Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Positiewe en negatiewe gevoelens

Navigation

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.
 

Positiewe en negatiewe gevoelens

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 8

PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE

Module 4

POSITIEWE EN NEGATIEWE GEVOELENS

DANS/ BEWEGING

Die dans kan die visuele kuns, musiek en drama deur die volgende aktiwiteite aanvul en komplementeer.

Opwarming

Opwarming behoort toenemend en gereeld gedoen te word. Opwarming behoort die liggaam van beserings te vrywaar, soepel te maak, in stand te hou en ook tegniese vaardigheid ontwikkel. Bewegingskombinasies en bewegingssekwense behoort deel te wees van opwarmingsoefeninge.

Volg die opvoeder se leiding wanneer ‘n reeks opwarmingsoefeninge aan jou voorgestel word. Onthou herhaling van sekwense en korrekte plasing van die liggaam is ten alle tye van belang om die liggaam te kondisioneer, soepel te maak en vaardighede te ontwikkel.

Jy sal ook die geleentheid kry om jou eie kombinasies en sekwense te skep wat ontwerpelemente vir choreografie sal insluit soos vinnig, stadig, lig, vloeiend, rukkerig, hoog, laag en stil of rustig, sal insluit.

Dansopwarming en -oefeninge wat gereeld en doelgerig uitgevoer word, kan ook jou liggaam voorberei en versterk vir jou gunsteling sportsoort.

Aktiwiteit 1

  • Maak ‘n lys in jou joernaal van positiewe en negatiewe woorde wat verband hou met gevoelens en emosies soos bv.vreugde, eensaamheid, liefde, haat, woede, ens.
  • Vind ‘n kleur wat elkeen van hierdie emosies of gevoelens fisies uitdruk. bv.:Laat geel jou gelukkig voel, wil jy vinnig of stadig beweeg, wil jy spring of maak dit jou lui?Laat blou jou eensaam voel, wil jy krimp of strek, voel jy neerslagtig, mal, uitgelate of teruggetrokke? Verken en ervaar die kleure deur middel van beweging.
  • Julle kan almal om die beurt julle woorde of kleure wat gevoel of emosie uitdruk, met mekaar deel.Reageer onmiddellik en spontaan op die woord - sonder om te veel daaraan te dink - deur ‘n gepaste beweging.Herhaal verskeie kere. Julle kan selfs in mekaar se eie ruimte inbeweeg en kontak maak (sonder om mekaar seer te maak) om die gevoel van die woord uit te beeld.
  • Skep ‘n eie storie in groepe of pare en hou ‘n “bewegingsgesprek”. Verken verskillende bewegingstipes soos lokomotoriese en nonlokomotoriese bewegings.

Selfassessering / Nabetragting (Vir optekening in jou dagboek of joernaal)

  1. Kon jy sonder inhibisies jou verbeelding gebruik? Wat was maklik en wat was moeilik?
  2. Het jy van lokomotoriese en nonlokomotoriese bewegings gebruik gemaak?
  3. Was jy bang of nie bang om skeppend te dink?
  4. Het jy van die verskillende ontwerpelemente gebruik gemaak om te skep?
  5. Van watter ontwerpelemente het jy nie gebruik gemaak nie?
  6. Was jy bereid om kanse te waag deur jou verbeelding vrye teuels te gee?
Table 1
         
  LU 3.4      
         

Algemene navorsingstaak

  • Stel ondersoek in na die loopbaangeleenthede in die onderskeie kunsdissiplines Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.

Konsentreer op die volgende aspekte:

  • Beskikbare opleidingsmoontlikhede
  • Werksgeleenthede en toeganklikheid (plaaslik en oorsee)
  • Finansiële implikasies
  • Bevorderingsmoontlikhede

Bogenoemde inligting kan o.a. gevind word

  • in biblioteke
  • op die Internet
  • d.m.v. onderhoude of praatjies met praktiserende kunstenaars
  • op die televisie

Na voltooiing van jou navorsingstaak, moet dit by jou opvoeder ingehandig word vir assessering.

  • Die inligting wat jy versamel het, kan nou in ‘n klasdebat gebruik word. Die klas word in vier groepe verdeel en elke groep sal een kunsdissipline verteenwoordig en verdedig.

Assessering

Table 2
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 3
deelname en samewerkingDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEENtov 3.1 – 3.3 hieronder, die volgende toon:
3.1 entrepreneursvaardighede deur saam te werk om kunswerke te bemark beoefen;
3.2 tydsduur en selfdissipline toepas om by sperdatums te hou;
3.3 opleiding en loopbane op die gebied van kuns en kultuur (gebaseer op navorsing en terreinbesoeke) verken en bespreek;
3.4 werk saam met:3.4.1 interdissiplinêre aanbiedings te organiseer en doeltreffende organisasievermoëns en –vaardighede rondom beplanning, bestuur en bemarking te toon;
3.4.2 take en verantwoordelikhede doeltreffend te deel, bv. deur verskillende rolle in groepprojekte te speel;
VISUELE KUNS3.8 navorsing oor die kunste kan doen en dit met ander deel;
MUSIEK3.7 navorsing oor die emosionele aspekte van musiek kan toon;
DRAMA3.6 navorsing oor informele teater kan toepas;
DANS3.5 navorsing oor loopbaanmoontlikhede in dans kan doen en dit kan deel.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks