Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 8 » Voltooiing van brondokumente

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseEMS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Economic and Management Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseEMS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Voltooiing van brondokumente

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

Graad 8

BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIËLE KENNIS EN VAARDIGHEDE

Module 13

Voltooiing van Brondokumente

AKTIWITEIT 1:

Om die soorte brondokumente vir boekstawing en hul gebruike op te noem

Table 1
         
  LU 3.3      
         

By die boekstawing van rekeningkundige transaksies word gebruik gemaak van brondokumente. Hierdie dokumente verskaf die inligting wat benodig word om transaksies in die boeke aan te teken. Dit dien ook as bewys dat die transaksies plaasgevind het.

By kontanttransaksies word die volgende brondokumente gebruik:

  • Tjekboekteenblaaie by betaling deur middel van tjeks
  • Kwitansies by ontvangs van kontant
  • Kasregisterrol by kontantverkope
  • Kontantfakture by kontantaankope en kontantverkope
  • Bankdepositostrokies by deponering van kontant in ’n bankrekening

By krediettransaksies word die volgende brondokumente gebruik:

  • Kredietfakture by kredietaankope van bates en handelsvoorraad asook by kredietverkope van handelsvoorraad.

OPDRAG:

  • Versamel die volgende brondokumente:
  • Tjeks
  • Kwitansies
  • Fakture
  • Bankdepositostrokies
  • Plak die dokumente op A4-velle en dui aan vir watter tipe transaksie elke dokument gebruik word. Dui ook by elke soort dokument aan watter inligting op die betrokke dokument verskyn. Gebruik die voltooide opdrag vir jou portefeulje.

AKTIWITEIT 2:

Om ’n depositostrokie as brondokument te kan gebruik

Table 2
         
  LU 3.3      
         

Kry ’n blanko depositostrokie by enige bank en voltooi dit met betrekking tot die volgende inligting:

Mnr. P. Tredoux is die eienaar van PT Dienste geleë by Napierstraat 12, Paarl. Op 1 Junie 2002 deponeer hy geld in die onderneming se lopende bankrekening. Dié rekening se nommer is 123-456-789.

Die deposito is soos volg saamgestel:

3 x R50-note

Nikkel ter waarde van R75.

G. Louw het ’n tjek geteken vir R2 000. Louw het ’n tjekrekening by ANB Bank in Ceres.

AKTIWITEIT 3:

Om kontantontvangstes te boekstaaf

Table 3
         
  LU 3.3      
         

Alle kontant wat in ’n onderneming ontvang word, word vir kontroledoeleindes in ’n joernaal aangeteken wat bekend staan as die kontantontvangstejoernaal (KOJ).

Die volgende is tipes transaksies wat met die ontvangs van kontant gemoeid is:

1. Kontant wat die eienaar in die onderneming se bankrekening inbetaal as sy kapitaalbydrae

2. Kontantontvangste vir dienste gelewer

3. Huurinkomste wat ontvang word by die verhuring van ’n gebou of gedeelte daarvan.

Wanneer die eienaar kapitaal in die onderneming inbetaal, word ’n kwitansie aan hom uitgereik. Die afskrif van hierdie kwitansie word gebruik om ’n inskrywing in die KOJ te maak.

Die volgende inligting moet op die kwitansie verskaf word om ’n inskrywing in die KOJ te kan maak.

  • Datum
  • Kwitansienommer
  • Die eienaar se naam
  • Die bedrag wat hy inbetaal
  • Rede waarvoor die geld inbetaal word

Die afskrif van die bankdepositostrokie wat voltooi word om die kapitaalbedrag direk in die onderneming se lopende bankrekening in te betaal, kan ook as brondokument gebruik word.

  • Bestudeer die inskrywing in die KOJ (voorbeeld 1) wat aandui hoe so ’n transaksie geboekstaaf word.

Op 1 Januarie 2003 betaal die eienaar J. Jolie R50 000 as kapitaalbydrae in ’n onderneming, met die naam Salon Jolie, se bankrekening. (sien voorbeeld 1)

Inkomste vir dienste gelewer

Die geld wat ’n onderneming ontvang vir dienste gelewer (ook bekend as lopende inkomste) word gewoonlik met behulp van ’n kasregister ontvang en die kasregisterrol dien as rekord en brondokument. Dit kan ook in ’n faktuurboek aangeteken word en die afskrif van die kontantfaktuur sal dan dien as brondokument.

  • Die voltooide KOJ dui aan hoe die tipe transaksie geboekstaaf word (sien voorbeeld 1).
  • Salon Jolie se lopende inkomste vir Januarie is van die kasregisterrol verkry en lyk soos volg :

Jan. 4 R400

Jan. 10 R540

Jan. 15 R680

  • Gebruik die blanko kontantontvangstejoernaal op die volgende bladsy (KOJ 3.3) om die onderstaande kontanttransaksies aan te teken.
  • Voltooi totale in die kolomme.

Mnr. Peter Pipe stig ’n loodgietersonderneming met die naam, Pipe Loodgieters, en betaal R10 000 in die onderneming se lopende bankrekening in as kapitaal, op 1 Julie 2002. Gedurende Juliemaand het hy loodgieterdienste gelewer en die volgende verdien aan lopende inkomste.

5 Julie R1 500

15 Julie R2 000

25 Julie R1 800

Voorbeeld 1

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN SALON JOLIE – JANUARIE 2003

Table 4
Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste    
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
Deposito- strokie 1 J. Jolie       50 000 00             50 000 00   Kapitaal
KR 4 Dienste gelewer   400 00 400 00 400 00                
KR 10 Dienste gelewer   540 00 540 00 540 00                
KR 15 Dienste gelewer   680 00 680 00 680 00                
            51 620 00 1 620 00         50 000 00    

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN .................................................. – ......................... 20......KOJ 3.3

Table 5
Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste    
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   

AKTIWITEIT 4:

Om kontantbetalings te boekstaaf

Table 6
         
  LU 3.3      
         

Die onderneming beskik oor ’n lopende bankrekening waarin alle ontvangstes betaal word en waaruit alle betalings deur middel van tjeks gedoen word. Alle kontantbetalings word in ’n joernaal aangeteken wat die kontantbetalingsjoernaal genoem word (KBJ). Sien voorbeeld 2.

Dit is noodsaaklik om alle kontantbetalings in die KBJ aan te teken om sodoende aan die einde van die maand te bepaal hoeveel geld gedurende die maand uitbetaal is.

Die tjekteenblad of afskrif van die tjek dien as brondokument. Die volgende inligting moet op die tjekteenblad verskaf word om ’n inskrywing in die KBJ te doen.

  • Naam van die begunstigde aan wie die tjekbetaling gedoen is
  • Datum waarop die betaling plaasvind
  • Aard van die betaling (waarvoor)
  • Bedrag van die betaling

OPDRAG 1: Tjek en KBJ

  • Voltooi die tjekvorm en KBJ op die volgende bladsy (KBJ 3.4.1) deur gebruik te maak van die volgende inligting met betrekking tot Pipe Loodgieters:

1. Op 2 Julie 2003 word tjek 009 aan TJ Motors betaal vir ’n afleweringsvoertuig van R50 000 (Voltooi die ingeslote blanko tjek).

2. Tjek 010 word op 5 Julie uitgereik vir R850 aan Pipes a Plenty. Die betaling is vir die aankoop van loodgieterbenodigdhede.

3. Tjek 011 word betaal aan TJ Motors vir brandstof ter waarde van R200 op 10 Julie.

4. Skryfbehoeftes ter waarde van R150 word aangekoop van Kantoorvoorsieners en per tjek betaal op 15 Julie. (Nommer van hier af die tjeks self).

5. Huuruitgawe van R200 word aan ABC Verhuring betaal op 30 Julie.

Voorbeeld 2

KONTANTBETALINGSJOERNAAL VAN SALON JOLIE – JANUARIE 2003

Table 7
Dok. Datum Naam van begunstigde Fol. Bank Materiaal­koste Huuruit­gawes    
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
1001 2 Minolta Voorsien.   5 000 00                 5 000 00   Toerusting
1002 3 Eksklusiewe Eiendomme   2 500 00     2 500 00                
1003 5 Laria   250 00 250 00                    
1004 10 Oggendnuus   300 00                 300 00   Advertensie
        8 050 00 250 00 2 500 00         5 300 00    

KONTANTBETALINGSJOERNAAL VAN .................................................. – ......................... 20......KBJ 3.4.1

Table 8
Dok. Datum Naam van begunstigde Fol. Bank Materiaal­koste Huuruit­gawes    
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   

Tjek

OPDRAG 2: – KOJ en KBJ

  • Teken die volgende transaksies van Doringkloof Droogskoonmakers vir Mei 2003 in die ingeslote KOJ en KBJ aan. (KOJ 3.4.1 en KBJ 3.4.2)
  • Transaksies

2003

Mei 1 Die eienaar, AL Moore, betaal R90 000 in die onderneming se bankrekening as kapitaalbydrae.

Mei 2 Tjek word uitgereik aan Dinki Winkels ter waarde van R340 vir skryfbehoeftes aangekoop.

Mei 3 Betaal R1 500 per tjek aan Solani Eiendomme vir huur van die gebou.

Mei 11 Koop toerusting ter waarde van R10 000 , en verbruikbare materiaal vir skoonmaakdoeleindes vir R2 000 van Umlazi Winkels en betaal per tjek.

Mei 17 Ontvang geld vir dienste gelewer ter waarde van R500.

Mei 19 Koop ’n afleweringsvoertuig van Bell Motors en betaal R45 000 per tjek.

Mei 22 Ontvang geld vir droogskoonmaakdienste, R650.

Mei 30 Reik tjek ter waarde van R1 500 uit aan Dry and Clean vir skoonmaak­materiaal.

  • Sluit die joernale af deur die totale van die kolomme op te tel.
Table 9
         
  LU 3.3      
         

OPDRAG 3 – KOJ en KBJ

  • Gebruik die onderstaande transaksies en voltooi die ingeslote KOJ 3.4.2 en KBJ 3.4.3 vir Junie 2003 van die onderneming, Pienaar Dienste.
  • Junie 2003

1 Die eienaar, F. Pienaar, deponeer sy kapitaalbydrae van R100 000 in die lopende bankrekening wat in die onderneming se naam geopen is. ’n Afskrif van die bankdepositostrokie word as brondokument gebruik.

2 Trek tjek nommer 122 vir R300 ten gunste van die Doringkloof Munisipaliteit vir water en elektrisiteit. Betaal R2 100 per tjek aan Van Winkels vir verpakkings­materiaal aangekoop.

3 Betaal R1 500 per tjek aan Balie Bpk. vir die versekeringspremie van die onder­neming ter waarde van R1 000 en vir die persoonlike versekeringpremie van die eienaar wat R500 beloop.

4 Koop materiaal van KJ Voorsieners vir R6 000 en betaal per tjek. Koop skryf­behoeftes aan van Stan’s Skryfbehoeftehandelaar en reik tjek ter waarde van R140 daarvoor uit.

5 Koop toerusting ter waarde van R5 000 van Klawer Bpk. en betaal per tjek.

6 Ontvang R400 kontant vir dienste gelewer.

7 Betaal Donald Winkels R2 500 per tjek vir ’n gedeelte van ’n gebou wat by hom gehuur word. Wissel ’n tjek van ’n gebou wat by hom gehuur word. Wissel ’n tjek vir die week se lone R1 000.

10 Kontant ontvang vir dienste gelewer, R4 700.

15 Betaal herstelwerk aan die onderneming se afleweringsvoertuig deur ’n tjek ter waarde van R540 aan Kirstein Garage uit te reik.

18 Kontant ontvang vir dienste gelewer, R500.

Ontvang R1 000 van A.S. Dienste vir die verhuring van ’n gedeelte van die gebou. Kwitansie 008 word aan A.S. Dienste uitgereik.

Table 10
         
  LU 3.3      
         

OPDRAG 4 – KOJ en KBJ

  • C. Roux begin ’n diensonderneming op 1 Maart 2003 met die naam Carien Haarsalon. Die transaksies vir Carien Haarsalon vir Maart 2003 word hieronder gegee.
  • Voltooi KOJ 3.4.3 en KBJ 3.4.4 op die gegewe antwoordvel en sluit dit af deur die kolom­totale te bepaal.
  • Maart 2003

1 C. Roux deponeer R120 000 in die onderneming se lopende bankrekening as kapitaalbydrae.

2 Betaal die munisipaliteit R750 per tjek 001 vir ’n handelslisensie.

3 Koop skryfbehoeftes van AT Handelaars vir R105.

4 Koop ’n gebou van Devon Eiendomme om die besigheid in te bedryf en betaal die bedrag van R80 000 per tjek.

7 Betaal ’n tjek aan Krige Kabinetmakers vir rakke en kaste geïnstalleer teen R4 500.

8 Wissel 'n kontanttjek vir lone, R500.

9 Koop haarsorgmiddels van Henka Voorsieners teen R318 en betaal per tjek.

11 Haardroërs en ander elektriese toerusting word aangekoop van Hairdo Voorsieners. Reik ’n tjek ter waarde van R800 aan hulle uit.

15 Koop skryfbehoeftes van Eksteen Handelaars en betaal per tjek, R250.

18 Koop ’n motorvoertuig van Maxi Motors vir R26 000 vir gebruik in die besigheid en betaal per tjek.

20 Ontvang ’n telefoonrekening van Telkom en reik 'n tjek uit ter betaling van die rekening R194.

21 Kontant ontvang vir dienste gelewer volgens die kasregisterrol, R1 976.

24 Koop addisionele toerusting van Gie Winkels en betaal R3 200 per tjek.

25 Reik ’n tjek ter waarde van R500 uit aan Goudkop Versekeraars. R150 is vir die eienaar se persoonlike versekering en die res is vir die besigheid se versekering.

26 Ontvang die rekening vir water en elektrisiteit van die munisipaliteit vir R350. Betaal dit per tjek.

30 Kontant ontvang vir dienste gelewer volgens die kasregisterrol, R2 945.

Table 11
         
  LU 3.3      
         

OPDRAG 5: KOJ en KBJ

  • Voltooi KOJ 3.4.4 en KBJ 3.4.5 aan die hand van die volgende gegewens:
  • Op 1 Augustus 2003 begin die eienaar, P. Naidoo, ’n onderneming met die naam, Petty Prokureursdienste, met ’n kapitaalbydrae van R80 000. Kwitansie 01 word ten gunste daarvan uitgereik en die bedrag word in die onderneming se bankrekening inbetaal.
  • Gedurende Augustus 2003 word die volgende tjeks uitgereik:
Table 12
Datum Tjekno. Begunstigde Betaling Bedrag
Aug. 4 001 Gavin en Kie Huur van gebou R 750
Aug. 6 002 Munisipaliteit Handelslisensie R 520
Aug. 7 003 M.K. Bpk. Toerusting R 8 500
Aug. 10 004 AD Drukkers Advertensie R 500
Aug. 12 005 CA Boekwinkel Skryfbehoeftes R 550
Aug. 14 006 Jay Motors Voertuig R18 600
Aug. 16 007 M L Bpk. Verbruikbare materiaal R 7 500
Aug. 20 008 Jay Motors Brandstof R 300
Aug. 21 009 Kontant Lone R 560
Aug. 23 010 Munisipaliteit Water en Elekt. R 295
Aug. 24 011 AD Drukkers Skryfbehoeftes R 750
Aug. 26 012 P Naidoo Persoonlike gebruik R 600
Aug. 28 013 Kontant Lone R 780
  014 CL Cleaners Verbruikbare materiaal R 350
Aug. 29 015 Exclusive Clothing Rok vir eienaar se vrou R 920
Aug. 30 016 Jay Motors Brandstof R 250
  017 Kontant Lone R 520
  018 Telkom Telefoon R 160
  • Gedurende Augustus 2003 is die volgende bedrae ontvang vir dienste gelewer volgens duplikaatfakture. Al die bedrae is op die gegewe datums in die onderneming se bankrekening inbetaal.

Augustus 16 R2 900 Faktuurnommer 200

Augustus 24 R8 078 Faktuurnommer 201

Augustus 30 R8 954 Faktuurnommer 202

  • Sluit die KOJ en KBJ aan en sluit af deur die totale te bereken.
Table 13
         
  LU 3.3      
         

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN .................................................. - .........................KOJ 3.4.1

Table 14
Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste    
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
                                   
                                   
                                   
                                   

KONTANTBETALINGSJOERNAAL VAN .................................................. - .........................KBJ 3.4.2

Table 15
Dok. Dag Naam van begunstigde Fol. Bank Materiaal-koste Huuruitgawe    
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN .................................................. - .........................KOJ 3.4.2

Table 16
Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste    
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   

KONTANTBETALINGSJOERNAAL VAN .................................................. - .........................KBJ 3.4.3

Table 17
Dok. Dag Naam vanbegunstigde Fol. Bank Materiaal-koste Huuruit­gawe Versekering Lone
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN .................................................. - .........................KOJ 3.4.3

Table 18
Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste.    
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
                                   
                                   
                                   
                                   

KONTANTBETALINGSJOERNAAL VAN.................................................. - .........................KBJ 3.4.4

Table 19
Dok. Dag Naam van begunstigde Fol. Bank Materiaal Meubels entoerusting Skryfbe-hoeftes Lone
Diverse besonderhede
Bedrag Fol. Besonderhede
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   

KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN .................................................. - .........................KOJ 3.4.4

Table 20
Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste    
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   

KONTANTONTBETALINGSJOERNAAL VAN .................................................. - .........................KBJ 3.4.5

Table 21
Dok. Dag Naam van begunstigde Fol. Bank Materiaal-koste Lone Skryfbe-hoeftes Huuruit-gawe
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   
                                   

Assessering

Table 22
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 3
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Ons weet dit as die leerder:
3.1 tussen finansiële begrippe onderskei wat in die sakewêreld gebruik word (bv. vaste bates, bedryfsbates, laste, eienaarsbelang);
3.2 leiers- en bestuurstrategieë wat ‘n opbrengs uit beleggings sal verseker ontwikkel;
3.3 brondokumente (bv. kwitansies, depositostrokies, tjeks) kan invul en rekord hou van elementêre kontanttransaksies in ‘n staat van ontvangste en betalings;
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om basiese inligting te ontwikkel, te bewaar en te herwin;
3.5 die begrip netto waarde verduidelik en ontleed ‘n staat daarvan;
3.6 die verskillende metodes om te spaar ondersoek en te belê (bv. spaarrekenings, vaste deposito’s, aandele, effektetrusts), en bereken opbrengste uit ‘n verskeidenheid beleggings.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks