![]() |
Stap 1
Sing die lied Rooi, Geel, Blou.
![]() |
Verdeel in die drie kleurgroepe:
Rooi - stemme
Geel - liggaamsperkussie (ons gebruik ons liggaam as instrument)
Blou - ritmiese instrumente (ritmeblokkies)
Voer nou die lied uit op jou “instrument”
| ROOI | GEEL | BLOU |
| Stem | Liggaamsperkussie | Ritmeblokkies |
| Sing | Handicap | Kap blokkies |
| Neurie | Vingerklap | Vryf blokkies |
Waarneming
| Klink die Blou-groep dieselfde as Rooi-groep? | |
| Klink die Blou-groep dieselfde as Geel-groep? | |
| Klink die Geel-groep dieselfde as Rooi-groep? |
Elke stem en elke instrument het ‘n spesifieke klankkleur wat hom uniek maak en onderskei van ander. Hierdie klankkleur noem ons ook timbre. (Uitgespreek: taam-bre)
Hoe kan ek die klankkleur ligter of donkerder maak?
![]() |
Metode
Elke kleurgroep onderverdeel in twee groepe – lig en donker. Voer nou die lied uit op jou betrokke instrument soos aangedui. Luister noukeurig na Juffrou se instruksies!
1. Onderskei tussen sag en hard
| ROOI | GEEL | BLOU | |||
| piano | FORTE | piano | FORTE | piano | FORTE |
2. Onderskei tussen vinnig of stadig, met ander woorde TEMPO
| ROOI | GEEL | BLOU | |||
| vinnig | STADIG | vinnig | STADIG | vinnig | STADIG |
3. Onderskei tussen staccato en legato
| ROOI | GEEL | BLOU | |||
| staccato | LEGATO | staccato | LEGATO | staccato | LEGATO |
Staccato klink soos ‘n bal wat hop, of reëndruppels wat val, met ander woorde kort klanke. Uitgespreek: Sta-ka-toe.
Legato klink soos ‘n stuk borrelgom wat jy uitrek, met ander woorde al-les- aan-een. Uitgespreek: lê-gha-toe
![]() |
4. Onderskei tussen solo en groep.
Wanneer een persoon alleen sing (of ‘n instrument bespeel), noem ons dit ‘n solo.
Wanneer ‘n groep saam sing of speel, noem ons dit ‘n ensemble.
| ROOI | GEEL | BLOU | |||
| solo | ENSEMBLE | solo | ENSEMBLE | solo | ENSEMBLE |
5. Probeer nou verskillende kombinasies bv.
Rooi + geel: vinnig en sag
Rooi + geel + blou: sag, staccato en vinnig
6. Voorstelle vir kombinasies:
7. Die mooiste kombinasie:
| Voltooi die volgende kontrolelys: | JA | NEE |
| Ek kan onderskei tussen LIG en DONKER | ||
| Ek kan onderskei tussen solo en ENSEMBLE | ||
| Ek kan onderskei tussen piano en FORTE | ||
| Ek kan onderskei tussen staccato en LEGATO | ||
| Ek kan onderskei tussen vinnig en STADIG |
![]() |
![]() |
Jy het ‘n kanon gesing!(uitgespreek: Kaa-non)
‘n Kanon is wanneer twee of meer groepe dieselfde lied sing, maar elke groep val in op ‘n verskillende tydstip.
| LIGTE GROEP | DONKER GROEP |
| piano, staccato | FORTE, LEGATO |
| Woorde | Primêre kleure bind dit saam | Kleure van die reënboog | ROOI GEEL BLOU | ROOI GEEL BLOU |
| Voorbeeld | staccato | staccato | LEGATO en FORTE | LEGATO en piano |
| Ek is in die groep |
KAN JY DIE VOLGENDE GRAFIESE VOORSTELLING VAN DIE KANON ONTSYFER?
![]() |
LEERUITKOMS 3: DEELNAME EN SAMEWERKING
Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.5 kanons, ronde- of tweedelige liedjies saam met andere kan sing en /of speel saam met ander leerders, en natuurlike, gemaakte en gevonde instrumente gebruik;
3.6 eenvoudige blaasinstrumente, soos ‘n Kazoe of Tshikona/Dinaka-fluit, of slaginstrument soos skudders in harmonie met ander speel.