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|