Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Kuns en Kultuur Graad 4 » Visuele Kuns: Kleur

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseAC display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Arts & Culture (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseAC" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Visuele Kuns: Kleur

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 4

PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE

Module 1

VISUELE KUNS: KLEUR

Aktiwiteit 1 (individueel/groepwerk)

Om met die primêre kleure kennis te maak [LU 3.7]

  • Trek op ‘n skoon bladsy drie kolomme en skryf die volgende kleure bo-aan: kolom 1 - GEEL, kolom 2 - ROOI, kolom 3 - BLOU.
  • Kyk nou om jou rond, in die klaskamer en ook na buite, en probeer soveel moontlik voorwerpe wat geel, rooi of blou is, neerskryf. Kyk byvoorbeeld na wat op Juffrou of Meneer se tafel is, die klere wat hulle dra, in jou potloodsakkie of tas, dit wat voor jou op die lessenaar lê, plakkate teen die muur, enigiets buite die klaskamer, in die lug, ensovoorts.
  • Die klas word nou in drie groepe verdeel – ‘n geel groep, ‘n rooi groep en ‘n blou groep. Leerders van die geel groep werk dan byvoorbeeld nét met daardie primêre kleur.
  • As jy byvoorbeeld aan die geel groep behoort, moet julle nou EEN lys van al die voorwerpe, ten minste twintig, met julle kleur geel maak.
  • Trek vervolgens ‘n kringetjie om elke voorwerp op julle lys wat ‘n ligte geel, rooi of blou (‘n tint) is en dan weer ‘n blokkie om elke voorwerp wat ‘n donker geel, rooi of blou (‘n skakering) is.
  • Hierdie drie kleure, geel, rooi en blou, word PRIMÊRE KLEURE genoem. Al die ander kleure is ‘n mengsel van hierdie drie kleure. Onthou: geel, rooi en blou kan nie gemeng of geskep word nie – hulle word gebruik om al die ander kleure mee te meng.
  • In die volgende aktiwiteit gaan ons leer om die drie primêre kleure ligter en donkerder te maak, maar eers moet elke groep die volgende vraelys voltooi:

Vraelys

  • Met watter primêre kleur werk julle groep?

………………………………………………………………………

  • Hoeveel ander primêre kleure is daar? Noem hulle.

………………………………………………………………………

  • Wat noem ons ‘n ligter variasie van julle kleur?

………………………………………………………………………

  • Beskryf hoe ‘n skakering van julle kleur gekry kan word.

………………………………………………………………………

  • Kyk na die tekening hieronder en beantwoord dan die vrae:

Figuur 1
Figuur 1 (pic_2.png)

  1. a) Waar kom die lig vandaan?

…………………………………………………………………………………

  1. a) Aan watter kant van die gesig val die lig?

…………………………………………………………………………………

  1. a) As die gesig net met blou geverf sou word, hoe sal jy aandui waar die lig val?

…………………………………………………………………………………

  1. a) Hoe sal jy wys waar die skaduwees, weg van die lig, is?

…………………………………………………………………………………

  1. a) Noem drie ander voorwerpe in die klas waarop daar lig en skaduwee val.

..............................................................................................................

Aktiwiteit 2 (individueel binne groepverband)

Om te leer om tinte en kleure te skep [LU3.7]

  • Julle gaan voort om in jul kleurgroepe te werk. Gebruik elkeen op julle eie ‘n skaal soos hieronder aangedui om die kleur van julle groep eers met wit en dan met swart te meng. ‘n Skaal van tinte (kleur met wit gemeng) en skakerings (kleur met swart gemeng) word dus geskep.
  • Die primêre kleur van jul groep word in die middelste blokkie geverf. In die vier blokkies na links word die primêre kleur elke keer met ‘n bietjie meer wit gemeng sodat die kleur al ligter word na links (tinte). In die blokkies na regs word die primêre kleur weer elke keer met meer swart gemeng sodat dit al donkerder na regs word (skakerings).

Voorbeeld van skaal

Tabel 1
Geel met witte gemeng   Geel met swarte gemeng
Hierdie blokkie behoort amper wit te wees Meng nog meer wit by Meng meer wit by Meng met ‘n bietjie wit by Primêre GEEL Meng met ‘n bietjie swart Meng meer swart by Meng nog ‘n bietjie swart by Hierdie blokkie behoort amper swart te wees

Aktiwiteit 3 (groepwerk/individueel)

Om ‘n collage te skep [LU 3.7]

  • Neem ‘n ou tydskrif en skeur al die tinte (lig) en skakerings (donker) van die primêre kleur van jou groep (geel, rooi of blou) uit – soveel as moontlik!
  • Maak nou as groep ‘n tekening van ‘n eenvoudige landskap of natuurtoneel met byvoorbeeld ‘n boom, blomme, ‘n berg, die son, ensovoorts.
  • Gebruik die stukkies papier wat jy uit die tydskrif geskeur het en plak dit op julle tekening om ‘n landskap van gele, rooie of bloue te skep. Ons noem dit ‘n collage.

Figuur 2
Figuur 2 (pic_3.png)

  • Vervolgens moet elkeen op ‘n skoon bladsy ‘n skildery van julle collage-landskap net met geel, rooi of blou, asook wit en swart, verf. Mono beteken een en chroom beteken kleur. Dit word ‘n monotoon-skildery genoem omdat daar net een kleur gebruik word. Onthou dat die ligte kleure/tinte altyd wys waar die ligbron, byvoorbeeld die son, is en dat die donkerder kleure/skakerings weer wys waar die skaduwees weg van die ligbron is.
Figuur 3
Figuur 3 (pic_4.png)

Assessering

LEERUITKOMS 3: DEELNAME EN SAMEWERKING

Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.7 saamwerk met ander en beplan hoe om maskers, handwerk, artefakte, kostuums, plakskilderye (collages) of poppespelpoppe met natuurlike afval- of gevonde materiaal te maak en te gebruik – met inagneming van omgewingskwessies.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: