Oefening 1:
- Bring ‘n bal klas toe – enige kleur, grootte of tekstuur.
- Deel op in groepe (5 - 8 leerders per groep).
- Improviseer ‘n situasie waarin die bal, of balle, gebruik word as rekwisiet/e.
- Die bal moet gebruik word as ‘n rekwisiet en kan ‘n verskeidenheid van dinge en stemmings voorstel.
- Werk vir vyf minute aan jou toneelstukkie.
- Die toneel moet een minuut lank wees.
- Voer julle toneelstukkie vir die res van die klas op.
Met hierdie aktiwiteit gaan jy ‘n kort toneelstukkie skep na aanleiding van die vorige aktiwiteit.
Oefening 2:
- Die titel van die toneelstuk is: Die Bal.
- Selekteer tonele/bedrywe uit die vorige aktiwiteit .
- Voeg die tonele op so ‘n manier aanmekaar dat dit sin maak.
- Die toneelstuk moet omtrent vyf minute duur.
- Skryf die storielyn en die dialoog op die bord met die samewerking van die opvoeder – dit sal as die teks dien.
- Bied vrywillig aan om die volgende portefeuljes te vul:
- Akteurs
- rekwisiete
- kostuums
- regisseur
- verhoogassistente
- verhoogbestuurder
- souffleurs (iemand wat voorsê indien die akteurs hulle woorde vergeet)
- Repeteer die toneelstuk .
- Voer die toneelstuk op.
Wenke om die toneelstuk te skep en ontwikkel:
- Die bal kan enigiets wees wat jy wil hê dit moet wees – wees kreatief;
- Kies ‘n karakter wat jy graag wil uitbeeld;
- Waar wil jy hê die toneelstuk moet plaasvind?
- Wat wil jy sê?
- Hoe gaan jy dit doen?
- Wat gaan jou karakter dra?
- Wil jy hê dat daar ander rekwisiete ook moet wees?
LEERUITKOMS 3:DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.3 saamwerk om eenvoudige rekwisiete verbeeldingryk as stimulusmateriaal te gebruik om te wys hoe dieselfde voorwerp verskillende dinge en verskillende gemoedstemminge kan voorstel;
3.4 uit eie en ander se idees put en dié idees ontwikkel wanneer dramas beplan en saamgestel word.