Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Bates, laste en eienaarsbelang

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of Connexions content. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see Connexions through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to Connexions materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual Connexions member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.

Bates, laste en eienaarsbelang

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

User rating (How does the rating system work?)
Ratings

Ratings allow you to judge the quality of modules. If other users have ranked the module then its average rating is displayed below. Ratings are calculated on a scale from one star (Poor) to five stars (Excellent).

How to rate a module

Hover over the star that corresponds to the rating you wish to assign. Click on the star to add your rating. Your rating should be based on the quality of the content. You must have an account and be logged in to rate content.

:
(0 ratings)

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

Graad 8

BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIËLE KENNIS EN VAARDIGHEDE

Module 10

BATES, LASTE EN EIENAARSBELANG

Rekeningkunde is gebaseer op drie elemente, naamlik bates, laste en eienaars­belang. Tydens elke transaksie wat in die onderneming plaasvind, is daar ’n wisselwerking tussen hierdie drie elemente. Dit is baie belangrik om ’n goeie begrip te hê van bates, laste en eienaarsbelang om sodoende tussen hulle te kan onderskei.

AKTIWITEIT 1:

Om die begrip bates te kan verduidelik en te kan toepas

Table 1
         
  LU 3.1      
         

Bates :

  • Dit is items wat deur ’n onderneming besit word en waarde het. Hierdie bates kan in twee groepe verdeel word, naamlik vaste bates en bedryfsbates.

Vaste bates :

  • Dit is eiendom met ’n relatiewe lang lewensduur wat eerder vir produksie of gebruik aangewend word as vir herverkoop byvoorbeeld grond en geboue, voertuie en toerusting.

Bedryfsbates :

  • Dit is bates in die vorm van kontant of bates wat binne ’n kort tydperk, gewoonlik ’n jaar, in kontant omgesit kan word, byvoorbeeld handelsvoorraad, debiteure, kontant in die bank, kleinkas en wisselgeld.

Handelsvoorraad :

  • Goedere wat aangekoop word met die doel om dit teen ’n wins te verkoop.

Debiteure :

  • Die persone wat geld aan die onderneming verskuldig is.

Indeling van bates

  • Verdeel ’n vel karton of papier in die middel en plak tydskrifprente daarop sodat die een deel vaste bates en die ander deel bedryfsbates voorstel.

Herkenning van bates

  • Dui aan watter van die volgende sal as bates in ’n onderneming geklassifiseer word deur dit wat jy as die bates beskou te onderstreep:

1. Rekenaars

2. Moderne kantoorgebou

3. Afleweringsvoertuie

4. Bestuurder van die afleweringsvoertuig

5. Krediteure

6. Die eienaar se persoonlike, luukse voertuig

7. Opgeleide rekenaarpersoneel

8. ’n Onaantreklike gebou op die onderneming se perseel wat aan ’n ander onderneming as stoorplek verhuur word.

AKTIWITEIT 2:

Om die begrip laste te verduidelik en toe te pas

Table 2
         
  LU 3.1      
         

Laste

  • Dit is verpligtinge of skuld wat een onderneming teenoor ’n ander onderneming of persoon het.
  • Wanneer geld by ’n finansiële instelling of ander onderneming geleen word, ontstaan ’n las wat bekend staan as ’n lening.
  • Wanneer ’n onderneming gebruik maak van oortrokke fasiliteite op sy lopende rekening, skuld hy geld aan die bank en dit word ’n oortrokke bankrekening genoem.
  • Voorraad of dienste wat op krediet aangekoop word, lei tot die ontstaan van ’n las genoem krediteure.

Bedryfslaste

  • Dit is verpligtinge wat binne die tydperk van ’n jaar of korter terugbetaal word, byvoorbeeld krediteure.

Langtermynlaste

  • Dit is verpligtinge wat oor ’n langer tydperk terugbetaalbaar is, byvoorbeeld ’n lening.
  • Beantwoord die volgende vrae:

1. Wat word die persone genoem aan wie die onderneming geld skuld?

2. ’n Verbandlening wat aangegaan word vir die aankoop van ’n gebou en na 20 jaar terugbetaalbaar is, word ’n bedryfslas genoem. (Slegs ja of nee)

3. Handelsvoorraad wat op krediet aangekoop, is verteenwoordig ’n bedryfslas. (Slegs ja of nee)

AKTIWITEIT 3:

Om die begrip eienaarsbelang te verduidelik en toe te pas

Table 3
         
  LU 3.1      
         
  • Die term eienaarsbelang verwys na ’n belang van die eienaar in die bates van die onderneming.
  • Die eienaar verskaf die kapitaal waarmee die onderneming begin word. Hierdie kapitaal word hoofsaaklik aangewend vir die aankoop van bates en die betaling van laste en uitgawes.
  • Die skuldeisers het eerstens ’n aanspraak op die bates vir die bedrae wat aan hulle verskuldig is. Daarna het die eienaar aanspraak op dit wat oorbly na die laste betaal is.
  • Die volgende vergelyking vloei daaruit voort: Bates = Eienaarsbelang + Laste ofBates – Laste = EienaarsbelangDit staan bekend as die rekeningkundige vergelyking.
  • Voltooi die volgende:

1. Indien die totale bates R10 000 beloop en die totale eise (skulde) R4 000 sal die eienaarsbelang R......................... beloop.

2. Watter van die volgende stel die rekeningkundige vergelyking voor? Onderstreep die korrekte antwoord.

  • Bates + Eienaarsbelang = Laste
  • Bates – Laste = Eienaarsbelang
  • Bates + Laste = Eienaarsbelang

3. Skryf die volgende inligting in die vorm van die rekeningkundige vergelyking neer. Gebruik die bedrae om aan te dui dat die rekeningkundige vergelyking altyd balanseer.

Toerusting R 6 000 –

Krediteure R 6 000 –

Kontant R10 000 –

Debiteure R 4 000 –

Meubels R 4 000 –

Eienaarsbelang R18 000 –

Antwoord:

4. Indien enige twee elemente van die rekeningkundige vergelyking bekend is, kan die ontbrekende een bereken word.

  • Voltooi die volgende:

B = E + L

(a) 1 800 = 800 + .........................

(b) 650 = ......................... + 420

(c) 890 = 240 + .........................

(d) ......................... = 830 + 560

Assessering

Table 4
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 3
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Ons weet dit as die leerder:
3.1 tussen finansiële begrippe onderskei wat in die sakewêreld gebruik word (bv. vaste bates, bedryfsbates, laste, eienaarsbelang);
3.2 leiers- en bestuurstrategieë wat ‘n opbrengs uit beleggings sal verseker ontwikkel;
3.3 brondokumente (bv. kwitansies, depositostrokies, tjeks) kan invul en rekord hou van elementêre kontanttransaksies in ‘n staat van ontvangste en betalings;
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om basiese inligting te ontwikkel, te bewaar en te herwin;
3.5 die begrip netto waarde verduidelik en ontleed ‘n staat daarvan;
3.6 die verskillende metodes om te spaar ondersoek en te belê (bv. spaarrekenings, vaste deposito’s, aandele, effektetrusts), en bereken opbrengste uit ‘n verskeidenheid beleggings.

Content actions

Give Feedback:

E-mail the module author | Rate module ( How does the rating system work?)

Rating system

Ratings

Ratings allow you to judge the quality of modules. If other users have ranked the module then its average rating is displayed below. Ratings are calculated on a scale from one star (Poor) to five stars (Excellent).

How to rate a module

Hover over the star that corresponds to the rating you wish to assign. Click on the star to add your rating. Your rating should be based on the quality of the content. You must have an account and be logged in to rate content.

(0 ratings)

Download:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections directly in Connexions. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need a Connexions account to use 'My Favorites'.

| A lens (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of Connexions content. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see Connexions through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to Connexions materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual Connexions member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks