Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Dans: Beweging

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseAC display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Arts & Culture (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseAC" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Dans: Beweging

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 4

PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE

Module 4

DANS / BEWEGING

DANS/BEWEGING

Aktiwiteit 1

Om op te warm [LU 3.1]

Lokomotoriese bewegings

Loop

  • vorentoe en agteruit met musiek; gebruik soveel ruimte as moontlik sonder om in mekaar vas te loop;
  • sonder musiek

swaar: stap met gebuigde bene en krom rug (lae vlak) op eie ritme, soos ‘n olifant, volg iemand en stap op dieselfde ritme, verander van rigting en volg iemand anders.

op die tone: suutjies soos ‘n feetjie (hoë vlak).

  • met musiek

rukkerig: met stywe bene of reguit knieë soos ‘n robot

statig en regop: soos in ‘n prosessie.

Skep eie kombinasie en beelde.

Hardloop

Verken variasies van hardloop.

  • Vinnig verander van rigting, verskeie kere
  • Lang treë
  • Met knieë gebuig en hoog oplig
  • Op los sand
  • Berg op of berg af.
  • Skep eie kombinasie en beelde.

Nie-lokomotoriese (Aksiale) bewegings(draai, buig, strek, stoot en swaai)

Verken buiging en strekking van verskillende liggaamsdele, bv.

  • verander vorm d.m.v. strekking uitwaarts in enige rigting gevolg met sametrekking (buiging) in die teenoorgestelde rigting deur die liggaam te draai en klein te maak;
  • strekking en sametrekking in verskillende vorms en rigtings en met verandering van spoed en krag.
Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)

Voorgestelde kombinasie in pare: uitwaartse beweging of strekking in vier tellings, gevolg deur ‘n inwaartse beweging of krimping in vier tellings in ‘n gedrae of vloeiende manier (legato). Herhaal die reeks drie keer, beweeg in verskillende rigtings en maak verskillende vorms.

Herhaal die strek- en buigkombinasie met skerp en vinnige bewegings (staccato).

Skep eie kombinasie.

Tabel 1
. Voltooi die volgende kontrolelys: JA NEE
Ek kan instruksies volg    
Ek kan onderskei tussen legato en staccato bewegings    
Ek kan my eie bewegingskombinasies maak    
Ek kan verskillende vorms skep in die strek bewegings    
Ek kan teenoorgesteld met ‘n maat werk    
Ek kan op verskillende maniere hardloop    

Asemhaling en spinale opwarming

  • Haal diep asem vir vier tellings en lig arms geleidelik sywaarts op en strek ruggraat.
  • Asem uit vir vier tellings en laat sak arms geleidelik.
  • Herhaal in- en uitaseming (agt tellings).
  • Rol die ruggraat af vir agt tellings. Begin met die kop, skouers, borskas, heupe totdat liggaam dubbeld gevou is.
  • Rol die ruggraat terug vir agt tellings, begin by die nael, borskas, skouers, kop totdat die rug reguit is.
  • Herhaal.
  • Werk in pare, teenoor mekaar, rug aan rug of in teenstelling ( terwyl die een die asemhaling deel doen kan die ander begin met die spinale rol).
  • Skep eie kombinasies en voeg strekoefeninge by.

Spinale opwarming

Staan met die voete gemaklik van mekaar af, knieë effens gebuig. Laat sak kop op borskas en dan geleidelik verder af, so laag as moontlik, totdat sitbene dak toe wys:die liggaam vou nou dubbeld, knieë steeds gebuig. Ontspan skouers en laat arms slap en ontspanne hang. Met die terugrol, begin vanaf die nael weer die rug terugrol (kop steeds op borskas) totdat die rug weer reguit is. Kop word teruggeplaas om op die ruggraat te balanseer. Vermy spanning in kop en nek.

Figuur 2
Figuur 2 (graphics2.png)

Swaaie

  • Swaaibewegings met pendulêre kwaliteit. Swaaie moet gemaklik en ontspanne voorkom.
  • Staan gemaklik met voete uitmekaar en swaai arms vorentoe en agtertoe, van kant na kant en figuur agt met die impuls op die afwaartse deel van die swaai en ‘n momentele vertraging op die opwaartse deel van die swaai.
  • Beweeg die liggaamsgewig saam met die beweging.
  • Voorgestelde kombinasie: swaai een arm van kant na kant vir vier tellings, herhaal met die ander arm vir vier tellings, herhaal met albei arms vir agt tellings. Begin met klein bewegings en bou geleidelik op tot groot sirkelbewegings met die gebruik van die hele liggaam.
  • Maak eie kombinasies en wissel af met strekbewegings, bv. swaai arms op enige manier vir vier tellings en strek die liggaam in enige rigting vir vier tellings.
  • Werk in pare in rye of in kanon.

SPRONGE/LOKOMOTORIESE BEWEGINGS

Spronge vanaf twee voete. Buig die knieë en druk gelyktydig albei voete vanaf die grond (spring), strek knieë en tone in die lug. Landing van die springbeweging behoort deur die tone, metatarsale bene, hakke, gevolg deur kniebuiging te gebeur.

  • Spring vorentoe, agtertoe, regs, links.
  • Spring in vinnige opeenvolgende bewegings op en af soos ‘n bal.
  • Spring soos ‘n padda, kangaroe, sprinkaan.
  • Spring van een voet na die ander.
  • Spring oor water, oor ‘n hekkie.
  • Spring op een voet.

Voorgestelde kombinasie: vier spronge op albei voete (vier tellings), twee spronge op regtervoet , twee spronge op linkervoet (vier tellings) vier spronge met vorentoe beweging op alternatiewe voete (vier tellings) en vries in ‘n hoekige vorm vir vier tellings.

Maak eie kombinasie van spronge en bewegings en leer dit vir jou maat.

VRAELYS

  1. Hoekom warm ons die liggaam op?

  1. Gee ‘n voorbeeld van ‘n legato beweging.

  1. Noem die verskillende vlakke in dans.

Aktiwiteit 2

Om dansreekse te improviseer [LU 3.2]

Improviseer en komponeer dansreekse

  • Gebruik verbeelding vir beweging, bv. Vinnig: ‘n pyl, ‘n eekhorinkie, ‘n straalvliegtuig, vuur; Stadig: ys wat smelt, ‘n skilpad, groot bome; die son wat sak; Hoog: vlieërs, wit wolke, trappe klim; Laag: ruspe, wit rotte, wurms; Draai/spin: krullende rook, cd-skywe, wiele, draaitolle, ensovoorts.
  • Verkenwees, doen of voel, bv. WATER: Wees: seepbelle, reën, branders/golwe, ens.
  • Doen: blaas en speel met seepbelle, water-ski, swem in en onder water, ens. Voel: gewigloosheid of dryf, loop in koue water in, ensovoorts.
  • Werk in groepe of pare en skep ‘n kort dansreeks, gestimuleer uit ‘n bron soos ‘n idee, ‘n gedig, ‘n liedjie of musiek wat duidelik beskrywend is. Die gekose skets of storie sal dan die aksies bepaal. Dit is belangrik dat die danssekwens uit ‘n duidelike begin, middel en einde bestaan en dat die verskillende dele afsonderlik herken word.

  • [Beelde, soos die metamorfose van ‘n skoenlapper of mot vanaf ruspestadium: beklemtoon die veranderinge in vlakke, vorm, kleur (lig/donker,) tempo met nie-lokomotoriese bewegings soos die beweging van die ruspe, spin van die kokon waarin dit opkrul om te slaap, die dop wat breek en die skoenlapper wat verskyn met swak, nat vlerke wat geleidelik sterker word totdat dit hoog en laag kan vlieg (lokomotoriese bewegings)].

Assessering

LEERUITKOMS 3:DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • alleen of in groepe werk in/met dans, met die kreatiewe gebruik van rekwisiete, kostuums, gevonde en natuurlike voorwerpe en instrumente;
  • op ‘n sensitiewe wyse die beginsel van persoonlike (eie) en algemene (gedeelde) ruimte in dansverkennings gebruik.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks